Showing posts with label Handelinge. Show all posts
Showing posts with label Handelinge. Show all posts
Sunday, 19 July 2026
Sunday, 24 May 2026
Sunday, 5 April 2026
Mossiestilte: Hand. 3:26
God het nadat Hy sy Kind Jesus opgewek het, Hom eers vir julle gestuur om julle te seën deur elkeen van sy booshede te bekeer.
Die Apostels het die woord van God vertel aan ons: Jesus het die sonde en die dood vir jou oorwin!
Verder het Jesus na 3 dae opgestaan uit die graf om die oorwinning van die dood en sonde te bevestig. (Matt. 2:24)
Die hekke van die hel kon Hom nie hou nie, al het Hy vir die hele wêreld se sondes gesterf.
Sy vlees het ook nie verderwing gesien nie. (Matt. 2:31)
En hulle is almal vervul met die Heilige Gees. (Matt. 2:3 & 4)
En toe hulle gebid het, het die plek geskud waar hulle saam was en hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het die woord met vrymoedigheid gespreek.
Dankie, Here, U het my as heiden ingesluit in u redding (Matt. 2:41) en gedoop nadat ek u woord met blydskap ontvang het. En die saligheidheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ek gered. U het my van my sondes en die dood gered en met u Heilige Gees gevul. Ek het u volheid van ewige lewe en oorwinning ontvang. Prys u Heilige Naam. Amen.
[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]
Wednesday, 21 January 2026
Mossiestilte: Hand. 17:24-25
24 God, wat die wêreld met alles wat daarin is, gemaak het, Hý is die Here van hemel en aarde, en Hy woon nie in tempels wat deur mense gemaak is nie.
25 Hy het ook nie nodig dat mense Hom versorg nie. Inteendeel, dit is Hy wat aan almal lewe en asem en alles gee.
25 Hy het ook nie nodig dat mense Hom versorg nie. Inteendeel, dit is Hy wat aan almal lewe en asem en alles gee.
God het niks van ons nodig nie, tog het Hy ons geskape na sy beeld en sy gelykenis. Ons kan Hom nie dien met ons werke, asof Hy iets van ons sou nodig kry, of behoefte daaraan het nie. Ons bly in geboue wat ons maak en konstrueer, maar ons kan nie vir die Almagtige God, 'n woning skep nie, want U is alomteenwoordig.
Almagtige God en Vader van die groot heelal, ek kom U net verheerlik vir U grootheid en almag. U, het soveel deernis met ons, dat U, mens geword het om by ons te kom bly en ons sondes weg te neem. U, het u geskenk, die Heilige Gees, gestuur om in elke mens te kom bly. U, is alomteenwoordig en niemand, of niks kan vir U, weggesteek word nie. U, weet van elke ding wat ons selfs aan dink, ja U, ken elke gedagte van die mens. Grote God, aan U, kom die eer en al die rykdom en eer, tot in ewigheid. Amen.
[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]
Wednesday, 7 January 2026
Mossiestilte: Hand. 27:10
"Manne, ek sien dat ons vaart van nou af gevaarlik sal wees en dat daar nie net groot skade aan die vrag en die skip gaan kom nie, maar ook lewensverlies.”
Alles loop nie altyd vlot in ons lewens nie. Dalk is jou werk in groot moeilikheid of 'n verhouding, siekte, finansies, ens.
Alles loop nie altyd vlot in ons lewens nie. Dalk is jou werk in groot moeilikheid of 'n verhouding, siekte, finansies, ens.
God sal egter altyd by jou wees.
Die skip waarin jy sit, jou veiligheid, word dalk bedreig; nie net vergaan jou skip nie, maar die Satan probeer nog ekstra vrees by jou inboesem en slaan sy tande in jou.
Bly net in die heerlike teenwoordigheid van die Vader; Hy is jou hoop en jou sterkte. Christus is jou Redder en die Satan kan jou nie skade aandoen nie.
Dankie, Here, dat U my Redder is. Ek loof U en staan by U. U sal my nie verlaat nie, al ly ek met geweld skipbreuk en vergaan my aardse goed, U sal my veilig bewaar. Ek hou moed al maak ek soms foute, of verkeerde besluite, nogtans sal U my red. Ek weet ek sal behoue op U strand uitspoel. Amen.
[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]
Wednesday, 29 October 2025
Terugblik: So sê die Woord: Handelinge 11:1-10
Vers 2 en 3: Toe Petrus dan in Jerusalem kom, het die Joodse gelowiges hom verwyt: “Jy het mense besoek wat nie besny is nie en het selfs saam met hulle geëet.”
Petrus se medegelowiges in Judea het verneem dat die heidene in Cesaréa ook vir Jesus as Saligmaker aangeneem het. In plaas van daaroor bly te wees, verwyt hulle Petrus omdat hy sekere Joodse wette oortree het deur in hierdie onbesnedenes (nie-Jode) se huise in te gaan en saam met hulle te eet. Petrus verduidelik aan hulle hoe die Here deur 'n visioen aan hom verduidelik het dat hy niemand onrein mag ag vir wie God as kind aangeneem het nie. Dit is belangrik om mense nooit net op grond van hulle uiterlike dinge te beoordeel nie.
Kan jy eerlik aan jouself rekenskap gee op grond van watter dinge jy mense of hulle doen en late beoordeel of dalk soms veroordeel?
Gebed: My Here, help my om nie mense te veroordeel nie.
[Uit: Dorstfontein NG Gemeente Dutoitspan Maandblad Oktober 1986]
Wednesday, 8 January 2025
Mossiestilte: Hand 16:31
Die Here het aan jou geregtigheid gegee en jou vrygespreek sodat jy ander kan help om dieselfde genade te smaak. Dit gaan nooit oor jouself nie maar altyd oor ander. Die Here gee jou krag en versterk jou sodat jy ander kan ondesteun wat krag verloor het en hopeloos voel. Die Here rus jou toe om jou hele huisgesin te red deur jou geloof in die Here.
Dankie Here dat U my gered het en wil gebruik om ander op te tel en te ondersteun. Ek verdien geen genade, maar U het my uitverkies, om u werk hier op aarde in u koninkryk te doen, net soos dit in die hemel gedoen word. Ek bid U vir sterkte, dat ek nie moeg te word nie en my kragte te gebruik, om u Naam te verheerlik en Jesus Christus op te lig vir die wêreld om U te sien en na U te kom. Amen.
[Aangestuur deur Pieter Swanepoel.]
Sunday, 23 June 2024
Mossiestilte: Hand. 7:55
Maar hy was vol van die Heilige Gees en het die oë na die hemel gehou en die heerlikheid van God gesien en Jesus wat staan aan die regterhand van God.
God kom eerstens en openbaar Homself in al sy glorie en heerlikheid aan jou vandag. Stéfanus het sy oë op die regte plek gehad; hy het verby die probleem gekyk en die oplossing raakgesien, al was hy in groot nood. Nes jy dink die probleme hou op, steek 'n nuwe probleem sy kop uit. Jou lewe is nie 'n gelykpad nie, maar die Here is jou oplossing vir al jou probleme.
Leer my Heilige Gees, om altyd my afhanklikheid op my knieë in gebed na U toe te bring. Op my knieë wil ek u grote Naam aanroep. Met my oë gerig op U, wil ek verby my probleme kyk en net op U fokus. U is my Redder en die een wat my nooit alleen laat nie. Op my knieë is U waarlik goed en sorteer U al my probleme uit. Ek loof U en prys U, tot die dood toe. Amen.
[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]
God kom eerstens en openbaar Homself in al sy glorie en heerlikheid aan jou vandag. Stéfanus het sy oë op die regte plek gehad; hy het verby die probleem gekyk en die oplossing raakgesien, al was hy in groot nood. Nes jy dink die probleme hou op, steek 'n nuwe probleem sy kop uit. Jou lewe is nie 'n gelykpad nie, maar die Here is jou oplossing vir al jou probleme.
Leer my Heilige Gees, om altyd my afhanklikheid op my knieë in gebed na U toe te bring. Op my knieë wil ek u grote Naam aanroep. Met my oë gerig op U, wil ek verby my probleme kyk en net op U fokus. U is my Redder en die een wat my nooit alleen laat nie. Op my knieë is U waarlik goed en sorteer U al my probleme uit. Ek loof U en prys U, tot die dood toe. Amen.
Sunday, 14 April 2019
Subscribe to:
Posts (Atom)





