Thursday 6 July 2023

Dankie, Meester!

Al het ons seer, dis GOD se wil.
Al probeer ons keer, dis 'n bitter pil.
Al voel ons rou, GOD sal besluit.
Al's wat gebeur, GOD het SY tyd

Op die Donderdag is daar seer.
O GOD, net U kan die pyn keer.
Laat U wil geskied soos dit moet.
Daal U genesing neer, so soet.

Selfsug, hebsug en nydigheid,
sal U my HEER, die satan stuit.
Ons is kragteloos sonder U.
Ek loof U in tye soos dié.

Plaas U warm hand op die koue hart.
Verwyder HERE hierdie smart.
Maak ons nuttig in U Woord, sterk
dat ons vandag vir U sal werk.

Dankie vir U reiniging vandag.
Laat ons HERE gaan van krag na krag.
Hierdie dag aan U toewy.
En net liefde en geluk kan kry.

AMEN

[Dankie, Anoniem, dat jy hierdie gebed met ons deel.]