Wednesday 12 June 2024

Mossiestilte: Matt. 4:16

Die volk wat in duisternis sit, het 'n groot lig gesien, en die wat sit in die land van die skaduwee van die dood, vir hulle het 'n lig opgegaan.

Die Here nooi jou uit om tot bekering te kom, want die koninkryk van die hemele het naby gekom. Jesus sê kom agter my aan, laat vaar die wêreldse dinge en volg die wil van my Vader. Sommige sal alles net so los en ander sal aan die aardse vashou. En groot menigtes het Hom gevolg, volg jy Hom ook vandag sonder om terug te draai, in vaste geloof.

Dankie Here, U kom red my toe die donker my oorval. Ek gaan deur die dal van doodskaduwee, maar U lig het vir my opgegaan. Die bloed van Jesus lei my voort. My Herder sorg vir my siel en lei my na groen weivelde en na waters waar rus is. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]