"Liewe Jesus, miskien sou Kain en Abel mekaar nie doodgemaak het as hulle elkeen hul eie kamer gehad het nie, want sjoe, dit werk vir my en my broer!"
"Liewe Jesus, as jy my Sondag in die kerk dophou, sal ek my nuwe skoene vir jou wys."
"Liewe Jesus, dankie vir my bababoetie, maar ai, ek het vir 'n hondjie gebid!"
"Liewe Jesus, moet 'n kameelperd so lyk, of was dit 'n ongeluk?"