Thursday 2 April 2020

Brandsiekinspekteur

Jare gelede het 'n pragtige storie die rondte gedoen oor wyle dr. AJ van der Merwe, wat 'n gedugte kerkman van die Kaap was.

Daar is vertel dat een van sy gemeentelede op 'n dag kans gesien het om dr. AJ te konfronteer met die beskuldiging dat hy te min huisbesoek doen.

"U weet, dokter," het die gemeentelid gesê, "u moet darem onthou u is ons herder, en 'n herder moet sy kudde besoek."

Waarop dr. AJ met sy forse stem geantwoord het: "Nee, broer, jy maak 'n fout. Ek is nie jou herder nie. Die Here is jou herder. Ek is maar net die brandsiekinspekteur."

Gaan maak gerus 'n draai by "Kerkgenotjies" om 'n glimlag op u gesig te sit.