Saturday 2 December 2023

Kerkgenotjies: Gelykop verdeling

Twee boeties, Gert en Koos het 'n sak vol lemoene gesteel en het besluit om na die naaste begraafplaas te hardloop waar hulle dit eweredig onder mekaar sou verdeel. Toe hulle by die groot staalhekke kom om die begrafplaas binne te gaan, val twee lemoene uit die sak en word net daar gelos.

'n Papdronk man op pad terug van die kroeg loop naas die begraafplaas verby en hoor toe die volgende: Een vir my en een vir jou ... Een vir my en een vir jou.

Hy skrik homself sommer dadelik nugter en hardloop so vinnig soos wat sy voete hom kan dra na die naaste predikant.

"Pastoor, kom saam met my om te getuig hoe daar lyke in die begraafplaas uitgedeel word."

Hulle altwee hardloop na die begraafplaas en die stemme gaan voort. Een vir my en een vir jou, een vir my en een vir jou!

Skielik sê die een stem: "Nou wat van die twee by die hek?"

Die Pastoor was die een wat die vinnigste daar weg is ...