Friday 14 June 2024

Terugblik: Basaarkoopbewys


Baie jare terug het die gemeente basaarkoopbewyse vir lidmate wat ekonomies minder gegoed is, uitgedeel. Hierdie koopbewyse is by SwiftPrint laat druk (sodat fotostate en vervalste koopbewyse uitkenbaar was) en is in rooi genommer. Die nommer en die persoon se naam is op 'n lys geskryf sodat dit maklik kontroleerbaar kon wees. 

Die dankie gaan aan hulle wat agter die skerms die koopbewyse geborg het.