Thursday 30 May 2019

Wednesday 29 May 2019

Die 3-in-1-konsert ...

Lag, ontspan en ontstres - 'n 3-in-1-konsert!

Kaartjiepryse klop inflasie en veroorsaak
konsternasie. Betaal 1990 se prys vir 2019 se vermaak!

Wanneer: 31 Mei 2019 - 18:00 vir18:30

Kaartjies beskikbaar by die kerkkantoor.

Kontak vir Elsa by 053 8421100

Some people ...

Tuesday 28 May 2019

Sunday 26 May 2019

Dagboek vir die week


Sondag 26 Mei (Spes: Christelike Lektuurfonds)

08:00 - Mannebiduur
09:00 - Erediens, Kleurterkerk, Jnr Kategese
10:00 - Kategese
16:00 - Belydenisklas - Kategese
17:30 - Diens: Ons Huis

Maandag 27 Mei

18:00 - Dagbestuursvergadering

Dinsdag 28 Mei
18:00 - Flip Selgroep
18:00 - Cassandra se selgroep

Woensdag 29 Mei

16:00 - Ouma Mary-Bybelstudie

Donderdag 30 Mei

18:30 - Hemelvaartdiens

Vrydag 31 Mei

18:30 - Koffiehuiskonsert

Sondag 03 Junie (Spes. Koll. Instituut vir Dowes)

08:00 - Mannebiduur
09:00 - Erediens, Kleuterkerk, Jnr Kategese
10:00 - Kategese
16:00 - Belydenisklas - Kategese
17:30 - Diens: Ons Huis

Moet nooit ...

# opkrop as jy iets op die hart het nie.
# stilbly as jy 'n opinie het nie.
# moed opgee as jy sukkel nie.
# kwaad word as jy teleurgestel word nie.
# ophou wanneer jy verloor het nie.
# ongeduldig raak as jy nie jou sin kry nie.
# bly lê as jy geval het nie.
# persoonlik raak as jy in die rug gesteek word nie.
# sinies raak as liefde nie uitwerk nie.
# oordeel as jy iemand nie ken nie.
# verwyt as iemand 'n fout begaan nie.
# haat as iemand jou seermaak nie.
# ophou glo as jou vertroue geskend word nie.
# bang wees as jy alleen is nie.
# twyfel in jouself nie.

WANT ...

jy is baie spesiaal en elke liewe ding wat met jou gebeur
en elke liewe mens wat oor jou pad kom, is vooraf vir jou beplan
om jou sterker, wyser en slimmer te maak en jou diepte en karakter te gee.

Geniet jou lewensreis ...

ONTHOU ...

Hoop maak die reis moontlik.
Geloof maak dit makliker
en liefde maak dit onvergeetlik mooi.

[Dankie aan Francois Crauwcamp wat hierdie mooi gedagtes met ons gedeel het.]

Saturday 25 May 2019

Die verfgogga het die dames gebyt ...

HELP!!!

Ons is op soek na lapverf, patrone wat afgetrek kan word, ongebleikte linne en verfkwaste wat u dalk kan afstaan vir die dames by die Tamar Shelter.

Kontak Christelle
060 882 9291

DIE "BUMPERSTICKER"-PROJEK

NG Kerk Upington-Oos het die "bumper sticker"-projek begin.

Baie van ons het moed en hoop verloor. Ons versuim selfs om vir ons mooi land te bid. Vir dié rede is die “bumper sticker”-projek geloots. Ons wil gelowige mense herinner dat God met ons is, saam met ons is en ook deur ons is – dat ons hoop leef! – DIS GRATIS!

Om die “sticker” op jou motor te plak is ’n belydenis dat jy weier om hoop te verloor. Dit is ook om hoop te gee vir die moeë en vuisvoos persoon wat agter jou stop, dit raaklees en besef dat daar hoop vir hom of haar in Christus is.

Deur die“sticker” op jou motor, motiveer ons mekaar tot gebed. MOET NOOIT OPHOU BID NIE!

KRY JOU “STICKER” BY MAANS (karwag) NA DIE DIENS.

Let go ...

Friday 24 May 2019

Baie geluk met u verjaardag!!


26 Mei 2019
Sarel Bean 082 454 6374
Danika Vermeulen

27 Mei
Rita Terblanche 083 264 2588
Pieter van Heerden 082 920 1748

28 Mei
Charlene Laus 072 437 0672

29 Mei
Enid Botha 082 962 9818
Cara Dreyer 071 148 0311
Jeandre Knoetze
Chantelle Marais
Valery Share 072 372 4451
Jan Swanepoel 076 193 7934

30 Mei
Tobie Wiese 082 826 5724

31 Mei
Albert de Kock 083 257 3751
Alwyn Henning

01 Junie
Adriaan Visser 066 223 8658
Marthie Coetzee
Enrique Grové
Rodney Meas

Koffiehuiskonsert!

31 Mei 2019 om 19:00

HIER KOM ‘N DING!!!!

Barmhartigheidsdiensgroep beplan 'n koffiehuiskonsert en het almal se insette nodig om 'n sukses daarvan te maak.

As jy 'n grappie kan vertel, sing, dans, ens., kom gee jou naam by die kerkkantoor op. Dit gaan 'n lekker kuieraand vol lag en pret wees vir die hele gesin.

Fondse gaan vir die barmhartigheidsdiensgroep en kospakkies.

VERVERSINGS SAL TE KOOP WEES.

KONTAK HENRY WEIDEMAN (073 470 5590)

Kaartjies is op die grasperk na die erediens beskikbaar of gedurende die week by die kerkkantoor!

VOLW: R10 EN KINDERS: R5

Sien jou daar!!!

Thursday 23 May 2019

Ons e-posadres verander!!













E-POS: ngdutoitspan@gmail.com
Kontak ons gerus en onthou om die nuwe adres te gebruik!

I had no shoes ...

Wednesday 22 May 2019

Tuesday 21 May 2019

Be kind ...

Monday 20 May 2019

Ek glo ...

Sunday 19 May 2019

Die Bybel nie 'n slaappil nie ...

Gaan lees gerus hierdie treffende artikel op Media24 se webwerf. 'n Stukkie om aan te herkou en te oordink, so tussen al die slegte nuus deur.

Saturday 18 May 2019

Friday 17 May 2019

Thursday 16 May 2019

Wednesday 15 May 2019

Tuesday 14 May 2019

Sunday 12 May 2019

Saturday 11 May 2019

Pretdag: Die jeug se bydrae ...

Jongmense maak altyd hordes planne vir 'n naweek en hulp aan ouers of aan die kerk is bitter selde deel van daardie planne. Een van die jong Dutoitspanners, val egter nie in daardie kategorie nie en het hy hom sommer vroeg Saterdagoggend kom aanmeld vir werk. Hy is vinnig gekanaliseer na die koeldrankkaravaan en daar is mildelik van sy verkoopsvaardighede gebruik gemaak. Elke paar hande was meer as welkom en daarom 'n "high five" vir Willem van Lingen wat met entoesiasme gewerk het.

Willem, jy het 'n jaar om jou jong kerkgenote te inspireer om ook deel te wees van die pretdag! Viva, die jeug!

Van 'n ouer aan 'n kind ...


Ek het jou die lewe gegee, maar ...
ek kan dit nie vir jou lewe nie.
Ek kan jou dinge leer, maar ...
ek kan jou dit nie maak leer nie.
Ek kan jou probeer rigting gee, maar ...
ek is nie altyd daar om jou te lei nie.
Ek kan jou vryheid toelaat, maar ...
ek kan nie vir dit verantwoording doen nie.
Ek kan jou kerk toe neem, maar ...
ek kan jou nie maak glo nie.
Ek kan vir jou mooi klere koop, maar ...
ek kan jou nie van binne mooi maak nie.
Ek kan jou raad gee, maar ...
ek kan dit nie namens jou aanvaar nie.
Ek kan jou liefde gee, maar ...
ek kan dit nie op jou afdwing nie.
Ek kan jou leer om mededeelsaam te wees ...
ek kan jou nie onselfsugtig maak nie.
Ek kan jou leer om respek te hê, maar ...
ek kan jou nie dwing om eer te bewys nie.
Ek kan jou raad gee oor jou vriende, maar ...
ek kan hulle nie vir jou kies nie.
Ek kan jou leer omtrent seks, maar ...
ek kan jou nie rein hou nie.
Ek kan jou die feite van die lewe vertel maar ...
ek kan nie jou reputasie behou nie.
Ek kan jou vertel van drank, maar ...
ek kan nie namens jou nee sê nie.
Ek kan jou waarsku oor dwelms, maar ...
ek kan nie verhoed dat jy dit gebruik nie.
Ek kan jou vertel van hoë prestasies, maar ...
ek kan hulle nie vir jou bereik nie.
Ek kan jou vertel van goedheid, maar ...
ek kan jou nie forseer om genadig te wees
Ek kan jou waarsku omtrent sonde, maar ...
ek kan nie jou standaarde stel nie.
Ek het jou lief as my kind, maar ...
ek kan jou nie God se kind maak nie.
Ek kan jou leer van Jesus, maar ...
ek kan nie Jesus jou koning maak nie.
Ek kan jou leer van die lewe, maar ...
ek kan jou nie die Ewige Lewe gee nie. 

Liefde Mamma

Friday 10 May 2019

Thursday 9 May 2019

Wednesday 8 May 2019

Monday 6 May 2019

'n Koffiehuiskonsert in die pyplyn ...

Moenie enige ander afsprake maak vir Vrydagaand, 31 Mei 2019 nie.

Jou plek is reeds bespreek in die voorste ry van Dutoitspan se koffiehuiskonsert, waar treffende kwinkslae kwellinge kort knip!



Terugvoer van die koffiekaravaan se kant af ...


Dis heerlik om positiewe terugvoer te kry en ons plaas dit graag soos dit inkom. Hierdie koffiestalletjie is 'n gereelde gesig by markte en basaars. Saterdag het hierdie entrepreneur egter die beste in die afgelope drie jaar gedoen.

Koffiekapitaal se Chris: "Hi, daar! Baie baie dankie dat ons vandag kon deel wees van julle event. Dit was great gewees!! "

Chris, die man agter elke koppie koffie!

Die Here is jou bewaarder ...


Sunday 5 May 2019

Ek en Noag stoei baie met mekaar die afgelope tyd, Here ...

Wanneer ek so deur my werk stap, dan wonder ek oor Noag. 

 Sy storm het effens anders gelyk as die storms wat ek elke dag sien. Sy storm was wind en reën en vloede. Sy storm het gedreig om almal te verdrink. Almal kon sy storm sien.

Die storms wat ek elke dag sien lyk anders, Here. Dit kruip weg in mense se harte en huise, waar amper niemand dit kan sien nie. Dit is 'n mamma wat huil oor haar kind. 'n Huwelik wat net nie meer wil werk nie. Oë wat donker geword het, want depressie het al U Lig gesteel. Dit is bangwees vir finansies wat nie meer wil klop nie. Dit is kwaadwees vir hulle wat ons seergemaak het. Die storms wat ons elke dag ervaar, lyk anders as Noag s'n Here. Sy storm het gereën en gehael en gewaai. Ons storms kruip diep binne-in ons weg. Dit maak dat ons nie meer deel voel van die lewe om ons nie. Dit maak ons alleen. Dit maak dat ons oë nie meer saam met ons mond wil glimlag nie. Dit maak dat ons party dae sukkel om aan te gaan. 

Ons storm is anders as Noag s'n. Maar U is nog dieselfde, né Here? U liefde is die Ark waarnatoe ons kan hardloop as die reën begin val. U liefde hou ons veilig wanneer dit voel asof alles om en in ons uitmekaar val.

U liefde sê: "Kom na My toe, as jou storm te groot raak. Kom na My toe as die alleenwees en hartseer jou wil oorweldig. Ek is die Ark wat jou veilig hou. Ek is die Ark wat jou toevou en dra teen die stormwinde wat jou wil omwaai. Kom kruip weg hier by my . . . hier in My. Ek wil jou rus gee."

Ek sukkel om soos Noag te glo, Here. Ek sukkel partydae om U Ark raak te sien en daarin weg te kruip. U weet dit, né Here? U weet van my alleen-baklei teen dit wat my bangmaak. U weet van al die kere wat U so ver voel. Dankie dat U my op daardie dae kom haal, my optel en dra na U Ark toe. Dankie dat U my op daardie dae, wanneer ek koud en natgereën is, bring na die warmte van U liefde. 

Dankie vir die deernis waarmee U my versorg en sterk maak. 

 Dankie ...

Saturday 4 May 2019

Dutoitspan se pretdag sluit op 'n hoë noot af!


Hierdie was 'n eerste vir die jeug, maar beslis nie die laaste nie. Dankie vir elke ondersteuner, entrepreneur en werker, selfs buite die gemeentegrense, wat betrokke was. Sonder elkeen se noot in die psalm, sou sommiges die verkeerde wysie gesing het en ander die noot laer gesing het ...

Maar op 'n heel ernstige noot, kan moeë, maar gelukkige Dutoitspanners vanaand met 'n lied in die hart gaan inkruip, nadat weke se werk agter die skerms, vandag dividente opgelewer het.

Pretdagfoto's: 'n Vinnige voëlvlug ...