Showing posts with label Hetta Hager. Show all posts
Showing posts with label Hetta Hager. Show all posts

Tuesday, 6 August 2024

Griekwa-Afrikaans: Die verhaal van Daniël vertel deur 'n laerskoolkind

Die koning wil gehet het Daniël-goed moet elke tyd saam hom by die otel gan eet. Maar Danie en sy tsommies het voor die koning se man skaap verskyn om hulle se probleme uit te strek.

"Ons vra met die woord assemblief: verlos ons dat ons net groente en suurstof eet."

"Vleis is sonder sonde," sê die maan skaap.

"Vleis verwoes mens," sê Danie en sy vrienne.

"En was as die koning hoor? Netnou sê die koning dis ek wat vir julle opgesteek het."

"Maar gee ons net 'n traaimaand."

Na tien jaar word hulle ondersoek toegedien. Daniël-goed is oulik vet. Hulle was blink.

Die anderse is gevergaan. In 'n sekere mate.

Daniël-goed het gewen met die waargoedgeid.

Daar was 'n goue beeld van klui en uitsters. Toe sê die koning as daar 'n masiek speel, moet hulle neerval. Toe faal die drie nie. Die koning mak die oond vir sewe dae warm. Die engel wat hulle ingegooi het, het ook aangebrand.

Toe loop hulle gris in die vier rond.

Koning Belsasar was van yster, goud en plank. Sy hele mense het by hom kom geëet. Hy gooi wyn.

Die hand het tin die mier verdwyn en geskryfwe. Die koning se kienie kop het teen maakaar slaan waat hy die hand sien gebeer. Hyt geskrook is beewi rag. Toe sê die koning daai ene wat sê wat pitekent dit, kry purper klere van goud.

Daniël het die vers kom gelees. Hy sê dit beteken: "Koning, koning takel jy sal nie bly leev nie."

Daniël het afgedank vir die klere. 

[Bron: Afrikaanse Kloekgoed, Hetta Hager: "Die boekie is 'n weerspieëling van ons pragtige Griekwa-Afrikaans in sy eenvoudigste en ongekunsteldste vorm soos net 'n kind dit kan praat."

Klik HIER en HIER om meer van die bekende skrywer te wete te kom.]

Tuesday, 21 May 2024

Griekwa-Afrikaans: Daniël in die leeukuil

Darius was die koning van die leeukuil.

Die koning was so dros op Daniël, hy wil hom salf as eerste minister. Die koning het mense gehet wat by hom jop. Daai mense het gejaloers op Daniël. Hulle het vir Danie met die koning aanmekaar gesteek. Al het Daniël nooit vergeert gedoen nie. Al ding hyt elke dag op sy knieë gevas. 

Die mense sê vir die koning: "Mak 'n wetenskap laat elkeen van omtrent dertig dae oud moet net vir die koning bid. Dieëen wat nie wil nie, word vir die leeukuil gevoer."

Maat Daniël het oop gorduin bly gebut in sy boste kamer. Elke tyd het hulle hom gekry but. Die mense sê die koning moet nou voetstappe neem teen Daniël. Hulle gee die koning baie probleme. Hulle is vir die koning 'n kopseer. Die koningin se kop is ook seer.

Toe sê die koning: "Dan moet Daniël maar in gaan gegooi word."

Smeek-smeek gooi hy vir Daniël in die leeugat. Hy het met droewagestem gegroet. Daniël het heelnag in die leeukeel gesit. Die leeu was daai nag nie lekker gewees nie. Hulle het vir Daniël nie gebyt nie of eersie gehap. Die klein leeu ook. Die volene môre roep die koning hartseerlik met 'n vuin stemmetjie. Maar Daniël het nis gemukeer nie. Die leeus het hom nis gebuit nie.

Die koning het uitgevind die mense lieg vir my. Toe het die koning die anersegekom ingooi. Met hulle pae en mae en kundurs is hulle kom ingesmyt. Die leeukuil eet hulle met bene en al. 

[Bron: Afrikaanse Kloekgoed, Hetta Hager: "Die boekie is 'n weerspieëling van ons pragtige Griekwa-Afrikaans in sy eenvoudigste en ongekunsteldste vorm soos net 'n kind dit kan praat."

Klik HIER en HIER om meer van die bekende skrywer te wete te kom.]

Saturday, 8 September 2018

'n Kop vol stories ...

As jong kind het Engela van Rooyen reeds geskryf en as student verskyn haar eerste kortverhaal, Die gemmerpoeding, in 1958 in Die Huisgenoot. Dus die Engela van Rooyen wat vir 6 maande in Dutoitspan-gemeente gebly het Nov. 1960 - Mei 1961), was 'n skrywer. 'n Hartlike mense-mens wat duidelik baie balle in die lug kon hou.

Van Rooyen is ‘n veelsydige skrywer met talle boeke vir oud en jonk wat uit haar pen verskyn het. Een van haar gewildste boeke is sonder twyfel Vuur op die horison, ‘n meesleurende intrigeroman wat afspeel in die tyd van die Suid-Afrikaanse oorlog. Van Rooyen het ook onder drie skuilname geskryf: Engela Linde, Louisa du Toit en Barend Bornman. Laasgenoemde is gebore uit ‘n behoefte aan ‘n meer manlike persona nadat ‘n effens meer robuuste verhaal deur Van Rooyen in ‘n tydskrif geplaas is. Tydens die gesprek het sy verduidelik dat daar dikwels meer as een van haar verhale in ‘n tydsrkif verskyn het, dié dat sy soms ander name moes gebruik – om te verhoed dat die leser besef Engela van Rooyen is verantwoordelik vir albei. 

Tydens die US Woordfees in 2014 is daar gesels oor gunstelingaspekte van
Van Rooyen se werk, met haar landelikheid, unieke omgang met woorde en vurige vermoëns as dit by unieke verhale skryf kom as die hoof besprekingspunte. Die skrywer het groot lof vir haar medewerkers oor die jare en het beklemtoon dat haar uitgewers, redakteurs en redigeerders ‘n groter rol speel as wat dikwels erken word: “Jy sit op 'n eilandjie en dan op n dag hoor jy die geplas van roeispane tot jou redding.” [Van hierdie inligting is by NB Bookslive gaan leen.]

Engela het o.a. vir vyf jaar by die ATKV se skryfskool op die Potchefstroomse Universiteit gehelp.

Een van Engela se susters, Hetta Hager, was ook 'n skryfster. Hetta het dit as haar lewenstaak gesien om Griekwa-woorde en -uitdrukkinge neer te skryf, wat sy ook in boekvorm uitgegee het. Sy het dit met dr. Anton Prinsloo gedeel wat dit o.a. opgeneem het in die boek Annerlike Afrikaans.

Gaan lees gerus die besondere berig oor hierdie
skrywer en dialektoloog.

'




















Enkele tweets van Helené Prinsloo tydens die leesfees in Stellenbosch:

*Haar karakters was haar sekuriteit. "As die lewe onherbergsaam geword het het ek na hulle gevlug," sê Van Rooyen

*Ek was jonk en sterk en ek kon baie dinge doen, sê VR. Het soms selfs 2 verhale in 3 weke geskryf om rekeninge te betaal

*Skryf is nie maklik nie maar dit was vir haar n beroep (as predikantsvrou) en daarom het sy voortgedu sê Van Rooyen

Haar ouers was bobaasvertellers. "Ek het kaas en room gemaak van dit wat hulle kwytgeraak het," sê Van Rooyen

"Daar sal altyd n innerlike stilte wees in n boorling van daardie wereld, dit word jou anker in hierdie rumoerige omgewing"

*Van Rooyen oor uitgewers, redakteurs:"Jy sit op n eilandjie en dan op n dag hoor jy die geplas van roeispane tot jou redding"

*Sy het tien jaar aan Vuur op die horison gewerk. Stem saam met Engelse, "working hard is hardly working."

*Engela van Rooyen sê inspirasie is n werkwonder, pak jou eers as jy besig is om te werk