Saturday 11 May 2019

Pretdag: Die jeug se bydrae ...

Jongmense maak altyd hordes planne vir 'n naweek en hulp aan ouers of aan die kerk is bitter selde deel van daardie planne. Een van die jong Dutoitspanners, val egter nie in daardie kategorie nie en het hy hom sommer vroeg Saterdagoggend kom aanmeld vir werk. Hy is vinnig gekanaliseer na die koeldrankkaravaan en daar is mildelik van sy verkoopsvaardighede gebruik gemaak. Elke paar hande was meer as welkom en daarom 'n "high five" vir Willem van Lingen wat met entoesiasme gewerk het.

Willem, jy het 'n jaar om jou jong kerkgenote te inspireer om ook deel te wees van die pretdag! Viva, die jeug!