Sunday 31 December 2023

Seën vir 2024

Laat die son in jou lewe skyn,
laat kommer en vrees verdwyn,
vra die Vader om jou hand
vas te hou in 2024!
Hy sál, want Hy is lief vir jou!
Hy wil die toekoms saam met jou tegemoetloop.
Mag jou nuwe jaar volgepak wees met vrede, hope liefde en mag God sy seën mildelik oor jou uitstort.
'n Mooi 2024 vir elkeen!

Bankbesonderhede


Saturday 30 December 2023

Kerkgenotjies: Vals gerugte


Klik HIER vir iets in ligter luim!

Friday 29 December 2023

Kospakkies: oesmaande


Die nood is oral groot. Ons kan nie almal help nie, maar ons kan dit vir Dutoitspan moontlik maak om na 20 huisgesinne uit te reik.

Slegs met behulp van skenkings uit die gemeenskap en gemeente is dit moontlik om hierdie kospakkies te versprei. Dié projek sou nie moontlik gewees het sonder die hulp van elkeen van julle nie. 'n Groot dankie vir elkeen se betrokkenheid. Blikkie vir blikkie maak ons 'n verskil.

Desember: Blikkies ingemaakte vrugte, koekies, lekkers, jellie, vla en 'n lekker bederfie

[Ongeveer 20 pakkies maandeliks]

Plaas asseblief jou skenking in die houer in die voorportaal, anders kan dit by die kerkkantoor afgegee word.  

Wednesday 27 December 2023

Iets om oor na te dink ...

Om 'n dominee te wees ...

As hy jonk is, kort hy ondervinding.
As sy hare grys is, is hy te oud.

As hy ses kinders het, het hy te veel.
As hy niks het nie, stel hy 'n slegte voorbeeld.

As sy vrou in die koor sing, is sy voor op die wa.
As sy nie, stel sy nie genoeg belang in haar man se werk nie.

As hy van notas af preek, het hy ingelegde preke en is droog.
As hy uit die vuis praat, is hy onvoorbereid en herhaal.

As hy baie tyd in sy studeerkamer deurbring, verwaarloos hy sy gemeente.
As hy baie rondkuier, is hy 'n drentelaar.

As hy baie aandag gee aan die armes wil hy van gepraat word.
As hy baie aandag gee aan die rykes kliek hy en is 'n snobis.

As hy baie veranderings aanbring, is hy 'n diktator.
As hy geen veranderings aanbring, is hy verbeeldingloos.

As hy teen die kwaad praat, is hy te eng.
As hy nie, is hy 'n kompromis.

As hy 'n uur preek, is hy langdradig
As hy nie, is hy lui en onvoorbereid.

As hy die waarheid preek, gee hy aanstoot.
As hy nie, is hy liberaal.

As hy almal plesier, het hy geen beginsels.
As hy nie, doen hy die kerk skade aan.

As hy oor geld preek, is hy gierig.
As hy nie, bou hy nie die gemeente nie.

As hy 'n groot salaris kry, verdien hy dit nie.
As hy 'n klein salaris kry, is hy nie veel werd nie.

As hy elke Sondag preek, word die mense moeg vir hom.
As hy nie, verwaarloos hy sy werk.

As hy by 'n sieke kom, hoor hy hy moes al eerder gekom het.
As hy by 'n bejaarde kom, was hy nog nooit daar nie.

En tog is die bediening heerlik, want: 
Deur God geroep.
Deur God bekwaam.
Deur God gedra.
Deur God vergewe.

Monday 25 December 2023

Geseënde Kersfees


Mag ons in hierdie Kerstyd opnuut ons lewens kalibreer op dié Koning wat reeds gekom het, maar ons weer uit die toekoms tegemoetkom. Mag die Kerstyd vanjaar vir elkeen tot nadenke stem, ons opgewonde maak en ons elkeen tot aksie aanmoedig.

’n Geseënde Kersfees word vir jou en jou geliefdes en ons land toegebid.

Happy Christmas

Merry Christmas.
May the blessings of God be
all year long in your family,
blessings of peace,
to live in understanding and harmony,
blessings of love,
for the union and the lovely warmth
may be filling your hearts.

Sunday 24 December 2023

Kommersiële Kersfees

deur Jannes Erasmus

ek was vanoggend in ‘n winkelsentrum,
dit was chaos,
mens raak benoud, 
nie omdat daar te veel mense is nie, 
maar eerder hoe benoud hulle jaag deur die winkels en rakke.
niemand lyk gelukkig nie.
hulle vloek en frons.
hulle koop persente met geld wat hulle nie het nie en tyd wat hulle nie kon maak nie

hierdie gejaag na materialistiese geluk wat net ‘n paar sekondes hou tot daai geskenkpapier oop is ... dit gaan lankal nie meer oor die idee daarvan om vir iemand iets te gee met die bietjie wat jy het nie:
dit is ‘n kompetisie
‘n tradisie 
‘n resies
groter
beter
mooier
meer

in daai oomblik gaan staan ek doodstil in die middel van hierdie wemelende winkelsentrum,
ek kyk rond en besef dit lyk soos ‘n miernes.
al die werkers besig om te hardloop,
die enigste verskil is dat miere só hardloop vir hulle koningin ...
hulle bou almal sáám aan hulle kolonie,
GEEN mier vir homself, 
en tog is ons mense, meer vir onsself

in hierdie oomblik voel dit of tyd stilstaan 
sodat daar ‘n dieper besef moes plaasvind, 
dat die gejaag nie die probleem is nie,
maar eerder die doelloosheid sonder die koning/koningin vír wie ons dit doen ...

het ons só dringendheid vir Jesus soos die trollie vol kos en koek en persente?
is ons só gejaag na Hom soos na die volgende winkel wat uitverkoop is,
bereid om 40km te ry na ‘n ander sentrum wat nog voorraad het?
weet ons kinders dat kersvader nie die hoofkarakter van hierdie dag is nie,
en onthou ons waaroor dit werklik gaan ...?

een ding wat die hele wêreld moontlik in gemeen het, is kersfees ... almal vier dit vir verskillende redes maar die kern en ontstaan daarvan is hulle nie regtig oor seker nie.

‘kersfees’ is ‘n woord wat nie in die Bybel voorkom nie, tog neem ons deel aan hierdie kommersiële koopreligie onder die vaandel van feestelikheid en viering ...

mag ons besef ons eintlike geskenk is heeltemal te groot om in enige boks,
onder enige boom te lê,
vrede en voorspoed 
mag julle geseën word in hierdie feesseisoen
en as gesin en familie in Sy teenwoordigheid in beweeg tydens die samesyn want God is liefde.

“En die engel sê vir hulle: Moenie vrees nie, want kyk, ek bring julle 'n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk sal wees, dat vir julle vandag in die stad van Dawid gebore is die Saligmaker wat Christus, die Here, is. En dit is vir julle die teken: julle sal 'n Kindjie vind wat in doeke toegedraai is en wat in die krip lê.”
‭‭LUKAS‬ ‭2‬:‭10-12.

[Dankie, Rosetta, dat jy hierdie waarheid met ons deel. Seënwense.]

A true story

“I would like to share a true story which took place on Christmas in 1973, as told by Pastor Robert Reid.

In October, a pastor and his wife arrived in their first parish, a church in Brooklyn which they were assigned to re-open by Christmas Eve. They were very excited about the opportunity, in spite of the fact that when they saw the church, it was run down and in need of many repairs. They worked hard, repairing pews, plastering walls, painting, etc. and on December 18th were just about finished, ahead of schedule. On Dec 19th a driving rainstorm hit the area and lasted for two days. On Dec 21st the pastor went over to the church. He was devastated to see that the roof had leaked and caused a large area of plaster about 6 feet by 8 feet to fall off the front wall of the sanctuary just behind the pulpit, beginning about head high.

The pastor cleaned up the mess on the floor and headed for home, not sure what to do about the situation. On the way he noticed a flea market sale for charity and stopped in. One of the items for sale was a beautiful, hand-made, crocheted table cloth. The work was exquisite, with a cross done in fine colours centred on an ivory background. It was just the right size to cover up the hole in the wall of the church. He bought it and headed back to church. By this time it had grown cold and begun to snow. He saw an older woman running from the opposite direction trying to catch the bus, which she missed. He invited her to wait in the warm church for the next bus, which was due to arrive in 45 minutes. She sat in a pew and watched while he got a ladder and whatever he needed to hang the tablecloth as a wall tapestry. He could hardly believe how beautiful it looked and that it covered up the entire area that had been damaged.

Suddenly he noticed that the woman was coming down the center aisle. Her face was white. “Pastor,” she asked, “where did you get that tablecloth?” He explained the story to her. She asked him to look in the lower right corner and see if the initials EBG were crocheted into the cloth. They were. Those were her initials; she had made the tablecloth 35 years earlier in Austria. She explained that before the war she and her husband were well-to-do people in Austria. When the Nazis came, she, as a Jewish woman, was forced to leave for her safety and it was arranged that her husband, who was a Christian, would arrange their affairs and follow her. She was captured, sent to a concentration camp, and never saw her husband or her home again. The pastor wanted to give her the tablecloth, but she insisted that he keep it for the church. In turn, he insisted on driving her home, he felt that was the least he could do. She lived on the far side of Staten Island and had been in Brooklyn for the day for a housecleaning job.

They had a wonderful service at the church on Christmas Eve. The church was almost full. The music was beautiful and there was a tangible spirit of good will. At the end of the service, the pastor and his wife greeted everyone at the door and many said they would return. After everyone else was gone, they noticed an older man, whom they had seen around the neighbourhood, sitting in one of the pews staring at the front of the church. They went over to him and the man asked where the tablecloth on the wall had come from. He was sure it was identical to one that his wife had made many years before in Austria before the war. He could not believe that two handmade tablecloths could be so much alike.

He told them how the Nazis had come, and he arranged for his wife, who was Jewish, to flee to safety. Before he could join her, he was arrested and sent to a concentration camp. He never saw his wife or his home again. The pastor asked him if he would allow him to take him for a ride. They drove to Staten Island, to the house where the pastor had taken the woman three days earlier. He helped the man climb the three flights of stairs to the woman’s apartment and they knocked on the door. Then the pastor witnessed the greatest Christmas present he could ever imagine.

Like many of the promises of God, this story sounds too good to be true, but, like God’s promises, it is true. So often we hear complaints that Christmas has gotten too commercial, that the focus is too much on the secular rather than “the reason for the season” as the saying goes. Christmas only becomes secular when we permit it to be. We live in one of the most diverse places in the world, a place where we respect one another’s beliefs and traditions. Although not everyone celebrates Christmas, most people want to share in the spirit of the holiday season.

After the tragedy unfolded in Newtown, it was the clergy and houses of worship of all faiths that offered consolation and places to gather. In the same way, we can accept all holiday greetings in the spirit in which they are intended. “Happy Holiday” originally came from an English greeting “Happy Holy Day” and usually means that someone wants to wish us well but they are not sure of what tradition we follow. It is appropriate to offer a “Happy Hanukkah,” to our Jewish friends and loved ones. We have several interfaith families here in our congregation who celebrate both festivals. 

The true story of the interfaith couple who were separated after the horrors of WWII, only to be reunited 35 years later on Christmas Eve, can inspire us to lovingly accept and share all holiday greetings. We can only imagine what the symbols and lights of the holiday season must have meant to them in the years that followed their miraculous reunion.

The menorahs that are lit in windows tell the story of the miracle of one day’s supply of oil that lasted for eight days for the re-dedication of the temple in Jerusalem. The twinkling Christmas lights and beautiful decorations are symbols of God’s gift of Jesus who came into the world on Christmas. May we open our hearts during this blessed season so that all of the sacred symbols reminder us of the possibility of miracles, and the truth of God’s promises. Amen.” by The Reverend Laurie B. Cline, Pastor, St. John Lutheran Church, Bellmore, New York.

We are often so close to what we are searching for, but are, sadly looking down and not up. Our feet will take us, we just need to keep our eyes open for the memories, signs, people, and events that God has placed before us. A Knight’s Quest.

Merry Christmas to all and a very Happy New Year.

[Click HERE for more information]

Saturday 23 December 2023

Friday 22 December 2023

Nataniël se Kersboodskap

Liewe Petronella, Allan, Zonian, Danie, Denise, Jan, Diane, Bobo, Thuso, Eddie, Vincent en Antoinette

Ek deel graag met julle Nataniël se Kersboodskap - neem daaruit wat jy kan, geniet sy humorsin en deel dit met jou vriende en familie. 
                                         
Wees altyd dankbaar vir alles wat jy het en lewe eenvoudig. Hoe minder goeters jy het, hoe minder worries het jy ... en hoe lekkerder slaap jy!

Wees onvoorwaardelik lief vir jou gesin en familie en aanvaar elkeen presies net soos hy/sy daar is ... vriende kan jy kies, familie nie!   

Moenie toelaat dat jou brein muf met 'issues' soos skuldgevoelens of grudges nie ... sorteer alle strooi uit nog voor die son sak. So moenie toelaat dat mense jou in die rug steek, nonsens praat en skynheilig  optree teen jou nie!

Hardloop jou lewe se spiedometer in die rooi in ... help waar jy kan en lewe voluit, terwyl jy nog lewe in jou het ... 

Geniet die eenvoudige dinge. Die 'image'-goed en 'keeping up with the Jones' is sommer nonsens ...  hulle (die Jones') sit in elk geval nou in Ozzie.

Al wys die 'replay'  duidelik dat hy verkeerd is ... maak vrede met die ref se  beslissings en jy sal dadelik beter voel!

Kry oefening deur te gaan stap langs die see of in die veld ... doen iets in die buitelug, maar moenie in die strate op en af draf nie, dis 'common' en maak ander mense skuldig voel.

As jy 'n 'no-name brand' T-Shirt sien wat jy laaik, koop dit ... te hel met die name-goed wat jy in elk geval nie kan bekostig nie - solank dit net gemaklik pas. Laat andere maar hul geld mors op goed wat vir hulle vals selfvertroue in hul plestiek-wêreld gee!

Lag dikwels ... lank en  lekker, dit hou jou gesond! Haal diep asem, drink meer water as wat jy moet en kou jou kos fyn. Eet meer van die goed wat mens  pluk of uit die grond grawe. Moet nooit alleen alkohol gebruik nie en wanneer jy ietsie vat ... hou matigheid voor oë  ...  ALTYD!

Behou jou grappige vrinne en vermy die suuriges ... hulle is 'demoralising' en trek jou af na hulle vlak.

Jou huis is jou plek en daar leef jy soos JY wil, too hell met die snobs ... en die beste kar is een wat klaar betaal is!

STEL GOD EERSTE en alle ander goed sal self in plek val ... hê geloof!

Sê vir mense dat jy vir hulle omgee ... môre trek jy dalk jou houtjas aan, dan's dit te laat!  

Geniet die laaste paar daggies van die jaar. 

Liefde!
Tannie Rina

Thursday 21 December 2023

Kersete by Sally Aucamp


Die Sally Aucamp-familie het heerlik gesmul aan die uithaler-kersete in die vorm van 'n braai.  Ds. Ensie Enslin van Dutoitspan het die Kersboodskap gebring en met al die kommersiële aktiwiteite rondom Kersfees, is dit so maklik om die ware boodskap van Kersfees te vergeet. Daarna het Marius Willemse die inwoners met pragtige liedere en spesiaal Kersliedere bekoor. 

Elkeen het baie spesiaal gevoel toe die Kersgeskenke uitgedeel is. Baie dankie aan Rina Groenewald vir net mooi ALLES! Dit is só lekker dat sy elke week saam met die inwoners kuier. 'n Groot dankie vir elkeen wat vandag spesiaal gemaak het. 'n Sally Aucamp-dankie aan Rinus Slabbert, Natalie Willemse, Marius Willemse, Hennie Groenwald, Daphné de Beer en ds. Ensie.

Daarna het almal heerlik onder die afdak gesit en gesels.




Klik HIER vir nog foto's van die Kersbraai.

Sunday 17 December 2023

'n Heerlike tee-/koffiekuier na kerk

Grypers of gewers?


Maak ons ons kinders groot as grypers of gewers?

'n Gewer is iemand wat geleentheid soek om aan ander te gee en goed te doen. 'n Gryper is iemand wat op die uitkyk is vir geleenthede om vir homself iets in te palm. Soos watter een maak jy jou kind groot?

Vrygewigheid is nie iets wat suinige mense hul kinders kan leer nie. Kinders doen wat hulle hul ouers sien doen. Ouers wat graag gee vir mense in nood kan dit nie wegsteek nie. Dit is ook aansteeklik! Jou kinders sal ook 'n oop hart en hand - soos jy - vir ander hê.

Leer jou kind ook hierdie kerstyd dat dit saliger is om te gee as om te ontvang. Wat daarvan om saam met jou kinders iemand te identifiseer vir wie julle as gesin hierdie kerstyd kan gee?

Maak seker dat jou kind nie net 'n spaarbussie en 'n spandeerbussie het nie, maar ook 'n liefdesbussie. Hierin kom gelde vir ander in nood. Jou kind se twee vissies en vyf brode kan 'n verskil maak en fees bring in die lewe van ten minste een ander mens!

Geniet die feestyd deur vir ander te gee!
Ds. Leon van Heerden   

[Dankie, Anoniem wat hierdie kragtige boodskap gestuur het.]

Saturday 16 December 2023

Kerkgenotjies: Sondagskoolles


Klik HIER vir iets in ligter luim!

Friday 15 December 2023

Kospakkies: oesmaande


Die nood is oral groot. Ons kan nie almal help nie, maar ons kan dit vir Dutoitspan moontlik maak om na 20 huisgesinne uit te reik.

Slegs met behulp van skenkings uit die gemeenskap en gemeente is dit moontlik om hierdie kospakkies te versprei. Dié projek sou nie moontlik gewees het sonder die hulp van elkeen van julle nie. 'n Groot dankie vir elkeen se betrokkenheid. Blikkie vir blikkie maak ons 'n verskil.

Desember: Blikkies ingemaakte vrugte, koekies, lekkers, jellie, vla en 'n lekker bederfie

[Ongeveer 20 pakkies maandeliks]

Plaas asseblief jou skenking in die houer in die voorportaal, anders kan dit by die kerkkantoor afgegee word. 

Sunday 10 December 2023

'n Heerlike tee-/koffiekuier na kerk

Terugblik: God in die alledaagse

Vergewe my, Here, dat ek sê dat ek U volg en dat ek altyd in U teenwoordigheid is -
maar dan verwag ek U nie op onverwagte plekke nie!
O Here, ek verwag U spesifiek nie in armoedige omgewings nie -
nie in huisies waarvan die verf afskilfer en onkruid die tuintjies oorwoeker; in kroeë, kronkelstraatjies, agterbuurtes en rooiligdistrikte nie.
Dit is omdat ek vergeet van die stal en die Baba tussen die plaasdiere.
Dit het nooit regtig tot my deurgedring dat die jong Prins van Vrede
grootgeword het in die stofstrate van 'n vaal plattelandse dorpie nie;
dat Hy sy mag sou beperk om mens tussen ons te word nie.
Here, as ek U nie raaksien op die alledaagse plekke en in die doodgewone mense rondom my nie, is dit omdat ek vergeet hoe anders as wat mense sou verwag U Koningskap vertoon is ...
U is gekroon met dorings, het die kruis as troon aanvaar, en die enigste swaard wat U opgeneem het, was dié van die Gees.
O Here, ek moet nog so baie leer!
Wys vandag die lig van die ster vir my bokant die plakkershuise om my stad, laat my die engellied hoor in versoenende woorde tussen gewone mense. Ek bring aan U die geskenk van my lewe.

Arthur A Rouner 

[Afkondigings 12 Desember 2010]

Saturday 9 December 2023

Kerkgenotjies: Cellphone


Klik HIER vir iets in ligter luim!

 

Friday 8 December 2023

Tert vir die naweek: Pynappel-malvatert

Benodigdhede:
1 pakkie tennisbeskuitjies
1 x 410 g blik kondensmelk
125 ml suurlemoensap
20 x malvalekkers in stukkies gesny of 1 pak mini-malvalekkers
10 x glanskersies in kwarte gesny
1 x 410 g blik pynappelstukke gedreineer en sny verder in stukkies 
1 x 250 ml room
2t vanieljegeursel

Metode:
Pak tennisbeskuitjies onder in gesmeerde tertbak.
Meng kondensmelk en suurlemoensap goed.
Voeg malvalekkers, kersies en pynappel by mengsel.
Klop room styf met vanieljegeursel.
Vou room in kondensmelkmengsel .
Gooi mengsel oor die tennisbeskuitjies.
Krummel 2 beskuitjies bo-oor tert.
Sit vir 1-2 uur in yskas.

Sunday 3 December 2023

Carols by Candle Light - Kersfees by Kerslig


2023 se jaarlikse One Body "Carols by Candle Light/Kersfees by Kerslig" (1ste Sondagaand van Desember elke jaar) waar Christen-gemeentes van verskillende Christen kerkdenominasies mekaar se hande vat en sigbare uitdrukking gee van ons kindskap van die één God & Jesus Christus se één Liggaam in Kimberley. 

Wat 'n onbeskryflike voorreg om hiervan deel te kan wees! 

Soli Deo Gloria!!!









Foto's: Ds. Ensie Enslin

Die Here is die Skepper van kleur, geur en atmosfeer

Baie dankie aan die Blombosdames vir die pragtige blomme wat elke Sondag kleur en atmosfeer aan die erediens verleen.

Kom raak deel van ons blomspan en beleef die seëning om jou talente vir die Here se Koninkryk aan te bied. Ons benodig dames vir die blommegroep. As u kans sien om te help, kan jy vir Elize kontak: 072 732 4656 

International Day of Disabled Persons Celebration


Through disability awareness, the misconceptions and stereotypes surrounding those with disabilities can be brought to the forefront. When these are gone, attitudes and behaviors become more positive and impactful. Digging deeper to create a better understanding is a powerful way to raise awareness.
What are the 5 barriers for persons with disabilities?

Five Types of Barriers
Physical or Architectural Barriers.
Informational or Communicational Barriers.
Technological Barriers.
Organizational Barriers.
Attitudinal Barriers.

Why do we celebrate International Day of Persons with Disabilities?

The annual observance of the International Day of Disabled Persons was proclaimed in 1992, by the United Nations General Assembly resolution 47/3. The observance of the Day aims to promote an understanding of disability issues and mobilize support for the dignity, rights and well-being of persons with disabilities.

“Believe you can and you’re halfway there.”

Visit this website HERE

Saturday 2 December 2023

Kerkgenotjies: Gelykop verdeling

Twee boeties, Gert en Koos het 'n sak vol lemoene gesteel en het besluit om na die naaste begraafplaas te hardloop waar hulle dit eweredig onder mekaar sou verdeel. Toe hulle by die groot staalhekke kom om die begrafplaas binne te gaan, val twee lemoene uit die sak en word net daar gelos.

'n Papdronk man op pad terug van die kroeg loop naas die begraafplaas verby en hoor toe die volgende: Een vir my en een vir jou ... Een vir my en een vir jou.

Hy skrik homself sommer dadelik nugter en hardloop so vinnig soos wat sy voete hom kan dra na die naaste predikant.

"Pastoor, kom saam met my om te getuig hoe daar lyke in die begraafplaas uitgedeel word."

Hulle altwee hardloop na die begraafplaas en die stemme gaan voort. Een vir my en een vir jou, een vir my en een vir jou!

Skielik sê die een stem: "Nou wat van die twee by die hek?"

Die Pastoor was die een wat die vinnigste daar weg is ...

Friday 1 December 2023

Tert vir die naweek: Grenadella yskastert

Benodigdhede:
1 blik (410 g) ingedampte melk, verkoel oornag
125 ml (½ k) strooisuiker
1 blikkie (110 g) grenadellamoes
1 boks jellie, suurlemoengeur
250 ml (1 k) kookwater
2 pakkies (200 g elk) Tennisbeskuitjies
grenadellamoes of suurlemoenskyfies vir versiering

Metode:
Klits koue melk en voeg strooisuiker stadig by.
Voeg grenadellamoes by en meng goed.
Meng die jellie met kookwater, roer tot opgelos.
Laat afkoel.
Roer jellie in by die melkmengsel.
Pak ’n laag Tennisbeskuitjies in ’n groot bak en giet van die melkmengsel oor.
Herhaal die lae en eindig met die melkmengsel.
Verkoel totdat dit goed gestoel is.
Sit dun gesnyde skyfies suurlemoen bo-op tert voor opdiening.

Kospakkies: oesmaande


Die nood is oral groot. Ons kan nie almal help nie, maar ons kan dit vir Dutoitspan moontlik maak om na 20 huisgesinne uit te reik.

Slegs met behulp van skenkings uit die gemeenskap en gemeente is dit moontlik om hierdie kospakkies te versprei. Dié projek sou nie moontlik gewees het sonder die hulp van elkeen van julle nie. 'n Groot dankie vir elkeen se betrokkenheid. Blikkie vir blikkie maak ons 'n verskil.

November: Baked beans
Desember: Blik vrugte, koekies, lekkers, jellie, vla

[Ongeveer 20 pakkies maandeliks]

Plaas asseblief jou skenking in die houer in die voorportaal, anders kan dit by die kerkkantoor afgegee word. 

Wednesday 29 November 2023

DIE GEBED WAT DIE WÊRELD GESKOK HET

Toe pastoor Joe Wright gevra is om die nuwe sitting van die Kansas Senaat te open, het almal die gewone algemeenhede verwag, maar dit is wat hulle gehoor het:

"Hemelse Vader, ons kom vandag voor u om u vergifnis te vra en u rigting en leiding te soek. .

Ons weet U Woord sê: 'Wee hulle wat kwaad goed noem', maar dit is presies wat ons gedoen het. Ons het ons geestelike ewewig verloor en ons waardes omgekeer.

Ons het die armes uitgebuit en dit die lotto genoem.

Ons het luiheid beloon en dit welsyn genoem.

Ons het ons ongeborenes doodgemaak en dit keuse genoem.

Ons het anti-aborsioniste geskiet en dit geregverdig genoem.

Ons het nagelaat om ons kinders te dissiplineer en noem dit selfbeeld bou.

Ons het mag misbruik en dit politiek genoem.

Ons het ons naaste se besittings begeer en dit ambisie genoem.

Ons het die lug met vloek en pornografie besoedel en dit vryheid van uitdrukking genoem.

Ons het al die ou waardes van ons voorvaders bespot en dit verligting genoem.

Deursoek ons, o God, en ken ons harte vandag; reinig ons van elke sonde en maak ons ​​vry.

Amen!"

Die reaksie was onmiddellik. 'n Aantal wetgewers het tydens die gebed uitgestap in protes.

In 6 kort weke het Central Christian Church, waar ds. Wright pastoor is, meer as 5 000 telefoonoproepe aangeteken met slegs 47 van daardie oproepe wat negatief gereageer het.

Die kerk ontvang nou internasionale versoeke vir afskrifte van hierdie gebed uit Indië, Afrika en Korea.

Kommentator Paul Harvey het hierdie gebed op sy radioprogram: "The Rest of the Story" uitgesaai en 'n groter reaksie op hierdie program gekry as enige ander program wat hy nog ooit uitgesaai het.

Mag hierdie gebed met die Here se hulp oor ons volk spoel en van harte ons begeerte word sodat ons weer genoem kan word: "een nasie onder God."

Tuesday 28 November 2023

Terugflits: Elke dag 'n Kersfeesgesindheid


Met al die geskarrel om die Santa shoebokse betyds klaar te kry en reg te kry, die afsluitingsfunksies, die heerlike kersetes wat die verskillende organisasies hou en die gemeente se kerssangdiens wat verlede Sondag gehou is, dink 'n mens onwillekeurig aan gesindhede en wat die boodskap van kersfees is.

Met hierdie terugflits na die Septemberuitreik in Malawi, staan die opregte hartlikheid, blydskap, warmte, liefde, omgee, vriendelikheid, goedhartigheid, nederigheid en  mededeelsaamheid uit - die vrug van die gees waarvan ons in Galasiërs 5 lees ... 'n kersfeesgesindheid wat daagliks uit hierdie mense straal.

Klik HIER om weer 'n keer na die foto's te kyk.

Foto's: Ds. Ensie Enslin

Monday 27 November 2023

Kerssangdiens 2023

 




Die gemeente se kerssangdiens het vanjaar op 26 November plaasgevind.

Kersfees het in 'n krip in Betlehem begin en in die velde het die skaapwagters die nuus eerste gehoor. Ons as gemeente bring soos die herders en engele van weleer eer en hulde aan Hom.

By hierdie kerssangdiens is ons herinner daaraan dat ons nooit mag vergeet waaroor die Christusfees gaan nie. 

Wees geseënd.

Klik HIER vir nog foto's.

[Foto's: Ds. Ensie Enslin]

In 'n ligte luim voor die diens ...


Klik HIER vir nog foto's.

Foto: Elsa Minne

Maandag-gedagtesaad