Friday 3 May 2019

Pretdag: Werkers agter die spookasemgordyn


'n Paar dankies solank vir die besige en bedrywige werkers agter Dutoitspan se spookasemgordyn vir die jeug. Elmarie Delport  by gesigverf, haarkleur en naels vir die dogtertjies wat hulle graag vir die naweek wil optooi. Liesl Brown en Mari Matthysen by die kosstalletjies. Geen mens kan die pretdag op 'n honger maag aanpak nie. Annatjie Enslin saam met Marina by speletjies en handwerk - die pret in die pretdag.  Ds. Ensie wat oral betrokke is - hy maak spookasem, ry koeldrank aan, bou mini-putt-puttbaan en maak speelgoedjies reg. Oom Flip Opperman bak pannekoek en Fredolien du Plessis help oral. Hannes en Louise Hattingh is by die kaskarre en Christelle Hattingh het 'n vinger in elke "pie". Dankie vir die kerkkantoor wat altyd op hulle pos is - julle is 'n belangrike skakel.

'n Groot dankie aan elkeen, ook aan diegene wat in stilte meer as hulle kant gebring het. Niks gaan ongesiens verby nie.