God wil vandag aan jou sy reddende genade bewys.
Moenie dink dat jy nie goed genoeg is vir God se genade nie.
Reeds aan Abraham is hierdie belofte gegee, dat alle volke deur hom en Isak geseën sal word.
Jesus Christus het reeds aan jou sy reddende genade gebring ... sien ook gerus, Titus 3:4-7.
Dankie, Vader, vir die belofte wat U gestand gedoen het, van Abraham af tot nou toe. Ek sien die tekens van U tye, en dat U koms naby is. Dit was ook belowe aan die mens in Joh. 14, dat U vir ons 'n plek gaan voorberei en ons weer sal kom haal om by U te wees. U bly nog altyd by ons deur u Heilige Gees. Here ek dank U vir u getrouheid deur die eeue heen. Ek dank U dat U my gered het deur u genade. Amen.
[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]