Thursday 30 April 2020

Tuesday 28 April 2020

Die kerk in die gemeenskap ...

Klik op die prent om beter te kan lees.






 

Dagstukkies vir die jongere geslag ...

30 dagstukkies wat jy op jou eie kan deurwerk. Dankie vir diegene wat hierdie boekie aanlyn beskikbaar gestel het. Die boekie is in OneDrive gestoor. So klik op die skakel en gee kans dat dit oopmaak. Laai dan gerus die boekie af. Klik HIER!!

Beskikbaar: Handreinigers

Daar is 'n ernstige vraag na handreinigers - veral met skole wat begin en sommige besighede wat kan oopmaak na die grendeltyd.

Hier is 'n aanbod - dit is beskikbaar ook in groot hoeveelhede.

Pryse: 5 liter @ R550, 750ml @ R120, 500ml @ R90.

Kontakpersoon: Meisie Opperman 0834611892

[As jy jou eie houer bring vir handreiniger, dan kry jy R20 afslag.]

Monday 27 April 2020

Sunday 26 April 2020

Sondag: Covid-19-erediens

Ds. Ensie Enslin
Vandag het ons weer die voorreg om na ds. Ensie Enslin te luister. Hierdie oggenderediens bring hy ten spyte van die Covid-19-inperking. Raak rustig, terwyl jy deel in die diens.

Tema: Dis vir my goed om naby God te wees.

Skriflesing: Ps. 73:1-28

Dutoitspan-seënwense.

Kerkdiens 26 April 2020 (Druk op die woord "Kerkdiens" om die boodskap van ds. Enslin te aktiveer)

Saturday 25 April 2020

'n Huwelikspsalm deur Brahm Reyneke






Die HERE is ons Huweliksbevestiger,
ons Huwelik is veilig.
Die HERE se sorg maak ons
vergenoeg en tevrede met die lewe.
Die Here maak ons rustig
te-midde van al
die gejaag en chaos
in ons lewensgang.
Die Here lei ons na Sy plek
van vrede en vreugde
waar ons gees, siel en liggaam kan rus.
Die Here gee ons krag vir elke dag.
Die Here gee ons die moed en durf
vir elke krisis-uitdaging.
Die Here lei ons veilig
deur moeilike en gevaarlike
situasies en plekke ...

Nou weet ons,
ons kan altyd op die Here vertrou!
Hy sal ons nooit in die steek laat nie.
Sy Goedheid en Trou volg ons
al ons dae soos ons skaduwee ...     

(Aangepas-ACR 12/03/2019)


Friday 24 April 2020

Thursday 23 April 2020

Wednesday 22 April 2020

Monday 20 April 2020

Sunday 19 April 2020

Sondag: Covid-19-erediens

Vandag het ons weer die voorreg om na ds. Ensie Enslin te luister. Hierdie oggenderediens bring hy ten spyte van die Covid-19-inperking. Raak rustig, terwyl jy deel in die diens.

Tema: Hou die oë op God alleen gerig..

Skriflesing: 2 Kronieke 20:1-32

Teksvers: 2 Kronieke 20:12

Dutoitspan-seënwense.

Kerkdiens 19 April 2020 (Druk op die woord "Kerkdiens" om die boodskap van ds. Enslin te aktiveer)

Thursday 16 April 2020

Slim plan hoe om jou basaarkoekies 'n langer lewe te gee ...

Gaan loer gerus na vorige jare se basaar foto's. Klik slegs op die betrokke jaar. Stuur gerus vir ons foto's as jy êrens in die laai nog het.

Basaar: foto's van 1969 - 1975

Basaar 2010

Basaar 2012

Basaar 2015

Basaar: blink idees!

Wednesday 15 April 2020

Monday 13 April 2020

Covid-19-oordenking 17

Ds. Ensie Enslin van Dutoitspan-gemeente doen vanaand die oordenking.

Tema: Ons Huwelik vir Christus

Aandtema: (Inleiding) Hoe sien jy & ek die Huwelik?

Dutoitspan-seënwense.

Oordenking 13 April 2020 (Druk op die woord "oordenking" om die boodskap van ds. Ensie Enslin te aktiveer)

Paasfees is die Nuwejaarsdag van die siel


Sunday 12 April 2020

Paassondag: Covid-19-erediens: Afrikaans

Vandag plaas ons prop. Neels Loots van Dutoitspan-gemeente se oggenderediens wat hy tydens die Covid-19-inperking met ons deel. Vanoggend se diens is op YouTube beskikbaar.

Tema: Voetspore uit die graf ... Jesus leef

Skriflesing: Lukas 24:1-49

Dutoitspan-seënwense.

Kerkdiens 12 April 2020 (Druk op die woord "Kerkdiens" om die boodskap van prop. Neels Loots te aktiveer)

Paassondag: Covid-19-erediens: Engels

Vandag plaas ons ds. Peter Chapman van die St Andrews Prespiteriaanse Kerk Beanconsfield se oggenderediens wat hy tydens die Covid-19-inperking met ons deel. Vanoggend se diens is op YouTube beskikbaar.

Tema: Voetspore na die graf

Skriflesing: Markus 16:1-19

Seënwense.

Kerkdiens 12 April 2020 (Druk op die woord "Kerkdiens" om die boodskap van ds. Peter Chapman te aktiveer)

Saturday 11 April 2020

This is Shrek ...

This is Shrek the sheep. He became famous several years ago when he was found after hiding out in caves for six years. Of course, during this time his fleece grew without anyone there to shorn (shave) it. When he was finally found and shaved, his fleece weighed an amazing sixty pounds. Most sheep have a fleece weighing just under ten pounds, with the exception usually reaching fifteen pounds, maximum. For six years, Shrek carried six times the regular weight of his fleece. Simply because he was away from his shepherd.

This reminds me of John 10 when Jesus compares Himself to a shepherd, and His followers are His sheep. Maybe it’s a stretch, but I think Shrek is much like a person who knows Jesus Christ but has wandered. If we avoid Christ’s constant refining of our character, we’re going to accumulate extra weight in this world—a weight we don’t have to bear.

When Shrek was found, a professional sheep shearer took care of Shrek’s fleece in twenty-eight minutes. Shrek’s sixty pound fleece was finally removed - enough wool to make suits for 20 men! All it took was coming home to his shepherd.

I believe Christ can lift the burdens we carry, if only we stop hiding. He can shave off our ‘fleece’—that is, our self-imposed burdens brought about by wandering from our Good Shepherd.

“Come to Me, all you who are weary and burdened, and I will give you rest. Take My yoke upon you and learn from Me, for I am gentle and humble in heart, and you will find rest for your souls. For My yoke is easy and my burden is light.” Matthew 11:28-30

[Thank you, JD van den Berg for sharing this with us.]

Covid-19-oordenking 16

Ds. Ensie Enslin doen vanaand die oordenking.

Tema: Stille Saterdag van verslaenheid

Skriflesing: Lukas 23

Dutoitspan-seënwense.

Oordenking 11 April 2020 (Druk op die woord "oordenking" om die boodskap van ds. Ensie Enslin te aktiveer)

Friday 10 April 2020

Covid-19-oordenking 15 - aand

Luister gerus vanaand na ds. Ensie Enslin se bemoedigende oordenking en word versterk deur die boodskap. Klik slegs op die skakel "Oordenking" hieronder.

Tema van die Lydensweekdienste: Voetspore

Skriflesing:  Johannes 19:38-42

Dutoitspan-seënwense.

Oordenking van 11 April 2020 (Druk op die woord "oordenking" om die boodskap van ds. Ensie Enslin te aktiveer)

Covid-19-oordenking 15 - oggend

Luister gerus vanoggend na ds. Rian Jansen van Vuuren van Kimberley Christen Netwerk se bemoedigende oordenking en word versterk deur die boodskap. Klik slegs op die skakel "Oordenking" hieronder.

Tema van die Lydensweekdienste: Voetspore 

Vandag se tema: Voetspore van Jesus na die kruis en die voetspore van die mense wat saam met Jesus geloop het.

Teksvers: Matt. 27:31
                 Lukas 23:26-27

Dutoitspan-seënwense.

Oordenking van 10 April 2020 (Druk op die woord "oordenking" om die boodskap van ds. Dawie Scheepers te aktiveer)

Geseënde Paasfees


Thursday 9 April 2020

Covid-19-oordenking 14

Luister gerus vanaand na ds. Dawie Scheepers van Harmonie-gemeente in Kimberley se bemoedigende oordenking en word versterk deur die boodskap. Klik slegs op die skakel "Oordenking" hieronder.

Tema van die Lydensweekdienste: Voetspore

Vanaand se tema: Die pad na Getsemane

Skriflesing: Lukas 22:39-53

Dutoitspan-seënwense.

Oordenking van 9 April 2020 (Druk op die woord "oordenking" om die boodskap van ds. Dawie Scheepers te aktiveer)

Wednesday 8 April 2020

Covid-19-oordenking 13

Luister gerus vanaand na ds. Pieter-Roux du Toit van Diamantveld-gemeente in Kimberley se bemoedigende oordenking en word versterk deur die boodskap. Klik slegs op die skakel "Oordenking" hieronder.

Tema van die Lydensweekdienste: Voetspore

Vanaand se tema: Die voetewassing

Skriflesing: Johannes 13

Dutoitspan-seënwense.

Oordenking van 8 April 2020 (Druk op die woord "oordenking" om die boodskap van ds. Pieter-Roux du Toit te aktiveer)

Die Here se antwoord aan Salomo

Dankie aan Tom wat hierdie gestuur het.

Tuesday 7 April 2020

Die kerk se e-posadres

Onthou dat die e-posadres van die kerk verlede jaar in Mei verander het.

Kontak ons gerus, veral nou in die grendeltyd en onthou om die nuwe adres te gebruik.

Ons hoor graag van u.

Die e-posadresngdutoitspan@gmail.com

Covid-19-oordenking 12

Luister gerus vanaand na ds. Neels Klynsmith van die Trinity Metodiste Kerk in Kimberley se bemoedigende oordenking en word versterk deur die boodskap. Klik slegs op die skakel "Oordenking" hieronder.

Tema van die Lydensweekdienste: Voetspore

Vanaand se tema: Voetspore van verraad.

Skriflesing: Markus 14

Dutoitspan-seënwense.

Oordenking van 7 April 2020 (Druk op die woord "oordenking" om die boodskap van ds. Neels Klynsmith  te aktiveer)

Monday 6 April 2020

Covid-19-oordenking 11

Luister gerus vanaand na ds. Roland Greenland van die Metodiste Kerk Beaconsfield Kimberley se bemoedigende oordenking en word versterk deur die boodskap. Klik slegs op die skakel "Oordenking" hieronder.

Tema van die Lydensweekdienste: Voetspore

Dutoitspan-seënwense.

Oordenking van 6 April 2020 (Druk op die woord "oordenking" om die boodskap van ds. Roland Greenland te aktiveer)

Kyk op na die sterrehemel ...


Sunday 5 April 2020

Covid-19-oordenking 10

Luister gerus vanaand na ds. Ensie Enslin se bemoedigende oordenking en word versterk deur die boodskap. Klik slegs op die skakel "Oordenking" hieronder.

Tema van die Lydensweekdienste: Voetspore

Vanaand se tema: In die voetspore van Jesus in Jerusalem in.

Teksvers: Matt. 16:21
                 Matt. 17:22 en 23
                 Matt. 20:17-19
                 Luk. 19:28-44

Dutoitspan-seënwense.

Oordenking van 5 April 2020 (Druk op die woord "oordenking" om die boodskap van ds. Ensie Enslin te aktiveer)

Palmsondag: Covid-19-erediens

Danksy die tegnologie, kan ons vandag voortgaan met die erediens ten spyte van die inperking. Luister gerus na die Woord soos aan ons gebring deur ds.Ensie Enslin.

Tema: Jesus bring hoop, want Hy is die enigste hoop.

Skriflesing: Matt. 12: 9-21 en Ps. 39:8

Klik op die skakel "Kerkdiens" hieronder.  Vanoggend se diens is op YouTube beskikbaar.

Dutoitspan-seënwense.

Kerkdiens 5April 2020 (Druk op die woord "Kerkdiens" om die boodskap van ds. Enslin te aktiveer)

Easter week


Saturday 4 April 2020

Covid-19-oordenking 9

Luister gerus vanaand na ds. Ensie Enslin se bemoedigende oordenking en word versterk deur die boodskap.

Klik slegs op die skakel "Oordenking" hieronder. Van vanaand af sal die SKAKEL jou direk na SoundCloud vat waar jy dit "online" kan luister.

Dutoitspan-seënwense.

Oordenking van 4 April 2020 (Druk op die woord "oordenking" om die boodskap van ds. Ensie Enslin te aktiveer)

Friday 3 April 2020

Noag

Noag was nog altyd een van my gunsteling Bybelkarakters.

‘n Rare wese. Onverskrokke in sy geloof. ‘n WIL van staal. ‘n Man wat ook maar teen sy eie spoke oorlog gevoer, en dikwels nie gewen het nie, maar altyd teruggedraai het na die Vader. Ek is daarvan oortuig dat sy vrou en kinders aanvanklik glad nie beindruk was met hierdie ark-storie nie. Self nie eers seker dat hulle teen die heel einde geglo het dat die groot vloed sou kom nie.

Maar hulle het saamgebou. En waarskynlik binnesmonds gegrom en gemompel. Dit was fisies harde werk en ek is seker dat die meeste van daardie diere glad nie maklik was om te hanteer nie. Maar dit moes die eenvoudige deel van arkbou gewees het. Dit moes waarskynlik die mense se kommentaar gewees het wat vir Noag en sy gesin amper gebreek het. Wat hul geloof getoets het. Wat die potensiaal gehad het om die projek te kelder. Tog het Noag deurgedruk. Vir baie dae en nagte gebou.

En toe hy daardie ark se deur agter hom toetrek moes hy tog sekerlik in sy hart vir ‘n oomblik gewonder het of hy soos die dorp se nar na ‘n paar dae die deur sou moes oopmaak en uitklim. Maar die reen het gekom soos die Here aan Noag belowe het. En Noag moes magteloos toekyk hoe al die ander mense in sy dorp magteloos skree om hulp, hom smeek om die deur vir hulle oop te maak. Dit kon nie ‘n gemaklike lewe in die ark gewees het nie. Noag en sy gesin moes vasgedruk gevoel het daarbinne, later moeg vir mekaar en moeg vir diere se reuke en geluide.

Corona is so ‘n bietjie soos daardie vloed. As jy ‘n Noag is, is jy nou toegesluit in jou ark. Die eerste druppels het al geval en jy is veilig daarbinne. Vir jou gaan dit later ook glad nie meer maklik wees nie. Jy gaan veg teen jou eie spoke, jou eie hartsmense. Jy gaan ook elke dag wag vir die reen om op te hou, vir die watervlak om te begin sak, vir die infeksiesyfers om te stabiliseer en dan te daal.
Het jy genoeg geloof en vertroue om vir die hele vloedtyd in jou ark te kan bly? Ek is seker ons sal ook later, soos Noag die duif gestuur het, seine stuur en vra of dit veilig is om die deur oop te maak, om uit te klim en op gras te loop. Ons duif is die media, die eindelose berigte oor die impak van hierdie virus op die wereld. Ons barometer is mense om ons se gemoedstoestand, die trant van die boodskappe wat jy vandag op Whatsapp kry.

Ons arktyd begin dalk nou maar eers. Noag se duif het ook ‘n paar keer bloot net teruggekom. Sonder die goeie nuus waarvoor hy gewag het. En Noag en sy mense moes aanhou wag. Net soos ek en jy moet wag.

En toe kom die dag waarop die duif ‘n olyftakkie bring, en Noag die reenboog sien.
Ons Corona olyftakkie kom. Ons sal saam met geliefdes en vriende buite kan staan en kyk na die reenboog van die Here se genade.

Hou die watervlak dop. Stuur die duif. Maar, vir nou, bly geanker in jou geloof. Bly veilig in jou ark.

Wees dankbaar vir die voorreg om ‘n Noag te kan wees. Onwrikbaar. Onverskrokke. Onkantelbaar in jou geloof.

(Dankie, Christelle, dat jy hierdie met ons deel.)

Covid-19-oordenking 8

Luister gerus vanaand na ds. Ensie Enslin se bemoedigende oordenking en word versterk deur die boodskap.

Klik slegs op die skakel "Oordenking". Van vanaand af sal die SKAKEL jou direk na SoundCloud vat waar jy dit "online" kan luister.

Dutoitspan-seënwense.

Oordenking 1 April 2020 (Druk op die woord "oordenking" om die boodskap van ds. Ensie Enslin te aktiveer)

The Bible is the only book ...


Thursday 2 April 2020

Brandsiekinspekteur

Jare gelede het 'n pragtige storie die rondte gedoen oor wyle dr. AJ van der Merwe, wat 'n gedugte kerkman van die Kaap was.

Daar is vertel dat een van sy gemeentelede op 'n dag kans gesien het om dr. AJ te konfronteer met die beskuldiging dat hy te min huisbesoek doen.

"U weet, dokter," het die gemeentelid gesê, "u moet darem onthou u is ons herder, en 'n herder moet sy kudde besoek."

Waarop dr. AJ met sy forse stem geantwoord het: "Nee, broer, jy maak 'n fout. Ek is nie jou herder nie. Die Here is jou herder. Ek is maar net die brandsiekinspekteur."

Gaan maak gerus 'n draai by "Kerkgenotjies" om 'n glimlag op u gesig te sit.

Covid-19-oordenking 7

Luister gerus vanaand na ds. Ensie Enslin se bemoedigende oordenking en word versterk deur die boodskap.

Klik op die skakel "Oordenking" hieronder en druk dan op die "play"-driehoekie aan die onderkant van die van die wit "OneDrive"-skerm. Die klanklêer kan ook speel, sonder dat die App (wat geadverteer word) afgelaai word.

Die oordenking kan ook op u foon afgelaai word.

Dutoitspan-seënwense.

Oordenking van 2 April 2020 (Druk op die woord "oordenking" om die boodskap van ds. Ensie Enslin te aktiveer)

Stay humble ...


Wednesday 1 April 2020

Covid-19-oordenking 6

Luister gerus vanaand na ds. Ensie Enslin se bemoedigende oordenking en word versterk deur die boodskap.

Klik op die skakel "Oordenking" hieronder en druk dan op die "play"-driehoekie aan die onderkant van die van die wit "OneDrive"-skerm. Die klanklêer kan ook speel, sonder dat die App (wat geadverteer word) afgelaai word.

Die oordenking kan ook op u foon afgelaai word.

Dutoitspan-seënwense.

Oordenking van 1 April 2020 (Druk op die woord "oordenking" om die boodskap van ds. Ensie Enslin te aktiveer)

Die wapenrusting van die gelowige ...

Ingestuur: Elsa Minne