Monday 31 July 2023

Sunday 30 July 2023

108 000 e-besoeke




Basaar 2023: 'n DANKIE uit die hart!


Dankie aan almal wat bydraes gelewer het, almal wat só hard agter die skerms gewerk het, elkeen wat sy deel gedoen het, die harde werk wat Saterdag gedoen is en almal wat die dankfees ondersteun het. Ons waardeer dit baie. 
Klik HIER vir foto's.

Saturday 29 July 2023

Baie geluk, Liané!!




Foto's: Ds. Ensie Enslin

Friday 28 July 2023

Basaar: 29 Julie 2023 - sien jou daar!


Kom geniet Saterdag, 29 Julie, saam met jou bure, vriende en familie. Ons kuier in, om en agter Dutoitspan Kerksaal! Kom koop heerlike braaivleis en gee jouself Saterdagaand af! Viva basare!

Wednesday 26 July 2023

Allan Visagie se onderhoud


Helena Barnard het 'n onderhoud met Allan gevoer oor sy omgee vir sy medemens, waar hy vandaan kom en wat sy lewensiening is. Lees gerus die artikel in hierdie week se Noordkaapbulletin op bl.3. 

[Klik op die artikel om dit te vergroot.] 

Dankie, Rina, dat jy hierdie berig met ons lesers deel, veral diegene wat buite die grense van ons land woon en getroue lesers is.
Gaan lees ook sy 67-minute vir Mandela-dag HIER.
'n Rolmodel van hoop kan HIER gelees word.

Monday 24 July 2023

Dankfees: 29 Julie 2023


Kom besoek gerus die beroemde Disneyland teen 'n baie bekostigbare prys. Die wisselkoers is uitstekend en geen paspoorte en toustanery is nodig nie ... 'n Een maal in 'n leeftyd geleentheid vir alle kinders. Een van die vele celebs vir die dag is Mickey Mouse wat spesiaal vir die kinders gaan kom sing en dans - hierdie is die hoogtepunt van 'n baie spesiale kuier!

Gee vroulief die naweek af en kom koop 'n heerlike ete saam met poeding om die gesin te bederf. Bring jou vriende en bure saam. 

Waar: Dutoitspan-gemeente, Dyerplek, Beaconsfiel, Kimberley
Wanneer: Saterdag, 29 Julie 2023

SIEN JOU DAAR!!

Sunday 23 July 2023

Happy Grantparents Day


While we honour our grandparents every day, take an extra moment to appreciate all the joy and wisdom that grandparents bring to our lives.

Friday 21 July 2023

Gebed

Laat my nooit die grond verlaat nie,
laat my in U skadu bly,
Gee dat elke aand se vreugde en vrees,
eind'lik nietig word vir my.

Elke dag is 'n gedagte,
Elke kamer net vir U,
elke aardse droom van rykdom en roem,
net 'n skadu teen die muur.

Elke afdraai paadjie ken ek,
elke keer het ek gedwaal,
elke keer het U my iewers kom haal,
maak dit Heer U laaste maal.

Wat ek is is net genade,
wat ek het is net geleen,
eint'lik smag ek na U waters van rus,
lei my Heer vanaand daarheen.

[Bron: internet - Koos du Plessis]

Dankfees: 29 Julie 2023


29 Julie is om die draai en so ook die kerk se jaarlikse dankfees. Ons benodig jou hulp, betrokkenheid en bydraes, onthou ... daar is selfs 'n tafel vir die wit olifante in jou huis. Kontak gerus die kerkkantoor vir verdere inligting by 053 842 1100.

Donasies kan gedurende kantoorure afgegee word by die kerkkantoor.

Tuesday 18 July 2023

Sally Aucamp se 67-minute


Ds. Ensie en Allan
Sally Aucamp se 67-minute vir Madibadag-projek is geskoei op Nelson Mandela se woorde: “Wanneer ons ons lig laat skyn, laat ons ander onbewustelik toe om dieselfde te doen.“

Allan Visagie, een van die inwoners, het hierdie projek gereël. Die doel van vandag se uitreik was om die omstandighede gemakliker te maak vir hulle wat vandag by Beaconsfield se kliniek gestaan en wag het om gehelp te word. Die koue vaal wintersdag het dadelik van kleur verander toe heerlike warm sop en toebroodjies aan die wagtendes uitgedeel is. Daar was baie honger magies wat reeds van vroeg af in die ry gestaan het. Almal het genoeg gehad en daar was nog oor. Dit laat 'n mens onwillekeurig dink aan die Bybelse vissies en broodjies
Endry Strauss en Pulla
Leburu saam met
Allan.
wat aan die skare uitgedeel is en toe almal genoeg geëet het, het die dissipels nog twaalf mandjies vol kos opgetel wat oorgebly het.

Ons roeping as rentmeesters is om te dien en om 'n verskil in mense se lewens te maak. Mense wat 'n entoesiastiese en energieke Allan gehelp het om vandag die lig in ander se lewens te wees, was Rina, ds. Ensie, Endry, Pulla en Daphne. Ds. Ensie het 'n relevante boodskap van bemoediging gebring. 

Sally Aucamp se hartsprojek en omgeeprojek was geseënd. Die hand van ons Hemelse Vader was so duidelik sigbaar met hierdie uitreik en daarom weet ons dat die saad wat vandag by Beaconsfield Kliniek gesaai is, vrugte sal dra.

'n Groot dankie aan elkeen wat vandag tyd en bereidwilligheid vir hierdie saak gegee het.

Foto's: Rina Groenewald
'n Vrywillige werker by Sally Aucamp.



Allan is 'n uitreiker en 'n rolmodel. Lees die artikel HIER.

Friday 14 July 2023

Dankfees: 29 Julie 2023


29 Julie is om die draai en so ook die kerk se jaarlikse dankfees. Ons benodig jou hulp, betrokkenheid en bydraes, onthou ... daar is selfs 'n tafel vir die wit olifante in jou huis. Kontak gerus die kerkkantoor vir verdere inligting by 053 842 1100.

Donasies kan gedurende kantoorure afgegee word by die kerkkantoor.

Friday 7 July 2023

Basaar: 29 Julie 2023 - raak betrokke!


29 Julie is om die draai en so ook die kerk se jaarlikse dankfees. Ons benodig jou hulp, betrokkenheid en bydraes, onthou ... daar is selfs 'n tafel vir die wit olifante in jou huis. Kontak gerus die kerkkantoor vir verdere inligting by 053 842 1100.

Donasies kan gedurende kantoorure afgegee word by die kerkkantoor.

Thursday 6 July 2023

Dankie, Meester!

Al het ons seer, dis GOD se wil.
Al probeer ons keer, dis 'n bitter pil.
Al voel ons rou, GOD sal besluit.
Al's wat gebeur, GOD het SY tyd

Op die Donderdag is daar seer.
O GOD, net U kan die pyn keer.
Laat U wil geskied soos dit moet.
Daal U genesing neer, so soet.

Selfsug, hebsug en nydigheid,
sal U my HEER, die satan stuit.
Ons is kragteloos sonder U.
Ek loof U in tye soos dié.

Plaas U warm hand op die koue hart.
Verwyder HERE hierdie smart.
Maak ons nuttig in U Woord, sterk
dat ons vandag vir U sal werk.

Dankie vir U reiniging vandag.
Laat ons HERE gaan van krag na krag.
Hierdie dag aan U toewy.
En net liefde en geluk kan kry.

AMEN

[Dankie, Anoniem, dat jy hierdie gebed met ons deel.]

Tuesday 4 July 2023

150 genadejare: Feeskomitee - Toe en nou

 

Redaksie van die eeufeesboek 1972
Dagbestuur 2022