Showing posts with label Genesing. Show all posts
Showing posts with label Genesing. Show all posts

Tuesday, 28 July 2026

Plankvloere

My hart het ‘n plankvloer ... Met 'n skraapplek, ‘n seerkryplek, hier en daar,  en as jy mooi kyk, sal jy sien dit is nie splinternuut nie, ook 'n paar krakies sal jy gewaar.
Met politoer probeer ek om dit blink te hou.
Maar hoe fix ‘n mens ‘n harde hou?
Die water waarmee ek die vloer skoon wou maak, 
het tussen die krakies weggeraak.
Ek is kwaad, ek wil huil.
Die vloer van my hart is vol krake, dit is vuil.
Op my knieë het ek gaan sit, en tot my liewe Heer gebid. 
Vader, hoekom loop die water by die krake deur? 
Dit maak my hart so seer, 'n skoongewaste vloer is tog al wat ek begeer. 
My Vader vat my hand en droog my traan: "KYK, MY KIND,
KYK WAAR MY HOUTKRUIS STAAN,
MY BLOED HET IN DAARDIE KRAKE INGEGAAN
GEEN WATER SAL NOU DAARDEUR KAN GAAN, 
MY BLOED SAL NOU JOU HART HERSTEL.
WANT JY, MY KIND, DIS JY WAT TEL”
Nou sit ek stil en ek dink -
Al kan politoer jou vloer laat blink,
As dit gaan kraak en die onderhoud raak te veel ...
“Jesus maak graag die plankvloer van jou hart heel.

[Aangestuur]

Saturday, 25 April 2026

JY, wat hier lees, is uitgenooi na môreoggend se erediens - 'n eenmalige geleentheid


Sien jou môre
by hierdie spesiale diens. 
Moenie dat die langnaweek, 
koue weer of reën jou weerhou van hierdie erediens nie.
Bring jou vriende, naweekgaste en bure saam vir hierdie geleentheid.

Mark het die pad met breinkanker gestap en 
vandag kan hy getuig
van sy wonderbaarlike genesing.

Gaan kyk gerus na Mark se reis op instagram HIER.

Mark se video's is ook HIER beskikbaar.
Kyk gerus daarna en hoor watter kragtige boodskap hierdie man vir elkeen van ons het.

Friday, 24 April 2026

Wonderwerke gebeur elke dag - kom luister na Mark se merkwaardige verhaal

Sien jou eerskomende Sondag 
by hierdie spesiale diens. 
Moenie dat die langnaweek, 
koue weer of reën jou weerhou van hierdie erediens nie.
Bring jou vriende, naweekgaste en bure saam vir hierdie geleentheid.


Mark het die pad met breinkanker gestap en vandag kan hy getuig
van sy wonderbaarlike genesing.

Gaan kyk gerus na Mark se reis op instagram HIER.

Gaan kyk gerus na Mark se video's HIER 
en hoor watter kragtige boodskap hierdie man vir elkeen van ons het.

Thursday, 30 January 2025

Loof-prys U Naam!

By die 👣 van Jesus word ons stil voor Hom
By die 👣 van Jesus hoor ons Sy stem
By die 👣 van Jesus spreek Hy woorde soet
By die 👣 van Jesus vind ons krag in gebed
By die 👣 van Jesus kan ons ontspan elke dag
By die 👣 van Jesus kry ons oorwinning oor twyfel
By die 👣 voete van Jesus verdwyn alle vrees
By die 👣 van Jesus is heling vir die gees
By die 👣 van Jesus vind ons troos vir ons gemoed
By die 👣 van Jesus is vrede te kry
By die 👣 van Jesus vloei genade vry
By die 👣 van Jesus is genesing vir die seer
By die 👣 van Jesus is liefde in oorvloed!

[Dankie, Rosetta!]