Showing posts with label Samuel. Show all posts
Showing posts with label Samuel. Show all posts

Thursday, 17 July 2025

Dink hieroor: Hoe begin jy jou dag?

Kyk na die Bybelse voorbeelde, put inspirasie hieruit en leef dit daagliks:

● ​​Moses sou sê: "Here, as U nie saam ons vooruit gaan nie, laat ons dan net hier bly."
● ​​Abraham sou sê: "Die Here sal voorsien."​​
● ​​Jakob sou sê: "Ek sal U nie laat gaan, totdat U my geseën het nie"​​
● ​​Josua sou sê: "Ek en my huis, ons sal die Here dien."​​
● ​​Samuel sou sê: "Spreek Here, U dienskneg luister."​​
● ​​Nehemia sou sê: "Die blydskap in die Here is my beskutting."​​
● ​​Dawid sou sê: "Die Here is my Herder, niks sal my ontbreek nie"​​ en "Dit is die dag wat die Here gemaak het, laat ons juig en bly wees."​
● ​​Salomo sou sê: "Vertrou die Here met jou hele hart en leun nie op jou eie insigte nie, in alles wat jy doen maak dit bekend aan die Here en Hy sal jou paaie gelyk maak."​​
● ​​Jesaja sou sê: "Staan op, word verlig want jou lig kom en die heerlikheid van die Here gaan oor jou" en "Geen wapen wat teen jou gesmee word sal iets uitrig nie."​​
● ​​Jeremia sou sê: "Die Here het planne om my voorspoedig te maak en sal my nie teleurstel nie."​​
● ​​Jabes sou sê: "Dat U my sal seën en my grondgebied vermeerder"​​
● ​​Sadrag, Mesag en Abednégo sou sê: "Ons buig voor geen beeld nie, maar ons sal die Here dien"​​
● ​​Esegiël sou sê: "Enige droë bene in my lewe, sal weer lewe"

[Dankie, Anoniem, dat jy hierdie inspirasie met ons deel.]

Wednesday, 16 April 2025

Mossiestilte: 2 Sam. 24:10

Maar Dawid se gewete het hom gekwel nadat hy die volk getel het, en Dawid het aan die Here gesê: Ek het swaar gesondig deur wat ek gedoen het; Here, vergeef dan nou tog die skuld van u kneg, want ek het baie dwaas gehandel.

Hoeveel keer het jy al dwaas gehandel? Seker vele kere. In vandag se lewe hoor ek gereeld ouers of opvoeders sê: Dit maak nie saak hoeveel keer jy verkeerd doen nie, solank jy net daaruit leer.
Dawid het onmiddellik na God gegaan en sy sonde gaan bely. Elke besluit wat ons neem het egter 'n verantwoordelikheid wat daarmee gepaard gaan, en dit kan ook 'n straf insluit. 
Dawid is tesame met sy volk gestraf, maar daarna weer geseën.
Bely jou sondes vandag en kom tot inkeer/bekering. Vat jou straf, maar weet omdat jy na God gegaan het, sal sy straf kom maar ook sy genade vir jou.

Here, ek bely die doelbewuste sondes wat ek as u kind doen of gedoen het. Ek weet U het vir my sondes gesterf en sal my weer optel en U sal my steeds nie verlaat nie. Ek wil altyd by U bly en by U skuil. Daar is ek veilig en U sal my red om vir ewig in u koninkryk by die Vader te bly. U weet alles Here en ek kan niks wegsteek nie. Ek loof U goeie en grote Naam. Amen. 

Thursday, 12 December 2024

Did you notice today's date is 12/12

See what the Bible says about today's date: 

🗝️Genesis 12:12. 
You will not die you will live.

🗝️Exodus 12:12. 
I will execute judgment against your enemies. 

🗝️Deuteronomy 12:12 
You and your households will be joyful in God's presence.

🗝️Joshua 12:12 
You will defeat all your enemies

🗝️1 Samuel 12:12 
A new and a better king will rule in your life.

🗝️2 Samuel 12:12 
The evil plans of your enemies will be made public.

🗝️1 Kings 12:12 
Your favours shall return to you.     

🗝️2 Kings 12:12 
You will build your own house.

 Today is the first day of the rest of your life!!!! 

[Thank you, Rosetta]