Friday 28 June 2024

Terugblik: Die gebed van gelowiges (uittreksel)

My kleinkind, Marco Booysen, is op vyfjarige ouderdom gediagnoseer met leukemie.

Die pyn het in sy linkerheup begin. Die pediater het gesê dis groeipyne, maar dit het al hoe erger geword en hy het al hoe bleker geword. Ek het een Sondag vir my seun gesê hierdie kind is besig om voor ons oë dood te gaan. Dit was op 'n Maandagmiddag in 2004 dat ons die uitslag gekry het. Sy telling was 95 - dit is baie hoog.

Dutoitspan-gemeente, vriende en familie het begin bid. Na 'n week van chemo-behandeling en gebede was die telling af na 15. Dit was so wonderlik!! Alle dank vir God se genade. Hy het kaalkop sy skoolloopbaan begin as gevolg van die chemo.

Vandag is hy 'n pragtige seun van 14 jaar en in Diamantveld Hoërskool in graad 9 en gesond. Alle eer aan ons getroue Vader.

[Geskryf: Rina Groenewald] 

Koop gerus hierdie boekie God maak stukkende mense heel, 2018/2019, met stories van hoop by Dutoitspan Kerkkantoor - 053 842 1100 @ 'n bekostigbare R50,00.