Saturday 1 June 2024

Slaairesep: Gebakte vrugteslaai

Benodigdhede:
2 kwepers, geskil
2 pere, geskil
3 appels, geskil
½ koppie (125 ml) bruinsuiker
2 koppies (500 ml) appelsap
skil van 1 lemoen
skil van 1 suurlemoen
3 kaneelstokkies
3 naeltjies
1 lemoen in segmente verdeel

Metode:
Voorverhit die oond tot 180°C.
Sny die kwepers, pere en appels middeldeur en verwyder die pitte.
Sny die vrugte in kwarte en plaas in ‘n mengbak saam met die res van die bestanddele, behalwe die lemoensegmente, en meng alles saam.
Plaas op ‘n bakplaat en bak vir 50-60 minute.
Verhit die roosterelement tot baie warm en laat die vrugte vir ± 5 minute rooster tot die kante goudbruin verkleur.
Verwyder uit die oond en roer die lemoensegmente by.
Bedien saam met melkkos of ongegeurde joghurt.

[Dankie, Estelle, vir die deel van hierdie vrugteslaai met 'n warm verskil.]