Dankie, Hemelse Vader, dat U in my woon en my beker vol maak wanneer dit leeg is. Dankie dat ons vanoggend kan weet U is ons toevlug en ons sterkte, dat U ons hulp is in benoudhede en dat U in 'n hoë mate beproef is, juis sodat ons kan weet U is ons krag en sterkte. Ek het U nodig, Here Jesus, die Rots by Wie ek kan skuil. Dankie vir U Heilige Gees wat nou deur ons kan waai, sodat ons U nabyheid kan ervaar, dat ons, ons kleed van geregtigheid kan aantrek en weet dat met U ons in oorwinning staan. Dankie,Vader, dat U ons nooit verlaat nie, maar met u hand ons sorgvuldig beskerm. Amen