Showing posts with label Gemeenskapsdiens. Show all posts
Showing posts with label Gemeenskapsdiens. Show all posts

Wednesday, 13 August 2025

Projek Resthaven

Wat 'n vreugdevolle dag was dit nie vandag by Resthaven nie. 'n Splinternuwe broodnodige rolstoel is vandag daar afgelewer. Aan stuur van die projek is Rina Groenewald saam met haar regterhand, Pula.

Nico Broodryk en Bea Benson was saam om met die inwoners te praat en ook om te kyk waar die nood druk.

Op die foto verskyn die kombuispersoneel, saam met Pula Leburu, links.

Kontak gerus vir Rina indien jy by die volgende projek van Resthaven betrokke wil raak.

Mag ons vandag onthou dat ons sy hande en voete moet wees vir mekaar deur gehoorsaam te wees. Dis met jou oë waardeur Hy met deernis na hierdie wêreld kyk.

Monday, 24 March 2025

Gebed: God het my tyd afgemeet om tot sy eer te gebruik

Here my God, ek het tyd.
Oorgenoeg tyd.
Al sê ek so dikwels:
"Jammer, maar ek kan eenvoudig nie dit ook nog inpas nie!"
Ek het al die tyd
Wat U aan my gegee het:
Die dae van my jare
Die ure van my dae
Dit alles het ek tot my
Beskikking om te vul.
Here, ek bring my tyd na U toe.
Ure en dae wat ek vir U kan werk -
Die vrouevereniging, die katkasasie,
die dankfees, gemeenskapdiens ...
Maak asseblief uit die brak en smaaklose
water van my gejaagde ure - geurige, vol, ryk wyn - soos daardie dag in Kana -
Sodat ek daagliks ander se dors daarmee kan les.
Amen