Showing posts with label Senior Burgers. Show all posts
Showing posts with label Senior Burgers. Show all posts

Friday, 15 August 2025

JY KAN … MAAR JY MOENIE

(Veral vir mense bo 65!)

Jy kan op ’n hoë, wankelrige leer klim … maar jy moenie.

Jy kan ’n storie begin met “In MY dae” … maar jy moenie.

Jy kan (modieuse) geskeurde jeans dra … maar jy moenie.

Jy kan op jou hurke sit en vinnig opstaan … maar jy moenie.

Jy kan loshande op die huis se dak rondloop … maar jy moenie.

Jy kan oor ’n redelike groot plas water spring … maar jy moenie.

Jy kan jou 3-jarige kleinkind probeer inhardloop … maar jy moenie.

Jy kan jou broek sommer so in die loop aantrek … maar jy moenie.

Jy kan ’n styfpassende help-my-beter-lyk-T-hemp dra … maar jy moenie.

Jy kan met jou hande in jou sakke by ’n trap afhardloop … maar jy moenie.

Jy kan by die badkamer in die winkelsentrum verbyloop … maar jy moenie.

Jy kan die week se kruideniersware op een slag uit die kar dra … maar jy moenie.

Jy kan probeer om die spyskaart te lees sonder jou leesbril … maar jy moenie.

Jy kan kliphard kommentaar lewer op mense se voorkoms … maar jy moenie.

Jy kan altyd die hele rekening betaal as die familie gaan uiteet … maar jy moenie.

Tuesday, 9 July 2024

Seniors in aksie (SIA): Kuier, klets en kielie, die spiereprojek


Verbeter die lewenskwaliteit van senior burgers. Gee die swak immuunsisteem 'n hupstoot, maak die brein wakker en terselftertyd ontspanne en stel sommer 'n klomp goedvoelhormone vry. Ouer gemeentes se lidmate is nader aan of verby die aftree-ouderdom. Reik uit na hulle - om op pensioen te wees beteken nie jy is oor die muur nie. Gebruik die senior burger se kennis en wysheid.  

Hoe is dit alles moontlik?  

Kontak Somé Ferreira (Maatskaplike werker, Solidariteit Helpende Hand, Noord-Kaap-streek) gerus by 082 944 6097 vir enige verdere navrae of as jy wil deel wees van hierdie opwindende projek.

Raak op 'n volhoubare wyse by die senior burgers betrokke. Dag vir dag raak ons ouer en beweeg ons nader aan hierdie selfde situasie waarvan ons op hierdie stadium net lees. Die ouderdom slaan vinniger toe as wat ons dink.

Klik ook HIER om meer te wete te kom van Seniors in Aksie. 

Saturday, 16 September 2023

'n Heerlike lentefunksie

 






Klik HIER vir nog meer foto's.
[Fotograaf: Elsa Minne - baie dankie!]

Geniet die lentefunksie


Wednesday, 6 September 2023

Die meer volwasse gemeentelede van 60 jaar en ouer

'n Spesiale lekker lente-bederfoggend vir al die gemeentelede wat in die lente van hulle lewe is. Kom kuier oor 'n koppie koffie of tee, kom gesels oor die ou dae, diep staaltjies en stories van weleer op en kom giggel oor die guitighede van die jongere geslag.

Sien jou daar - onthou net om vroegtydig te bespreek.