Showing posts with label Positief. Show all posts
Showing posts with label Positief. Show all posts

Tuesday, 30 June 2026

Mandjie Hoop: Efesiers 2:10

Die LEWE is jou VERFDOEK
GELOOF jou KWAS
GOD se WOORD
Jou INSPIRASIE
en JY is GOD se 
MEESTERSTUK

Tuesday, 16 June 2026

Mandjie Hoop: ‘n Oproep om God te prys

'n PSALM.
By die lofoffer.
Juig voor die Here, o ganse aarde!
Dien die Here met blydskap;
kom voor sy aangesig met gejubel.
Erken dat die Here God is:
Hy het ons gemaak, en ons is syne,
sy volk en die skape van sy weide.
Gaan sy poorte in met lof,
sy voorhowe met lofgesang;
loof Hom, prys sy Naam.
Want die Here is goed;
sy goedertierenheid is tot in ewigheid,
en sy trou van geslag tot geslag.

Sunday, 31 May 2026

Mossieboodskap: Hoe om positief te bly wanneer die lewe jou druk

Ongeveer 'n jaar terug het 'n lewensafrigter van Oudtshoorn die volgende met sy lesers gedeel. 

Klik HIER om sy raad en lewenslesse deel van jou lewe te maak.

Danie sê: Daar is tye in die lewe wanneer dit voel asof alles teen jou draai. Dinge werk nie uit soos jy beplan het nie, mense stel jou  teleur, finansies druk jou vas, en jy voel emosioneel leeg. Jy staan voor die spieël en wonder: "Hoe hou ek aan? Hoe sê ek met eerlikheid: "Ek is okay?'”

As Life Coach het ek al saam met mense deur baie stormseisoene gewandel. En wat ek oor en oor sien, is dat dit nie die afwesigheid van probleme is wat mense sterk maak nie – dit is hul vermoë om positief te bly ten spyte van die probleme.

* Hier is hoe jy dit ook kan regkry:
1. Erken jou emosies, maar laat dit nie jou identiteit word nie
2. Lig jou kop – selfs al is dit swaar
3. Verander wat jy sê, verander wat jy glo
4. Omring jouself met hoop
5. Herinner jouself: Alles gaan verby
6. Kies elke dag om te sê: ‘Ek is okay’

Die lewe is nie altyd regverdig nie. Maar jy het steeds ‘n keuse: Jy kan opstaan, jou kop lig, en besluit om ‘n ligdraer te wees in jou eie storie.

Ek, weet hoe dit voel om onder te wees. Maar ek weet ook hoe dit voel om op te staan. En as ek dit kan doen, dan kan jy ook. Jy is nie alleen nie – en jy is sterker as wat jy dink. Groete Danie

* Hierdie is net die hoofopskrifte. Die HOE om op te staan sal jy HIER kry.

[Dankie, Anoniem, vir die aanstuur hiervan.]

Thursday, 23 April 2026

Dink hieroor: Positiewe denke kan jou lewe verander

* Positiewe denke kan jou help om geleenthede raak te sien waar ander net struikelblokke sien.
* Deur positief te dink, kan jy jou geestelike en fisiese gesondheid verbeter.
* Positiewe denke kan jou hele perspektief verander.
* Positiewe denke verander jou in 'n ligdraer.

Tuesday, 31 March 2026

Mandjie Hoop: Jou glimlag ...

Trane is ook soos gebede. 
God sien elke traan raak - 
Hy ken jou hart - 
Hy ken jou seer. 
Vertrou God - 
Hy is in beheer -
net Hy alleen kan jou trane afvee 
en jou seer wegvat. 
Vertrou op Hom - 
Hy wil daar vir jou wees - 
Glo in Hom - 
moet nooit twyfel wat God vir jou kan doen nie!
Hy sal die glimlag weer terugsit.

Tuesday, 24 March 2026

Mandjie Hoop: Gesindheid maak 'n reuse verskil

Elke dag vra van jou om:
* besluite te neem, 
* probleme op te los en 
* sterk te wees in moeilike omstandighede.

Dis nooit maklik nie, maar jou gesindheid kan ’n verskil maak! Dis nie jou opvoeding, jou omstandighede, jou gene of jou geld wat jou gaan help nie, maar wel jou gesindheid.

Die volgende gesindheidsoefeninge kan jou help om ’n verskil te maak!
* Vermy negatiewe denke.
* Vermy negatiewe mense.
* Vermy toksiese omgewings.
* Konsentreer op die positiewe.
* Help ander, reik uit en sien die nood rondom jou raak!
* Hou jou gebedslyne oop.

'n Dankbare hart verander jou gesindheid 
en 
die manier waarop jy na dinge rondom jou kyk!

Tuesday, 13 January 2026

Mandjie Hoop: Hoop is 'n genadegawe

Johan Cilliers: "Die Christelike hoop is op geen manier vrug van óns genialiteit of óns godsdienstigheid nie. Ons kan dit nie sélf skep nie. Dis nie bloot die gevolg van die krag van óns sogenaamde positiewe denke nie. Nee, dis ‘n gawe van God wat Hy telkens weer aan ons moet skenk, elke keer weer vars en nuut in elke nuwe situasie van krisis en wanhoop. En die wonder is, Hy doen dit keer op keer!" 

Hoop is dus ‘n genadegawe van God, wat al Sy beloftes getrou in stand hou.

Tuesday, 30 December 2025

Mandjie Hoop: Praktiese wenke om positief te bly

* Begin jou dag met ‘n positiewe gedagte.
* Omring jouself met positiewe mense.
* Oefen gereeld om jou gemoedstoestand te verbeter.
* Hou ‘n dankbaarheidsjoernaal.
* Vermy negatiewe selfpraat.


Friday, 21 November 2025

Jy is gebore om ...

'n seën te wees vir ander!
Dalk besef jy dit nie altyd nie,
Maar jy het iets spesiaal om aan ander te gee.
En daardie iets spesiaal is jouself:
* Jou glimlag ...
* Jou vriendelikheid ...
* Jou aanmoediging ...
* Jou positiewe energie ...
* Jou omgee ...
* Jou begrip ...
* Jou onvoorwaardelike aanvaarding ...
* Jou luistervermoë ...  
Hierdie is seëninge wat elke mens op aarde kan gee ...
Dit kos jou nie 'n sent nie ...
Maar dis goud werd vir ander ...
En vir jouself.
Die gelukkigste mense op aarde,
is mense wat liefde & geluk bring aan ander.

Tuesday, 3 December 2024

Mag jy 'n positiewe dag hê ...

Die lewenspad is soms vol opdraandes,
soms gelyk,
soms taai.
Tree vir tree en
dag vir dag vorder jy hierop.
Partykeer is die pad begaanbaar ander kere verdwaal jy.
Dit voel dalk vir jou of ander mense jou pad vir jou bou.
Dis nie waar nie!
Jy HET 'n keuse!
Vader het immers vir jou verstand gegee.
Jou sleutel tot geluk lê in jou kop.
Begin om reg te dink.
Maak jou gedagtes vol van Vader.
Jou lewenspad loop deur jou kop - altyd.
Daar begin jy elke dag.
Gee jou gedagtes vandag nog vir die Vader!
En elke dag gedagte vir gedagte.
Dan kry jou lewenspad skielik nuwe betekenis
en nuwe rigting!

Sunday, 7 May 2023

Ken jy die antwoord?

*

Wat is die heel beste middel teen spanning en stres, altyd tot almal se beskikking en heeltemal gratis?
Die antwoord is lag.
(Hierdie middel/medikasie is deel van ons DNA - deur ons Maker ingebou - gebruik dit net.]
Die heerlike lag wat diep in ons wese begin, wat ons mond vul met gelag en ons tong met gejubel.
Selfs net ‘n glimlag is genoeg om ons gedagtes ‘n positiewe wending te laat neem.
Dit is ons sin vir humor wat ons die komiese in een of ander situasie laat sien en ons lagspiere prikkel, en hoe nodig het ons dit nie in hierdie wêreld van vandag met al sy uitdagings nie!
Hoe gereeld gebruik ons hierdie middel?
Ons moet egter onthou dat die lewe nie altyd maanskyn en rose is nie.
Dan moet ons nie soek na iets om oor te lag nie, want dit sal beslis nie ons sin vir humor weerspieël nie, maar eerder ‘n gebrek aan liefde en empatie.
Soms is ons geneig om ‘n berg van ‘n molshoop te maak, en dit is hier waar ‘n sin vir humor ons kan red uit ‘n situasie wat na ons mening net te ernstig geraak het.
As geestelike wesens op ‘n pad van lig, sê ons: “Dankie Vader, vir die vermoë om te kan lag!”
Dis die beste raad en boonop is dit verniet!
Deel dit uit, maar gebruik hierdie raad ook so dikwels as moontlik.

[*Gaan lees gerus die stukkie in Mieliestronk.]

Friday, 9 November 2018

Monday, 20 August 2018

Thursday, 19 April 2018