Showing posts with label Johann Genis. Show all posts
Showing posts with label Johann Genis. Show all posts

Wednesday, 5 June 2019

Saturday, 1 June 2019

Lekker ou Jan bly in Dutoitspan-gemeente ...

Ilze Retief en Johan Genis het hul pad na roem al dansend op die kerk se verhoog begin, terwyl Elsa Minne vir hulle die tempo en die toon aangegee het. Die orkes het die agterhoede gedek en duidelik hoorbaar hulle kant gebring. Lekker ou Jan het 'n splinternuwe baadjie aangetrek.

Videos: Johann Genis

'n Dawerende applous vir die akteurs ...

Die akteurs van die koffiehuiskonsert het hulle baie goed van hulle vrolike taak gekwyt.

Dankie vir die mooi opkoms, die goeie ondersteuning en die betrokkenheid om hierdie koffiehuiskonsert 'n sukses te maak.




Friday, 3 May 2019

Pretdag: Werkers agter die spookasemgordyn


'n Paar dankies solank vir die besige en bedrywige werkers agter Dutoitspan se spookasemgordyn vir die jeug. Elmarie Delport  by gesigverf, haarkleur en naels vir die dogtertjies wat hulle graag vir die naweek wil optooi. Liesl Brown en Mari Matthysen by die kosstalletjies. Geen mens kan die pretdag op 'n honger maag aanpak nie. Annatjie Enslin saam met Marina by speletjies en handwerk - die pret in die pretdag.  Ds. Ensie wat oral betrokke is - hy maak spookasem, ry koeldrank aan, bou mini-putt-puttbaan en maak speelgoedjies reg. Oom Flip Opperman bak pannekoek en Fredolien du Plessis help oral. Hannes en Louise Hattingh is by die kaskarre en Christelle Hattingh het 'n vinger in elke "pie". Dankie vir die kerkkantoor wat altyd op hulle pos is - julle is 'n belangrike skakel.

'n Groot dankie aan elkeen, ook aan diegene wat in stilte meer as hulle kant gebring het. Niks gaan ongesiens verby nie.

Monday, 15 April 2019

Waaroor gaan die lewe nou eintlik?

Weet julle toe ek vanoggend wakker word, toe vra ek myself die vraag: "Wat is die nut?"

Waaroor gaan die lewe nou eintlik? Is dit nog alles die moeite werd?

Toe tref dit my: Die antwoord lê reg daar om my in my eie kamer!
Die waaier sê: "Be cool!"
Die plafon sê: "Mik hoog!"
Die venster sê: "Kyk na die wêreld daar buite."
Die horlosie voor my bed sê: "Elke minuut van jou lewe is só kosbaar."
Die kombers sê: "Soos God belowe in Sy Woord, het Hy jou laasnag beskerm."
Die spieël sê: "Jy is uniek in God se oë."
Die kalender sê: "Vandag is die eerste dag van die res van jou lewe!"
Die deur sê: "Druk hard om jou doel te bereik!"
Die mat sê: "Gaan af op jou knieë en dank God vir 'n nuwe dag!!"

[Dankie, Johann Genis wat hierdie gedagte met ons gedeel het.]