Geseënd is die man wat op die Here vertrou, en wie se vertroue in die Here is.Die Here gee nie vir jou seëninge verniet nie; dit is nie vir jou om te hou nie, maar om dit te deel met die wat dit benodig.
Jy sal soos 'n boom wees wat nie hitte vrees nie, want jou wortels is by 'n waterstroom.
Die boom is altyd groen en hy hou nie op om vrug te dra nie. (Jer. 17:8)
Daar is dus altyd koelte in die hitte van die dag vir ander; daar is altyd nesmaak plek vir diere; daar is altyd iets om te eet al kan die boom self, nie eers dit eet nie.
So 'n boom is nie selfsugtig nie, maar gee baie aan ander; dit gee ook suurstof en neem koolsuurgas op in sy stam se houtvate.
Dankie Here, vir die oorvloed van water wat ek van U af kry. Dankie vir die lig van die Seun van God wat my voed. Dankie dat selfs giftige gasse vir my tot voordeel kan wees en my nie siek maak nie. Dankie vir die oorvloed van u voorsiening, sodat ek altyd met 'n oop hand vir ander kan sorg. U is my Voorsiener en my krag, op Jesus vertrou ek. Amen
[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]