Showing posts with label Ouers. Show all posts
Showing posts with label Ouers. Show all posts

Thursday, 28 May 2026

Dink hieroor: Wees 'n betrokke ouer

Om deel van jou kinders se herinneringe van môre te wees,
moet jy vandag in hulle lewens teenwoordig wees!

Sunday, 4 May 2025

Vir ouers en jeugleiers

Geloof kry nie net op Sondae in die kerk vorm nie, maar wel in die klein, daaglikse oomblikke van die gesinslewe.

Kategesetyd is beperk, daarom is dit belangrik om geloofvorming tuis aan te moedig. Jou kind se geloof is elke ouer se plig en verantwoordelikheid.

Hier is tien wenke vir ouers en jeugleiers vir eenvoudige, praktiese gewoontes wat deelgemaak kan word van elkeen se daaglikse gesinsroetines:
* Eet saam aan tafel en sit selfone af.
* Gebruik die erediens as ’n oefenplek vir gesinsgesprekke.
* Vier spesiale oomblikke of roetemerkers in julle gesin se lewe saam.
* Fokus op een gesinsgewoonte wat geloofsgroei bevorder.
* Luister na worship musiek en sing saam.
* Gebruik gewone huishoudelike items vir geloofsgesprekke.
* Motorrit-gesprekke is ’n natuurlike, gemaklike spasie vir geloofsgeselsies.
* Laai die dinkjeug familie app af.
* Gebruik geestelike speletjies om geloofsgesprekke te verdiep.
* Skep geleenthede in die gemeente vir gesinne om hierdie gewoontes in te oefen.

Kom ons oefen om huisgeloof ’n natuurlike, lewende deel van ons daaglikse gesinslewe te maak.

[Klik HIER vir meer detail oor die 10 wenke.]

Thursday, 17 August 2023

Vereistes vir 'n goeie verhouding met my kind

Gevoel/liefde
Ek is lief vir my kind, net soos hy is, want God het hom net aan my geleen. Ek laat my kind toe in my persoonlike ruimte en koester gereeld my kind geestelik en liggaamlik. 

Respek
Ek respekteer my kind se liggaam, persoonlikheid, persoonlike ruimte, gevoelens en siening.

Eerlikheid
Praat altyd die waarheid. Ek is eerlik met my eie gevoelens en optredes.

Vertroue
Wees betroubaar. Glo in jou kind. Ek vertrou my kind met vriende, werk en optredes ... Dit is die boodskap wat jou kind van jou as ouer af kry.

Gelykmatige temperament (emosionele stabiliteit)
Jou kind moet weet en kan aanvoel dat jy in beheer is van jou eie lewe en emosies. Dink voor jy iets sê of optree (vermy impulsiwiteit). Leer jou kind om nie sy emosies te onderdruk nie, maar daaroor te praat en 'n plan te beraam.

Sin vir humor
Leer jou kind om te lag vir dit wat regtig snaaks is in die lewe. Leer hom om dit raak te sien, te ervaar, te geniet en te kan deel.

Kommunikasie
Praat ... gesels.Leer jou kind om nie op te krop nie, maar om te praat. Skep ruimte, tyd en plek in jou huis om met jou kind te praat, te lag en te huil.

Stel belang in sy doen en late
Deel sy belangstellings en moedig dit aan. Stel belang in sy vriende, sy skool en sy onderwysers. Stel belang in sy toekomsvisie en drome.

Totoale toewyding
Wees lief vir jou kind soos vir jouself,met jou hele siel, krag en verstand. Kom jou doopbelofte na, nl. om deur jou daaglikse optrede en lewenswandel jou kind na God te lei. 

[Dankie, Karen Botha]

Wednesday, 16 August 2023

'n Kleinmensie-kyk

Dis net altyd die grootmense wat oor waardes en die belangrikheid van die gesin gesels. kom ons hoor vir 'n verandering wat 'n kind sou of wou sê:

Mamma, Pappa, moenie sê ek is ...
  • 'n Kampioen - want dan moet ek altyd wen
  • 'n Wenner - want dan is daar altyd 'n verloorder
  • 'n Koning - want dan beteken dit ander is my onderdane
  • 'n Stouterd - want hoe anders kan ek julle aandag kry 
Mamma, Pappa sê liewers ek is ...
  • 'n Koningskind - want dan ken ek Jesus
  • 'n Kosbaarheid - want dan weet ek julle is lief vir my
  • 'n Staatmaker - want dan weet ek, ek doen my bes
  • 'n Klitsie -want dan weet ek julle geniet my grappe
Mamma, Pappa sê liewers ...
  • Julle is lief vir mekaar
  • Julle is lief vir ons - ek, kleinboet en kleinsus
  • Julle sal net so hard werk om ons gesin gelukkig te hou as vir die baas op kantoor
  • Julle sal altyd bly praat oor alles wat saak maak
Voorspoed, sukses, roem, 'n loopbaan of rykdom is kleingeld vir 'n kind. Dis gesinsgeluk, geloof wat tel, wat rente in Ewigheidswaarde vir hom of haar omsit.

Kom ons grootmense probeer dit onthou.