Friday 24 April 2015

Sien jou daar!

Kom deel in die vreugde van 'n heerlike kerkbasaar!
Omkring die datum - 9 Mei 2015!

Saturday 18 April 2015

Wiskunde in die Woestyn!


Een van die grootste wiskundige wonderwerke sentreer rondom Moses en die Israeliete.

In die woestyn moes die Israeliete kos kry, en hoe voed jy 3.5 miljoen mense?
Volgens die Kwartiermeester-Generaal van die Amerikaanse weermag het Moses omtrent 1500 ton kos daagliks nodig gehad.
'n 6km lange goederetrein sou nodig wees om die kos te vervoer.
Die kos moes gaargemaak word met houtvure en jy moet onthou, hulle was in die woestyn.

4000 ton hout sou nodig wees per dag en weer 'n paar goederetreine, elk amper 2 km lank, om die hout te vervoer.
Om te dink, hulle het 40 jaar in die woestyn getrek.
Wat van water?
Net genoeg vir drink en 'n bietjie opwas, sou hulle 50 miljoen liter elke dag nodig gehad het en 'n goederetrein met tenkwaens, omtrent 19km lank, sou nodig wees om water te bring.

Daar was net 'n paar putte in die woestyn.
HOE het hulle genoeg water gekry?
Nog 'n ding! Hulle moes oor die Rooi See in een nag!
As hulle met 'n nou paadjie, twee-twee, sou loop, sou die lyn 1280km lank wees en sou dit 35 dae en nagte neem om deur te gaan.
So daar moes 'n pad deur die Rooi See gewees het van amper 5 km breed sodat 5000 mense langs mekaar kon stap om in een nag deur te loop.
Nog 'n probleem, elke nag moes gekamp word.
'n Kampterrein van 1200 vk km was nodig, dit is 40 kilometer breed en 48 kilometer lank.

Dink jy Moses het dit alles haarfyn uitgewerk voor die trek?
Nee, hy was net 'n gewone man met 'n onwrikbare geloof in God.
God sou sorg vir alles.

Kom… skep moed... jy met al jou probleme.
Raai wat?
Ons dien nog dieselfde God!
Hy het nog NOOIT verander nie, en as Hy al Moses se probleme
kon oplos, sal Hy joune ook oplos.
AL wat ons nodig het, is 'n onwrikbare geloof in God.
(NGK Oranjemund)

Wednesday 15 April 2015

'n Pragtige gebed


Hou my styf vas Here, wanneer my voete gly.
Hou my vas Here, as ek op verkeerde paaie bly.
Troos my, Here, wanneer die trane vryelik vloei.
Genees my hart, Here, wanneer my hart bloei.
Hou my geselskap wanneer ek eensaam voel....
Gee sekerheid as ek dink die lewe is sonder 'n doel.
Wees U my Vriend as mense my verlaat.
Wees U my wysheid as ek soek na goeie raad.
Wees U my geneesheer as ek siek is & vol pyn.
Wees U my kragbron as my kragte begin kwyn.
Wees U my anker as die vloed my mee wil sleur.
Die Gare wat vaswerk as my lewe uitmekaar skeur.
Wees U my stut wanneer ek op moeilike paaie loop.
Wees U my Vertroue as ek voel daar is geen meer hoop.
Duisend maal dankie, Here, dat ek dit van U mag vra.
Duisend maal dankie, Here, dat U my deur alles dra.
AMEN

(NGK Oranjemund)