Showing posts with label Herder. Show all posts
Showing posts with label Herder. Show all posts

Tuesday, 16 December 2025

Mandjie Hoop: Heerlikheid was oral

Terwyl herders snags
Oor hulle kuddes waak,
almal sittende op die grond,
Het die engel van die
Here neergedaal,
En heerlikheid was oral rond.
[Nahum Tate]

Sunday, 3 August 2025

Wie is Jesus?

• Vir die juwelier is Hy die Kosbare pêrel. 
• Vir die bakker is Hy die Brood van die Lewe.
• Vir die oogarts is Hy die Stralende Oë.
• Vir die dokter is Hy die Groot Geneesheer.
• Vir die bankier is Hy die Kosbare Skat.
• Vir die tuinier is Hy die Herfsroos van Saron en die Lelie van die Velde.
• Vir die koerantman is Hy die Tyding van Groot Blydskap.
• Vir die geoloog is Hy die Ewige Rots.
• Vir die regter is Hy die Waaragtige Getuie.
• Vir die advokaat is Hy die Voorspraak.
• Vir die prisonier is Hy die Verlosser.
• Vir die dorstige is Hy die Fontein van Lewende Water.
• Vir die landbouer is Hy die Ware Wynstok.
• Vir die skaapwagter is Hy die Goeie Herder.
• Vir die sterrekundige is Hy die Blink Môrester.
• Vir die musikant is Hy die Soetste Melodie.
• Vir die kunstenaar is Hy die Lieflikheid self.
• Vir die treurende is Hy die Trooster.
• Vir die sagmoedige is Hy die Prins van Vrede.
• Vir die vermoeide is Hy die Een wat Rus gee.
• Vir die sondaar is Hy die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem.
Vir elkeen van ons is Hy die Ewige Lewe!!

Sunday, 23 June 2024

Mossiestilte: Hand. 7:55

Maar hy was vol van die Heilige Gees en het die oë na die hemel gehou en die heerlikheid van God gesien en Jesus wat staan aan die regterhand van God.

God kom eerstens en openbaar Homself in al sy glorie en heerlikheid aan jou vandag. Stéfanus het sy oë op die regte plek gehad; hy het verby die probleem gekyk en die oplossing raakgesien, al was hy in groot nood. Nes jy dink die probleme hou op, steek 'n nuwe probleem sy kop uit. Jou lewe is nie 'n gelykpad nie, maar die Here is jou oplossing vir al jou probleme.

Leer my Heilige Gees, om altyd my afhanklikheid op my knieë in gebed na U toe te bring. Op my knieë wil ek u grote Naam aanroep. Met my oë gerig op U, wil ek verby my probleme kyk en net op U fokus. U is my Redder en die een wat my nooit alleen laat nie. Op my knieë is U waarlik goed en sorteer U al my probleme uit. Ek loof U en prys U, tot die dood toe. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

Wednesday, 12 June 2024

Mossiestilte: Matt. 4:16

Die volk wat in duisternis sit, het 'n groot lig gesien, en die wat sit in die land van die skaduwee van die dood, vir hulle het 'n lig opgegaan.

Die Here nooi jou uit om tot bekering te kom, want die koninkryk van die hemele het naby gekom. Jesus sê kom agter my aan, laat vaar die wêreldse dinge en volg die wil van my Vader. Sommige sal alles net so los en ander sal aan die aardse vashou. En groot menigtes het Hom gevolg, volg jy Hom ook vandag sonder om terug te draai, in vaste geloof.

Dankie Here, U kom red my toe die donker my oorval. Ek gaan deur die dal van doodskaduwee, maar U lig het vir my opgegaan. Die bloed van Jesus lei my voort. My Herder sorg vir my siel en lei my na groen weivelde en na waters waar rus is. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

Thursday, 2 April 2020

Brandsiekinspekteur

Jare gelede het 'n pragtige storie die rondte gedoen oor wyle dr. AJ van der Merwe, wat 'n gedugte kerkman van die Kaap was.

Daar is vertel dat een van sy gemeentelede op 'n dag kans gesien het om dr. AJ te konfronteer met die beskuldiging dat hy te min huisbesoek doen.

"U weet, dokter," het die gemeentelid gesê, "u moet darem onthou u is ons herder, en 'n herder moet sy kudde besoek."

Waarop dr. AJ met sy forse stem geantwoord het: "Nee, broer, jy maak 'n fout. Ek is nie jou herder nie. Die Here is jou herder. Ek is maar net die brandsiekinspekteur."

Gaan maak gerus 'n draai by "Kerkgenotjies" om 'n glimlag op u gesig te sit.

Tuesday, 4 April 2017