Thursday 20 June 2024

Selfondersoek en bemoediging

Soms hanteer ons vir God asof Hy ‘n tipe van ‘n geestelike kettingwinkel is. Ons daaglikse inkopielys. Ons gebede is die trollies wat deur die rakke loop en God moet net insit wat ons vra. Daar is egter geen of min commitment van ons kant af om te lewe volgens God se Woord. 

Ons wil die voordele geniet om in Sy huis te woon, maar ons wil nie Sy huis se reëls nakom nie. Gemaksug, selfsug, individualisme en verlaagde morele standaarde oorheers ons lewens. Ons gee nie om met wie ons identifiseer nie. Nog minder is ons bekommerd oor die voorbeeld wat ons vir ons en vir ander se kinders stel.

Ons dink ons kan lewe soos ons wil en God sal maar net regstaan vir ons. 

'n Uitdaging, maar terselftertyd ook 'n bemoediging: Ondersoek die toestand van jou hart, of die gebede wat jy saai. Laat toe dat die Woord van God wat jy hoor, op goeie grond val. Die saad wat jy het, het reeds die mag om eksponensieel te vermeerder. Al wat nodig is, is om seker te maak dat die toestand van die grond ontvanklik daarvoor is.