* Gehoor van die vrou wat so 'n goeie huishoudster is?
Elke keer as sy skei, hou sy die huis.
* Die predikant van Edenburg betrap 'n seuntjie in sy tuin, besig om vrugte te steel. Na vele teregwysinge sê die dominee: "En, nou seun, weet jy hoekom vertel ek jou al hierdie dinge? Daar is een voor wie selfs ek 'n kruipende wurm is. Weet jy wie dit is?"
"Natuurlik," antwoord die seun, "Mevrou dominee!"
* In Kestell het die landdros vir die eerste keer 'n paartjie in die huwelik bevestig. Na die bevestiging staan die jong paartjie nog, asof hulle nog iets verwag. Die landdros wat dapper probeer het om 'n godsdienstige einde aan die seremonie te koppel, sê toe: "Daar is hy, dis verby. Gaan heen en sondig nie meer nie."