Sunday 30 June 2024

Mossiestilte: Ps. 25:14

Die verborgenheid van die Here is vir die wat Hom vrees, en sy verbond om hulle dit bekend te maak.

God het met jou 'n verbond gesluit, 'n bloedverbond deur sy Seun, Jesus aan die kruis; Hy wil dit aan jou bekend maak. Sy verborgenheid is Christus in jou, die hoop op heerlikheid (Kol. 1:27c). Die Here maak sy weë aan jou bekend en Hy leer jou sy paaie (vers 4). Prys Hom vandag, jy wat Hom vrees (Ps. 22:24).

Here, U lei my in u waarheid en leer my, want U is die God van my heil. U verwag ek die hele dag. Dink, Here, aan U barmhartigheid en u goedertierenhede, want dié is van die ewigheid af (vers 5+6). Ek wil U verbond behou en u getuienisse bewaar, want al U paaie is goedertierenheid en trou (vers 10). U bewaar my siel en red my; laat my nie beskaamd staan nie, want by U skuil ek (vers 20). Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]