Showing posts with label 10de maand-dankoffer. Show all posts
Showing posts with label 10de maand-dankoffer. Show all posts
Friday, 31 October 2025
Sunday, 26 October 2025
Sunday, 12 October 2025
Tuesday, 30 September 2025
Tiendemaand: Ons sê dankie!
Met hierdie bydrae bevestig ons net dat alles ‘n geskenk vanuit sy almagtige hand is!
Saturday, 26 October 2024
Tiendemaand: Ons help skryf aan die wêreld se verhaal ...
Ons elkeen is bevoorreg om deel te wees van God se storie met die wêreld. En as ons in hierdie ekonomiese tye nog die voorreg het om ons tiende te kan gee, is ons besonder geseënd.
In Sy storie is elkeen van ons ingesluit. Dit sluit ook Sy gebruik van ons tiendes in. Hy werk daarmee. Sy koninkryk op aarde moet uitgebrei word - dis ons opdrag. Daar is trouens baie getuienisse van God se werk wat Hy gedoen het deur middel van die tiendes wat die gelowiges en gemeentelede bygedra het.
Dit gee 'n besondere betekenis aan ons bestaan as geloofsgemeenskap en gemeente. Ons eer Hom daarvoor.
Gee ons nog ‘n tiende, van dit waarmee die Here ons daagliks seën, terug vir Hom?
Baie dankie vir die wyse waarop u tot nou toe 'n bydrae gelewer het om ook hierdie gemeente in staat te stel om ons Hemelse Vader se Koninkryk te dien.
Thursday, 1 October 2020
Ons help skryf aan die wêreld se verhaal ...
Ons elkeen is bevoorreg om deel te wees van Sy storie met die wêreld. En as ons in hierdie ekonomiese tye nog die voorreg het om ons tiende te kan gee, is ons baie geseënd.
In Sy storie is ons ingesluit. Dit sluit ook Sy gebruik van ons tiendes in. Hy werk daarmee. Sy koninkryk op aarde moet uitgebrei word, dis ons opdrag. Daar is trouens baie getuienisse van God se werk wat Hy gedoen het deur middel van die tiendes wat die gelowiges en gemeentelede bygedra het.
Dit gee 'n besondere betekenis aan ons bestaan as geloofsgemeenskap en gemeente. Ons eer Hom daarvoor. Gee ons nog ‘n tiende, van dit waarmee die Here ons seën, terug vir Hom?

Sunday, 15 November 2015
Die 10de maand dankoffer...
Gemeentelede se dankoffers vorm die basis van die gemeente se inkomste. Die groter doelgerigtheid om ons roeping as Kerk uit te leef, hou groter finansiële verpligtinge in. Daarby ondervind die gemeente ook maar die probleem van steeds stygende kostes soos salarisse, munisipale heffings, onderhoud aan eiendom en administrasie soos telefoonkoste, drukwerk en skryfbehoeftes.
'n Vriendelike, dog dringende, versoek word dus aan elke lidmaat gerig om asseblief weer biddend te gaan besin oor u 10de Maand Dankoffer. Baie dankie vir die wyse waarop u tot nou toe 'n bydrae gelewer het om ook hierdie gemeente in staat te stel om ons Hemelse Vader se Koninkryk te dien.
10de Maand Dankofferkoeverte is te kry by die kerkkantoor.

Subscribe to:
Posts (Atom)