Showing posts with label Toekoms. Show all posts
Showing posts with label Toekoms. Show all posts

Friday, 10 July 2026

Die 10 gebooie wat 'n mens in jou lewe behoort te volg.

1) 'n Gebed is nie soos 'n "spaarwiel" wat 'n mens slegs gebruik wanneer jy in die moeilikheid is nie; dit is jou "stuurwiel" wat jou deur jou lewe in die rigting op die regte pad stuur.

2) Het jy al gedink hoekom het 'n voertuig so groot WINDSKERM en slegs 'n klein truspieël? Omdat jou VERLEDE nie so belangrik is as jou TOEKOMS nie. So, kyk vorentoe en beweeg aan.

3) Vriendskap is soos 'n BOEK. Dit neem 'n paar sekondes om 'n boek te verbrand, maar dit neem jare om dit te skryf.

4) Alle dinge in die lewe is TYDELIK. Wanneer dit goed gaan, geniet dit. Dit gaan nie vir ewig aanhou nie. Wanneer dit sleg gaan, moenie bekommer wees nie.

5) Ou vriende is soos GOUD! Nuwe vriende is diamante! Wanneer jy 'n diamant kry, moenie die goud vergeet nie! Diamante het altyd goud nodig om te set.

6) Soms wanneer 'n mens hoop verloor dink jy dit is die einde, GOD glimlag dan daar Bo en sê: "Kalmeer, my geliefde, dis slegs 'n draai in die pad en nie die einde van die pad nie!"

7) Wanneer GOD jou probleme oplos, het jy geloof in sy bekwame vermoë; wanneer GOD nie jou probleme oplos nie, het HY vertroue in jou bekwaamheid.

8) 'n Blinde vra op 'n dag vir Paulus: "Is daar iets erger as om jou sig te verloor?"
Paulus antwoord: "Ja, om jou visie in die lewe te verloor."

9) Wanneer jy vir ander bid, luister GOD na jou en seën hulle! Soms wanneer jy veilig en gelukkig is, onthou dat iemand anders vir jou gebid het.

10) Bekommernisse neem nie die moeilikhede van môre weg nie; dit neem die vrede van vandag weg.

Monday, 13 October 2025

Gebed: Die verlede is vergewe en die toekoms nuut

Almagtige God en Hemelse Vader, Here, dankie dat Die Woord 'n deel vorm van wie ons werklik is in Jesus Christus. Dankie dat die heel beste raad nog ooit daarin is. Dankie dat Jesus nader is as enige familielid en dankie vir die hegte verhouding wat ons almal met Jesus kan hê. Here, ons harte breek wanneer ons, ons indink hoe seer ons U al gemaak het. Dankie, dat ons weet, Here, alles is deel van die verlede en U het ons nuut geskape. Dankie, Here, U vergeet wat agter is en strek U uit na wat voor is. Here, rus ons toe met die wete dat ons sal vergeet van ons verlede en sal uitstrek na 'n nuwe lewe in Jesus Christus se Wonderbare Naam word hierdie gebid. Amen.

Sunday, 27 April 2025

Gebed op Vryheidsdag

In die woorde van Vonkk 272:

Heer, ons bid as reënboognasie:
Op u almag vas vertrouend
wil ons saam ‘n toekoms bou.
In geloof ons land en mense
in u hande toevertrou.

Friday, 7 March 2025

Hoop vir die toekoms vanuit die Bybel

Weet jy nie wat aangaan nie? Lees gerus die boek Job. Die oue word vervang met 'n beter nuwe, net as ons as mense, in die geloof aan God vasklou. 

1 Kor 12: ons het almal verskillende gawes. 
1 Kor 13: aan die einde bly net geloof, hoop en liefde oor. Maar die belangrikste is die liefde.

Geld laat miskien die wêreld draai. Maar liefde maak die draai baie makliker.

Sunday, 29 September 2024

Daarom sal ek bly hoop!

As ek vandag iets kon uitdeel,
sou ek vir almal hoop wou gee.
Hoop om vandag deur te kan gaan en
hoop om môre aan te kan gaan en
so ook die res van die week.
Jy kan nie hoop uit jou sak haal
en daarna kyk nie ...
tog verander hoop alles.
Hoop sluit die toekoms oop,
dit maak dat jy nie net opstaan
en gaan slaap nie.
Dit gee sin aan jou bestaan en
hoop laat jou vorentoe kyk.
Want al is ons omstandighede hóé donker,
is daar altyd nog 'n greintjie hoop -
iets om aan vas te hou.
Niks is ooit hopeloos nie.
Daarom sal ek bly hoop!

Tuesday, 27 August 2024

'n Ewige tuiste ...

Ons God, ons hulp deur die eeue heen,
Ons hoop vir heel die toekoms,
Ons beskutting as die storms kreun,
'n Ewige tuiste vir ons.
- Isaac Watts -

Thursday, 25 July 2024

Omdat genade ons OORMAAK

Genade is 'n reusewoord. Amper te groot om te verstaan.

Genade is iets wat eenvoudig gegee word. Genade neem die onbruikbare stukkies van ons laslappielewe en werk dit, nog voor ons vra, aanmekaar in pragtige heelwees-prentjies. 

Genade neem die hart wat deur die modder gesleep is, hemelse wassery toe en hang dit weer - silwerskoon en netjies gestryk - op die hanger van die lewe. 

Genade maak moedeloses weer mense van HOOP, verander bitterheid in VERGIFNIS en herskep verlorenes in EWIGHEIDSKINDERS.

Deur genade word 'n troostelose toekoms omskep in 'n lewe wat uitsien na môre.

Goddelike genade stel nie voorwaardes nie.

(Aangestuur deur Rosetta Venter) 

Sunday, 18 February 2024

... maar nie jy nie

Jim Rhon het gesê: “Laat ander klein lewens leef, maar nie jy nie.
Laat ander oor klein goedjies stry, maar nie jy nie.
Laat ander hulle toekoms in iemand anders se hande plaas, maar nie jy nie.”

Dit gaan meer as ooit nodig wees, om die Lig wat die Woord ons gee, te gebruik op die pad wat effe duister voor ons uitstrek. “The presence of the problem doesn’t mean the absence of God.”

Tuesday, 6 July 2021

Hoop

 


Wednesday, 9 December 2020

Tuesday, 21 January 2020