Showing posts with label Verjaardag. Show all posts
Showing posts with label Verjaardag. Show all posts

Thursday, 10 October 2024

'n Baie baie baie laat verjaardagwens...


Dominee, nog 'n genadereis om die son is voltooi en daarmee saam het jou wysheid, kennis, leiding en toewyding vir jou gesin en jou werk gegroei. Jou passie en liefde vir Sy Woord is sigbaar en 'n daaglikse inspirasie vir baie. Mag jou nuwe lewensjaar in alle opsigte geseënd wees. Dankie vir al die opheffingswerk ... in Dutoitspan, in Kimberley, maar ook op die vasteland! (Jammer vir hierdie laat wense - die boodskap bly egter dieselfde!) 

Thursday, 23 May 2024

Verjaar op die kerkbasaar


Iemand wat presies geweet het om haar verjaardag reg te kies, is 'n bekende en betrokke gemeentelid, Sarie le Roux (óf het iemand dalk die basaardatum reg gekies?)

Hoe dit ookal sy, dit is 'n uitstekende keuse - jou vriende en familie kan vir jou op heerlike basaarlekkernye trakteer of andersom is net so 'n goeie oplossing.   

Op hierdie geseënde ouderdom is sy nog aktief betrokke by die werksaamhede van die gemeente en help sy ook by die klerewinkel.  Die goeie wense het sommer vroeg-vroeg, voordat die basaar in volle swang was, deel van haar dag geword. Mag hierdie dubbele vreugdedag deel wees van jou lekker herinneringe. Op die foto wens Elsa Minne haar goeie wense toe. Mag hierdie nuwe lewensjaar oorloop van goeie gesondheid, seën en vreugde.

Wednesday, 1 May 2024

Mei-verjaardae

5 Mei - Zonian (Sally Aucamp)
5 Mei - Danie (Sally Aucamp)
9 Mei - Denise (Sally Aucamp)

Friday, 1 March 2024

Maart-verjaardae


5 Maart - Petronella (Sally Aucamp)

23 Maart - Allan (Sally Aucamp)

Sunday, 8 March 2015

Dié pos het my gekies ...

Hoe het ek in hierdie pos beland?
Schalk Pienaar in die kantoor met 'n basaar!!


Ons het in Julie 1958 in Dutoitspan-gemeente ingetrek. Nie lank daarna nie, het ds. Smit na Kaapstad as argivaris na Kaapstad vertrek. Ds. WJ Steenkamp het hom as predikant opgevolg toe hy die beroep na Dutoitspan-gemeente aanvaar het. Hy het van Olifantshoek af gekom. en het sy intreepreek op 5 Februarie 1960 gegee - my verjaardagdatum!!

Die kassier op daardie stadium was mnr. Andries Combrinck. Hy was kassier van 1957 tot 1960. Hy word skielik verplaas en mnr. Saly Beukes neem as kassier oor. Ongelukkig kon hy net 'n paar maande aangaan, tot Junie 1961, toe hy ook verplaas word. Die skriba- en kassierwerk is deeltyds gedoen deur werkende persone, sodat die kerk nie 'n salaris aan die persone hoef te betaal nie. Hulle het slegs 'n honorarium gekry. Dutoitspan was nog nooit 'n ryk gemeente nie en moes in die verlede, net soos nou, sy sente omdraai om al die gate toe te stop.

Ds. Steenkamp het my genader en gevra of ek bereid is om oor te neem as kassier, aangesien ek op daardie stadium die enigste een in die gemeente is, wat 'n boekhouer was. Vir elke verskoning wat ek gemaak het, het hy 'n oplossing gehad. Op die ou end is ek sedert Julie 1961 in die pos aangestel en moes ek myself leer wat aangaan. My salaris was vir baie lank R15,00 (7 Pond 10) 'n maand, maar ek het dié werk met groot liefde gedoen.

Op daardie stadium was mnr. Piet Labuschangné, 'n onderwyser van beroep, die skriba van Augustus 1955. Na sy dood, het ek ook dié werkie gedoen. Tot en met 2011 was ek die skriba-kassier en het saam met verskeie predikante saamgewerk. Elmie Bean het by my oorgeneem as skriba.

As ek vandag terugkyk oor 'n leeftyd van diens, dan besef ek dat alles net genade is. Na 54 jaar is ek nog steeds in diens van die Dutoitspan-kerk.