Wednesday 26 June 2024

Mossiestilte: Rom. 8:11

En as die Gees van Hom wat Jesus uit die dode opgewek het, in julle woon, dan sal Hy wat Christus uit die dode opgewek het, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon.


Vir enige mens is dit ondenkbaar dat God se Gees in ons kan woon, want ons oë is geleer om te kan fokus op aardse dinge en nie op geestelike werklikhede nie. As iemand die Gees van Christus nie het nie, behoort hy ook nie aan Christus nie. Maar as Christus in ons is, is die liggaam dood vanweë die sonde, maar die Gees is lewend vanweë die geregtigheid (vers 10). Almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God. Die Gees van God is deur God se genade woonagtig in ons vir krag, lering, wysheid, om elke dag suksesvol deur Christus te wees in alles wat ons doen.

Dankie Here, dat U Gees saam met ons getuig dat ons kinders van God is (vers 16). Ek dank U dat U my 'n mede-erfgenaam saam met Jesus gemaak het, as ons saam met Hom lei, sodat ons ook saam met Hom verheerlik kan word (vers 17). So kom U ook my swakhede te hulp en leer my hoe om te bid en U Gees self tree vir my met onuitspreeklike sugtinge in ( vers 26). Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]