Thursday 31 March 2022

Toeka: Afkondigings van 17 Februarie 2019

 



I've learned ...


Written by Andy Rooney, a man who has the gift of saying so much with so few words.
   
I've learned ... That the best classroom in the world is at the feet of an elderly person.
I've learned ... That when you're in love, it shows.
I've learned ... That just one person saying to me, "You've made my day!" makes my day.
I've learned ... That having a child fall asleep in your arms is one of the most peaceful feelings in the world.
I've learned ... That being kind is more important than being right.
I've learned ... That you should never say no to a gift from a child.
I've learned ... That I can always pray for someone when I don't have the strength to help him in some other way.
I've learned ... That no matter how serious your life requires you to be, everyone needs a friend to act goofy with.
I've learned ... That sometimes all a person needs is a hand to hold and a heart to understand.
I've learned ... That simple walks with my father around the block on summer nights when I was a child did wonders for me as an adult.

[Hierdie waarhede was in die afkondigings van 17 Februarie 2019]

Monday 28 March 2022

150 genadejare: Piet Smit sing by Dutoitspan se feesvieringe













Dié bekende Afrikaanse sanger en
liedjieskrywer gaan Vrydagaand
by die AGS TD Ouditorium optree. 
Kontak die kerkkantoor indien jy
belangstel om kaartjies te koop.

 

Sunday 27 March 2022

Die kraaie in ons lewe ...

Die enigste voël wat dit sal waag om 'n arend te pik, is 'n kraai! 

Hy gaan sit op die rug van die arend en pik sy nek. Die arend veg of reageer glad nie op die kraai nie. Op hierdie manier spaar die arend kosbare energie. Hy span sy vlerke net wyer en styg al hoër op in die lug. Hoe hoër sy vlug, hoe moeiliker word dit vir die kraai om asem te haal ... totdat hy van die arend se rug afval weens 'n suurstof tekort ...

Moet daarom nooit jou energie vermors op die "kraaie" in jou lewe nie. Stil en sonder reaksie, 'n argument of  'n geveg, vat jy hulle net na jóú hoogtes ... hulle sal vanself afval!

Die vyand sit ook op jou rug en byt jou nek ... 

Maar, hulle wat op die Here wag, kry nuwe krag ... Hulle vaar op met vleuels soos díé van 'n arend! (Jesaja 40:30)

[Geleen]

Click HERE for more stories.

'n Opdrag ...


 

65 000 dankies



 

Saturday 26 March 2022

150 genadejare: Dutoitspan vanaf 1974 tot 2016 in 'n neutedop (Deel 3)

Ds. Holloway, wat van die NG Sendinggemeente Niekerkshoop gekom het, was vanaf Mei 1996 as tentmaker in die gemeente behulpsaam. Hy is toe beroep en het ds. Van der Walt opgevolg. Vanaf 1996 het hy ook as hospitaalleraar gehelp. Die deernis, opregte belangstelling, omgee, tyd, woorde van bemoediging en sy kragtige gebede langs elke hospitaalbed, het hom geliefd en gewaardeerd gemaak. Hy het aartsbiskop Desmond Tutu in 1982 ontmoet - die man wat hom geleer het om die mensdom lief te hê en na almal uit te reik.

Ds. Holloway het 'n skenking gekry om die banke in die kerk oor te doen en om nuwe matte aan te koop. Dit is so broodnodig om gereeld onderhoud op 'n relatiewe klein skaal te doen - anders kan dit in 'n finansiële uitdaging ontaard.

Later het ds. Keydy O'Callaghan, 'n weermagkapelaan, as tentmaker vanaf Januarie 2000 in die gemeente gewerk totdat hy 'n beroep na Postmasburg in Februarie 2007 aanvaar het.

Ds. Holloway het na die vertrek van ds. Keydy alleen in die gemeente gewerk, Die kerkbywoning was goed en die finansies was aan die groei. Ds. Richard was 'n mense-mens wat mense besoek het en wat op 'n stadium gesê het dat hospitaalbesoeke 'n heerlike deel van sy werk is.

In Julie 2009 aanvaar hy die beroep na St. Helenabaai. Ná ‘n vrugbare bediening van 13 jaar, word hy opgevolg deur ds. JS Kloppers, wat op Sondag, 4 Februarie 2010 bevestig is. In sy tyd het die kerkraad gemeentefondse ingesamel, deur o.a. 'n ete en 'n dans aan te bied. Daar is ook besluit om die ligging van die basaar te verander na die oop stuk veld agter Noord-Kaap Mall. Hierdie vernuwende skuif het vele onbekende voete 'n draai by die basaar laat maak wat die inkomste 'n goeie hupstoot gegee het. 

Ds. Kloppers se basaarspesialiteit was sy Priesterbier. Tuisgemaakte gemmerbier is darem net so 'n bietjie anders as jou alledaagse kommersiële koeldrank. 'n Mens kan maar sê dit is 'n koeldrank met 'n houding ... hierdie verfrissende Priesterbier was 'n goeie teenvoeter teen Kimberley se hitte. Ses jaar later aanvaar hy 'n beroep na die gemeente Burgersdorp en lewer sy afskeidspreek in Augustus 2016.

Almal van ons, gemeentelede, kerkraad, adminpersoneel en predikante, se dade, groot of klein, is soos klippies wat ons in die poel van die tyd gooi. Self verdwyn hulle, maar die sirkels op die water kring uit tot in ewigheid. 

[Lees deel 2 HIER en deel 1 HIER]

Wednesday 23 March 2022

ABOUT ICE CREAM AND A CHILD'S PRAYER

"Ice Cream Is Sometimes Good For The Soul"

Last week I took my children to a restaurant. My six-year-old son asked if he could say grace. As we bowed our heads he said, "God is good, God is great. Thank you for the food, and I would thank you even more if Mom gets us Ice Cream for dessert. And liberty and justice for all! Amen!"

Along with the laughter from the other customers nearby, I heard a woman remark, "That's what's wrong with this country. Kids today don't even know how to pray. Asking God for Ice Cream! Why, I never!"

Hearing this, my son burst into tears and asked me, "Did I do it wrong? Is God mad at me?"

As I held him and assured him that he had done a terrific job and God was certainly not mad at him, an elderly gentleman approached the table. He winked at my son and said, "I happen to know that God thought that was a great prayer."

"Really?" my son asked.

"Cross my heart." Then in theatrical whisper he added (indicating the woman whose remark had started this whole thing), "too bad she never asks God for Ice Cream. A little Ice Cream is good for the soul sometimes."

Naturally, I bought my kid Ice Cream at the end of the meal. My son stared at his for a moment and then did something I will remember the rest of my life. He picked up his Sundae and without a word walked over and placed it in front of the woman. With a big smile he told her, "Here, this is for you. Ice Cream is good for the soul sometimes and my soul is good already!"

[Author Unknown]

Click HERE for more stories. 

Tuesday 22 March 2022

VEERTIG METER

Veertig meter, Here. Dit is hoe ver U veronderstel was om weg te bly van die man met die melaatsheid aan sy lyf.  

Veertig meter. Die lewe het gesê dis "okay" as U die man so verlangs, met 'n ompad raaksien. Solank U nie naby gaan nie. 

Veertig meter ver ... dít was veilig genoeg.  

Hoe alleen moes daardie mens net nie gevoel het nie, Here?  Só met die sere op sy stukkende lyf ... en die skaamwees ... en die alleen-wees ... en die verlang in sy hart gebêre.  

Hoe desperaat moes hy net nie gewees het nie ...?

Só desperaat dat hy die veertig meter nader gekruip het. Sy uitroep was rou, stukkend ...  pleitend: "Here, as U wil, maak my 'seblief net gesond."  

U het nie geskrik vir die veertig meter nie, Here. U was nie bang of versigtig of skaam nie. U het nie stil probeer wegkyk, anderpad kyk nie.

Nee! U kon nie wag om deur die veertig meter te breek en U hand sag op sy stukkende lyf te sit nie.

Die melaats-wees en stukkend-wees was nie net in die Bybel nie, Here. 

Elkeen van ons loop met 'n stukkie stukkend in ons harte rond.  

'n Stukkend wat ons nooit vir die wêreld wys nie, want mense maak seer. Die lewe maak seer ... en dan stap ons elke dag op ons stukkie pad, 'n glimlag wat net op ons lippe sit en nie wil koers kies na ons oë toe nie.  

Ons harte hou die veertig meter afstand tussen ons en die mens langs ons. Soms tussen ons en U. Soos 'n "silent secret" wat ons diep in ons hart gaan bêre ... té bang die lewe gaan ons verwyt, óf ons wegstoot, óf moeg raak vir ons as ons te veel van onsself wys.  

Dankie dat U nie skrik vir ons veertig meter nie. 

Dankie dat U nie moedeloos raak as U die "silent secret" diep in ons harte raak-kyk nie. 

Dankie, Here, dat U ons kom soek wanneer ons in ons eie harte probeer wegkruip.  

Dankie dat U stil U hand na ons uitsteek, selfs op daardie tye wanneer ons te moeg is om te roep en te bid en te pleit. Selfs op daardie tye wat ons huil net in baklei wil verander. 

Dankie dat U versigtig aan ons "Silent secrets" raak, en dit beter maak.  

Dankie dat U nie ongeduldig raak met ons nie. Maar ons styf teen U vashou totdat ons weer die moed en die krag het om die veertig meter terug te stap na die lewe toe.  

Die lewe wat U so graag wil hê ons voluit moet leef.

"Here, as U wil ..."  het hy gepleit. 

"Here, as U wil ..." pleit ons stukkend.

Dankie vir die sagte kyk in U oë, die verstaan in U stem wanneer U stil antwoord:  "Ek wil."

Dankie dat U die veertig meter terughardloop na ons toe, daar waar die lewe ons harte agtergelaat het. 

- Daar waar ons kind doodgegaan het;
- ons werkloos op die sypaadjie uitgespoeg is;
- ons huwelik misluk het;
- ons aangerand word;
- ons hart se mens doodgegaan het;
- ons sommer net so baie alleen is. 

Dankie dat U ons nooit langs die pad vergeet nie. Nooit nie.  

Dankie dat U by ons bly totdat ons weer die moed het om ons koppe op te lig en die lewe weer in die oë te kyk.

Dankie dat U wil. 

Dít ... is vir ons genoeg!!

Amen 

[Geleen - dankie, ds. Ensie, dat jy hierdie boodskap met die lesers deel.]  

Sunday 20 March 2022

Met hangskouers en al

Kort neffens sonsak wieg die Genadewa tot stilstand langs 'n verwaarloosde plaasopstal. Ek en die Mooiste Mooi bly in die ou bittereinder sit vanweë een van die mees asemrowende Kalahari-gesigte wat mensegoed nog ooit gesien het ... ‘n Kalahari-sonsak. Sien, sonsak in die Kalahari bly maar net iets besonders. Veral as die warmste hemellig die westelike kim met oranje-goud omsoom, terwyl hy sukkel-sukkel slaapplek opsoek agter die verste sandduin. Dan is die Kalahari op sy heel spoggerigste ... soos vandag. 

My oë loop op die werf rond en steek by die bouvallige opstal en buitegeboue vas. Hierdie was sekerlik blou jare gelede 'n pronk plaas met ‘n spog woning vol vreugde, voorspoed en voortreflikheid gewees dink ek by myselwers. ‘n Plek wat oorvloed, sukses en genoegdoening uitbasuin. Maar deesdae, besef ek, deesdae vertel hierdie plaas 'n ander storie. 'n Hartseer hangskouerstorie vol diksand en dwarsduine. ‘n Hangskouerstorie van nie goed genoeg wees nie waar opgee, oorgee, swaarkry, sukkel en droogte die hoofrolle vertolk. 

“Alle mensegoed het mos 'n pronkerige kant” fluister die Veilige Gees saggies. “Maar” fluister Hy verder “alle mensegoed het ook 'n kant waaroor hulle met hangskouers staan." Verbaas staar ek met witoë na die verste sien. Soos gewoonlik is die Veilige Gees reg. 

Alle mensegoed het 'n mooi kant wat aan die wêreld voorgehou móét word. Dit is nou daardie prysenswaardige deel van ons daaglikse doendinge wat ingekleur is met voortreflikheid, vreugde en  voorspoed. Net soos ‘n Moses van ouds is daar in ons gistertye aspekte en ding wat diep weggesteek moet word. Hangskouerdinge waarvan niemand iets mag weet nie. 

Moses het mos eens op ‘n tyd 'n Egiptenaar doodgeslaan. Skaamte en vrees het gou-gou veroorsaak dat hy in Midian se woestyn gaan wegkruip het. Met hangskouers en al wat nou vergete en deel van sy gistergoed is, loop ‘n nuuskierige Moses hom in ‘n bos vas wat nie uitbrand nie. Hier roep die Here hom vir Moses op sy naam waartydens Hy Homself voorstel as die God van Abraham, Isak en Jakob. 

Meteens herinner die Veilige Gees my daaraan dat daar vir Abraham se kleinseun twee name in die Bybel opgeteken is – Jakob en Israel. 

Esau se kleinboetie het net soos alle ander mensegoed, 'n kant gehad waaroor hy geensins trots is nie. Jakob (wat ook soms bekend staan as Jakob die Bedrieër) se hangskouer kant vertel van bedrog, valsheid, leuens en sameswering. Daarmee saam was hy 'n lafaard wat agter sy vrouens en kinders weggekruip het. Waarlikwaar 'n mens sonder inbors wat nie goed genoeg is nie. 

Maar Isak se jongste het ook een nag (so is dit opgeteken) met 'n engel gestoei ... tot dagbreek toe. Uit erkenning hiervoor gee die Here vir hom ‘n nuwe naam. 'n Pronkerige naam - Israel -  want hy het met God en mens geworstel en nie kopgegee nie. Die kroon van die pronkerige kant van sy lewe is egter dat hy as volksvader van die Israeliete beskou kan word. 

“Onthou,” beduie die Veilige Gees verder, “Ek is die God van Abraham, Isak en Jakob. Die God van Abraham die gelowige, Isak die stabiele en Jakob die een met die hangskouers. Ek is nie op soek na die goeie, die mooi, die perfekte, die prysenswaardige nie.  Nee, Ek wil jou God wees ... met jou hangskouers en al.” 

En net voor ek en die mooiste Mooi uit die Genadewa klim, wonder ek skielik hoekom dit vir ons mensegoed so bitter moeilik is om Hom met hangskouers en al te vertrou. 

Eks 3:6 (NLV) = "God sê toe vir hom: “Ek is die God van jou voorouers – die God van Abraham, die God van Isak en die God van Jakob.” Toe Moses dit hoor, het hy sy hande voor sy gesig gehou. Hy was bang om na God te kyk." 

Sandkorrel baie seëninge.

Divine Life Bediening (HJ & Dalene Cronjé)
Selnr: 082 772 2192
WhatsApp: 081 568 7549 

Gaan maak ook 'n draai HIER.

[Dankie, Valerie Kilian, dat jy so gereeld pitkos met ons lesers deel.]

Saturday 19 March 2022

150 genadejare: Dutoitspan vanaf 1974 tot 2016 in 'n neutedop (Deel 2)


Na die vertrek van ds. De Wet in 1985 het ds. Van Wyk van Blackingstraat 55 na die pastorie in Connollyplek 13 getrek. In ds. Nico se eie woorde: "Dutoitspan was werklik 'n wonderlike gemeente om ons bediening te kon begin."

Intussen het 'n ander weermagkapelaan, prop. Coreejes, in die gemeente uitgehelp. Na ds. Van Wyk die beroep as medeleraar na die gemeente Hoogland in Port Elizabeth gekry en aanvaar het, is prop. LM Coreejes na Dutoitspan-gemeente beroep. Hy is in Desember 1987 met handoplegging bevestig.

Die veranderings aan die kerkgebou en-saal (soos dit vandag daar uitsien), was deel van ds. Coreejes se handewerk. Die kerkraad het besluit om die huis oorkant die kerk te koop. Dit was waar "Ons Huis", die tehuis vir bejaardes, begin het ... oorkant die kerk. 'n Baie goeie ligging vir die inwoners wat binne stapafstand van die kerk, winkel, poskantoor en biblioteek gebly het. Hulle skuif na Ariadnesingel was nodig, omdat die behoefte na huisvesting vir ouer mense al groter geword het. Op daardie stadium was die groot huis 'n losieshuis - verwaarloos en 'n seeroog reg oorkant die kerk. Hierdie huis met sy baie vertrekke, het dit maklik gemaak om dit as Sondagskoollokale in te rig. Daar is besluit om 'n galery aan die sykant van die kerk aan te bring in 'n poging om meer sitplek in die kerk te kry. Die kerk was stampvol tydens die eredienste en die enigste uitbreidingsmoontlikheid was opwaarts.

Die nuwe galery is gebou en met ysterbalke versterk wat die kerk aangekoop het van 'n ou sportpawiljoen wat afgebreek is. Die nuwe galery is spoedig gevolg deur 'n tweede sygalery.

Bywoningsgetalle het later getaan. Vir 'n standhoudende finansiële inspuiting, het ds. Coreejes en die kerkraad besluit om die kategeselokale te sloop en liewer vier meenthuise op te rig en die kategeselokale terug te skuif saal toe. Nuwe lokale is aan die agterkant van die saal ingerig.

In die verlede is alle geestelike sake in die pastorie se studeerkamer gedoen. Daar is besluit om kantore vir die predikante en die skriba/kassier by die saal in te rig. Die saal se aantrekkamers en 'n deel van die stoep is in kantore omskep. 'n Sinvolle en welkome skuif.

Daardie jare is die kerkraadsafsluiting by ouderling Jan Jacobs se plaas, op die Boshof-pad, gehou - gesellige afsluitings.   

Proponent André Lötter is op Sondag 17 Desember 1988 met handoplegging bevestig.

Dit was sy missie om die woord van God duidelik aan die gemeente te bring. 'n Beroep na Reddersburg wat hy aanvaar het, het 'n einde aan sy werksaamhede gebring. Hy was 'n Dutoitspanner tot September 1992.

Ds. Coreejes het weer alleen gewerk totdat prop. SJ van der Walt kom uithelp het. Dit was ongeveer November 1992. In November 1995 het ds. Coreejes die beroep na Vryburg aanvaar en die kerkraad beroep toe vir prop. Van der Walt wat vanaf 21 Januarie 1996 as volwaardige predikant met sy werksaamhede begin het.

Ds. Van der Walt het van tuinmaak gehou en hy het graag in sy groentetuin aan die agterkant van die pastorie gewerk. Gemeentelede het in die vars organiese groente gedeel wat mildelik hulle weg na kombuise gekry het.

Hy was ook 'n kranige fietsryer en het gereeld geoefen. Een dag tydens 'n oefensessie op die Barkly-Wes-pad, is hy deur twee mans aangeval en beroof op sy pad terug Kimberley toe. Uiteraard was hy baie benoud en al wat hy kon doen was bid. Die Here het vir hom Ps. 31 vers 15 gegee, wat hy dan ook daardie Sondag as teksvers in sy preek gebruik het. Toe hy 'n beroep na Port Shepstone toe gekry het, was sy teksvers vir sy preekbeurt ook Ps. 31:15, waar hy getuig het van die wonderwerk. Hy is in April 1999 in Port Shepstone bevestig.

[Word vervolg]

Lees deel 1 HIER

Sunday 13 March 2022

Hoekom glo ek?

Hier is my antwoord:

Ek glo in God, want partykeer is die wêreld so "awesome" en dinge werk so goed uit dat my siel uitroep vir iemand om voor dankie te sê.
Dan is dit Hy!

Ek glo in God, want soms is die berge en die sonsondergang en die wolke en die maan so mooi dat ek iemand nodig het om te prys. Iemand moes dit gemaak het.
Dis Hy!

Ek glo in God, want partykeer gebeur goed wat so onbeplan is en so seermaak. En dan voel dit of niemand verstaan nie, maar dan onthou ek die spykers in Sy hande en die Man aan die kruis.
Dan weet ek Iemand huil saam met my.
Dis Hy!

Ek glo in God, want partykeer is ek so deurmekaar en die lewe so sinneloos en my drome lyk onbereikbaar en dan het ek iemand nodig om saam met my die pad te stap en rigting te wys.
Dan is Hy daar!

Ek glo in God, want partykeer is ek so dom en ek doen sulke "stupid" goed en sonde mors my hart en my lewe so op en maak ander so seer. En dan het ek nodig dat Iemand vrede en wysheid bring
Dan is Hy daar!

Hy maak heel wat ek self verbrou het!
Hy bring genade, selfs in seer wat ekself veroorsaak het!

Ek glo in God, want partykeer weet ek niks. Ek het leiding en wysheid nodig in 'n deurmekaar wêreld wat ek nie verstaan nie. En Dan skryf Hy vir my in die Bybel en ek lees Sy Woord en hoor Sy stem en dinge maak weer sin!
Ek glo in God, in Jesus, in sy Gees, want Hy's daar!

Heeltyd! Altyd!

In alles waardeur ek gaan en maak nie saak hoeveel keer ek dieselfde fout maak nie. Hy is daar!

Ek glo in God, want ek sien nie kans om ooit alleen te wees of enigiets alleen te doen nie.

Ek glo in God, want ek het Hom nodig ...

Saturday 12 March 2022

150 genadejare: Dutoitspan vanaf 1974 tot 2016 in 'n neutedop (Deel 1)


'n Gemeente is 'n dinamiese, lewende "organisme" wat voortdurende veranderings en vooruitgang en in sommige gevalle selfs agteruitgang die hoof moet bied. Dit is alles nodig sodat daar groei kan plaasvind. Baie tyd word spandeer om stelsels in plek te kry en te verbeter, sodat die fokus op die geestelike bearbeiding kan val.

Predikante kom en gaan en elkeen los geestelike voetspore wat onuitwisbare indrukke laat op diégene wat agterbly. Albei partye begin met 'n nuwe reis. Die gemeente moet weer 'n nuwe predikant beroep wat bereid is om die belange, probleme, maar ook unieke uitdagings in die gemeente die hoof te bied. Aan die ander kant neem die dominee wat na 'n ander gemeente gaan, ook ervarings en herinnerings met hom saam. En in beide gevalle is dit 'n wonderlike nuwe begin ... vir baie van die proponente was Dutoitspan 'n leerskool, 'n plek waar hulle hul eerste tree op hul beroepspad kon gee.

Die gemeente was na die vertrek van ds. JH Siebert na Murraysburg, vir etlike maande vakant. In hierdie tyd het ds. ML van Rensburg, emeritus-leraar, waargeneem, Hy was 'n neef van tannie Kas Joubert, 'n jarelange gemeentelid en ouma van Carina Badenhorst.

Ds. Siebert het demissie ontvang, maar hy het besluit om eers aan die einde van Desember 1973 te vertrek. Die kerk was daardie jaar tydens die Kersdiens en die middernagdiens stampvol, bykomende stoele moes ingedra word. Dit was die taak van die konsulent, ds. VO Nel van Diamantveld-gemeente, om die kerkraadsvergadering te lei wanneer hulle 'n nuwe predikant beroep.

Na herhaalde beroepe het ds HC de Wet van Epping-Wes die beroep aanvaar. Dit was ongeveer 5 Oktober 1974. Hulle het aan die begin maar moeilik aangepas - vanaf die Kaap na die droë warm Noord-Kaap vra op sigself moed. Maar die omgee-mense in die gemeente het dit makliker gemaak. Ds. De Wet het besluit om die kerkraadsafsluitings sommer by die pastorie te hou. Daar was genoeg ruimte, bome en gras vir 'n aangename en gesellige buiteluggeleentheid. In een woord kan daarna verwys word as 'n afsluitingsvrugtefees. Heerlike seisoensvrugte en waatlemoen was altyd aan die orde van die dag, saam met geselsies, staaltjies en stories. En so tussen die geselsery deur, is moontlikhede en planne geopper vir die volgende jaar - 'n "vrugtevolle" of "vrugbare" afsluiting.

Ds. Van Rensburg het nog vir 'n tyd lank saam met ds. De Wet gewerk, omdat die lidmaattal eintlik vir 'n tweede leraar regverdig het. Finansies het egter hierdie aksie vir 'n lank tyd gekniehalter. Na vele kerkraadsvergaderings en verskeie moontlikhede, het die kerkraad wel later besluit om 'n medeleraar te beroep, en die keuse het op prop. CMV Wait geval, wat dan ook die beroep aanvaar het.

'n Tweede predikant dwing die gemeente om in 'n tweede pastorie te belê. 'n Belangrike vereiste daardie jare was dat die pastorie binne die gemeentegrense moes val. Twee huise was op daardie stadium beskikbaar - die huis van mev. Van der Westhuizen, die orrelis, en 'n huis in Blackingstraat. Op aanbeveling van prop. Wait se ouers het die keuse op Blackingstraat 55 geval. Daar is toe terstond met die aankooponderhandelings begin. So begin 'n nuwe era in die geskiedenis van die gemeente - die luuksheid van twee predikante, maar ook die finansiële bekommernis wat dit teweeggebring het.

Prop. CMV Wait is deur sy skoonpa, ds. Möller, redakteur van die Kerkbode op daardie stadium, op 29 Januarie 1979 bevestig. Ds. Wait was hart en siel deel van die gemeente totdat hy die beroep na die Sonnekus-gemeente in die Kaap op 25 April 1982 aanvaar het.

Na die vertrek van ds. Wait het die kerkraad gebruik gemaak van prop. NC van Wyk, die weermagkapelaan, se dienste.

'n Baie groot tragedie het die pastoriepaar gedurende hulle verblyf in Dutoitspan getref. Ds. De Wet se derde oudste seun, Pierre, was die trotse eienaar van 'n tweedehandse Volksie. Van tyd tot tyd het die Volkswagen Kewer meer aandag gevra en moes die enjinkap gelig word. Een so 'n betrokke middag, met die Kewer opgedomkrag, was Pierre onder die kar, en om een of ander onverklaarbare rede het die Volksie van die domkrag gegly en Pierre onder die kar vasgepen. Ds. vertel dat hy met ongelooflike krag van Bo, die motor kon oplig, sodat die ander vir Pierre kon uitkry. Nooit vantevore of daarna het hy daardie gevoel van onmenslike krag ervaar nie. Pierre was ernstig beseer en is dadelik hospitaal toe geneem. Hy het baie goed op die behandeling gereageer, wat die hoop op volkome herstel in die gemeente laat opvlam het. Terwyl hy in die hospitaal was, kry hy egter geelsig, waarvan hy nie herstel het nie en hy is in Maart 1983 oorlede. Die gemeente het 'n geestelike laer om die pastorie getrek en op verskeie manier uitgereik na ds. Hennie en mev. Yvonne de Wet. Die pastoriepaar het dit baie moeilik verwerk. Hulle het nog twee jaar na hierdie voorval in die gemeente gearbei.

Ds. De Wet was ook 'n passievolle skrywer. 'n Talent waaroor hy baie beskeie was. Sy boek, Laat ons boekevat, se eerste druk was in 1967, en teen 1979 het dit reeds 'n sesde druk beleef. Een van sy ander boeke, My Tye In U Hand, was baie gewild.

Hierdie boek is o.a. as volg geadverteer nadat dit uit druk was: "'n Heruitgawe van die bekende dagboek My Tye In U Hand sal stellig oral verwelkom word. In eenvoudige, bevatlike taal word die groot waarhede rondom die sorg van God in alle omstandighede meegedeel. Dit is leesstof vir oud en jonk - alhoewel die klem 'n ietsie meer op bejaardes gelê word."


Die kerkraad het besluit om 'n medeleraar te beroep en die keuse het op prop. NC van Wyk geval wat reeds met inspirerende bydraes 'n verskil in die gemeente gemaak het. Hy aanvaar die beroep en is in Augustus 1983 met handoplegging bevestig deur sy predikant van Pretoria. Hy het met hart en siel gewerk en was 'n betrokke predikant op vele terreine tot en met sy vertrek in 1987. Ds. Van Wyk se ander groot liefde was sport, en meer spesifiek rugby, hy was nie net 'n baie goeie rugbyspeler nie, hy het selfs vir die Griekwa-rugbyspan uitgedraf.

Na die vertrek van ds. De Wet in 1985 het ds. Van Wyk van Blackingstraat 55 na die pastorie in Connollyplek 13 getrek. In ds. Nico se eie woorde: "Dutoitspan was werklik 'n wonderlike gemeente om ons bediening te kon begin."

[Word vervolg]

Wednesday 9 March 2022

SKEPPINGSDOEL BLY OM TE BOU EN TE HERSTEL

Die eerste en basiese belydenis van Christene oor God, is dat Hy die Skepper is. God word deurgaans beskryf as die Een wat bou, nie afbreek nie.

Daarteenoor word die duiwel, die bose, van meet af uitgebeeld as die groot breker; die een wat dít wat God goed en mooi geskape het, afbreek en probeer vernietig.

Regdeur die Bybel kan die werk van God en dié van die bose hieraan onderskei word - God is die Skepper, die Heelmaker en Satan die groot verwoester. Dit is dan ook die hoofrede waarom Jesus na die aarde toe gekom het en aan die kruis gesterf het - om dít wat die duiwel gebreek het, weer te kom heelmaak - veral die mens sélf.

Teen hierdie Bybelse agtergrond het ek die afgelope tyd toenemend oor die situasie in Suid-Afrika besin. Suid-Afrika is teen ’n onstellende tempo op ’n pad van vernietiging. Kyk maar na opeenvolgende nuusberigte in enige koerant of televisie-nuus. 

Infrastruktuur wat oor jare opgebou is en noodsaaklik is vir ’n goed-funksionerende land en gemeenskap, word letterlik afgebreek, afgebrand, besteel of gesaboteer. Misdaad breek, skend en vernietig lewens.

Waaraan moet dit toegeskryf word? Onverantwoordelikheid, ongebreidelde haat, reaksionêre woede en ’n vreemde vernietigingsdrang speel sekerlik ’n rol.

Die ANC staan as ’n volslae korrupte en mislukte regerende party egter eerste in die beskuldigingsbank. Waar alles waaraan die mitiese koning Midas geraak het in goud verander het, verander alle “goud” waaraan die ANC raak in skroot.
  
Daarmee saam het Julius Malema en sy EFF nog niks anders gedoen as om af te breek en die vlamme van haat, geweld en rasse-konflik aan te blaas nie.

Terwyl opbou en herstel nie uniek aan Christen-wees is nie, behoort dit ’n kenmerk van Christene te wees. 

Om af te breek, af te brand en te vernietig, druis in teen die Skepper se opdrag aan sy skepsele om verantwoordelike rentmeesters van sy skepping te wees. Ons is immers na Sy beeld en gelykenis geskape. Iets van ons skeppingsdoel word sigbaar as ons skep, regmaak, heelmaak.

Tesame met alle moontlike aanleidende faktore wat spesifiek tot die vernietiging van ons eie land meewerk, kan ek nie anders as om die invloed en rol van die Bose raak te sien nie. Moord, verkragting, misdaad en vernietiging kan met geen woord beter beskryf word as “boos” nie.

As Christene veral, is ons steeds geroep om bouers en nie brekers te wees nie en om alles moontlik te doen om hierdie vernietigings-kultuur stop te sit.

Daar mag nie van ons gesê word wat in Eseg. 22:30 staan nie: “En Ek het onder hulle 'n man gesoek wat 'n muur kan bou en voor my aangesig in die bres kan staan vir die land ..., maar Ek het niemand gevind nie.”

(Isak Burger is ’n voormalige kerkleier en skrywer - Beeld 23 Februarie 2022) 

Saturday 5 March 2022

150 genadejare: Ds. en mev. JH Siebert (08/12/1968 - 31/12/ 1973)

Die ontvangs, verwelkoming en bevestiging van die predikantspaar was gedurende die naweek van 6-8 Desember 1968. In hierdie dae het die beroep van 'n predikant anders gewerk as deesdae. Hoe ds. Siebert van Ysterplaat-Suid se naam op die beroepslys geland het, kon niemand verklaar nie. Geeneen van die kerkraadslede het hom geken nie en na die geslote stemming, het sy naam die meeste stemme gehad. 'n Gestuurde dus van Bo.

Sommer reg aan die begin is ds. en mev. Siebert met spesifieke uitdagings in die gemeente gekonfronteer, onder andere, 'n slegte finansiële situasie, baie skuld, sommige wyke wat diakenloos was, en 'n onwilligheid om op die kerkraad te dien. Dit het gelei tot die verlies van maandelikse dankoffers, en swak kerkbywoning, veral aanddienste, ten spyte van 'n groot lidmaattal waarvoor die kerkgebou te klein sou raak.

Ds. Johnny Siebert het geen steen onaangeroer gelaat nie. Die diakenprobleem is eerste aangespreek, sodat die maandelikse dankoffer op 'n gereelde basis deur diakens in al die wyke geïn kon word. Strategieë is uitgewerk hoe om fondse op ander maniere, buite die grense van die gemeente, te genereer. Die gemeentesusters wat aan die Vrouesendingbond (VSB) behoort het, het een Saterdag per maand 'n koekverkoping (Die bekende Môremark) voor die ou OK en voor John Orr (beide in Jonesstraat) gehad. Een keer 'n maand het hulle die kos voorsien by 'n vandisie by Basie Heckroodt, asook by Noord-Kaap Vandisiekrale.

Ds. Siebert het ook sy eerste twee salaristjeks vir die gemeente teruggegee, want hy wou nie 'n salaris vat van 'n gemeente wat dit nie op daardie stadium kon bekostig het nie. Die kerkraad was bewus van hierdie gebaar en ook bekommerd oor hulle herder se finansiële posisie. Die gemeente het egter nie weer teruggekyk nie. Onder die pastoriepaar se simpatieke leiding het die finansiële situasie van die gemeente spoedig verbeter.

Die bywoningsyfer van die kerkdienste het toegeneem en spoedig het ds. Siebert vier dienste op 'n Sondag gehou. Twee dienste in die oggend, met die Sondagskool wat tussen die twee dienste gehou is, 'n diens by Ons Huis, die ouetehuis binne die gemeentegrense en dan die aanddiens. Tydens beide oggenddienste is stoele ingedra en die meeste van die tyd het die kerkraadslede in die konsistorie gesit tydens die oggenddienste, sodat daar nog plek in die kerk beskikbaar kon wees. Besoekers van ander gemeentes en kerke was 'n algemene gesig.

Die jaarlikse dankofferbasaar het gegroei tot 'n baie groot gebeurtenis. Ds. Siebert het op dié betrokke Saterdagoggend reeds om 04:00 begin bid vir die dag se verrigtinge. Later jare het van die kerkraadslede saam met hom gebid. Hierdie baie vroeë biduur is gevolg deur die aansteek van die vure om 05:00. Die basaar het die hele dag geduur, met Kimberliete wat van oraloor kom saamkuier het. Hier teen 17:00 is 'n dankbiduur gehou en 19:00 was daar 'n filmvertoning in die saal, wat intussen reggepak is en skoongemaak is. Dié vlytiges was die KJV (Kerkjeugvereniging) en die diakens. Basaarpoedings, koffie, tee en koeldrank is weer tydens die pouse verkoop. So teen tienuur is die saal se deure gesluit na 'n baie genoeglike dag.  

Die gemeente sou sy 100-jarige bestaan in 1972 vier. Die kerkraad het egter besluit dat daar geen feesvieringe sou wees, indien die kerk se skuld nie afgewerk is nie. Gedurende 1970 kon die gemeente reeds begin met die opknapping van die kerkgeboue en moes daar dringend na die uitleg van die tuin gekyk word. Daar is 'n boorgat gesink aan die agterkant van die saal, wat die waterrekening in die kerk se guns laat swaai het.

Vroeg in 1971 was alle herstelwerk klaar. Die ou kerkbanke is vervang met ronde banke, daarmee is die sitplektal met meer as 150 vermeerder. Die ou kerkbanke is aan gemeentelede of belangstellendes verkoop om fondse in te samel. Daar was egter meer kopers as banke in die kerk. Mense het die bank gekoop waarop hulle gewoonlik gesit het.

Die ou kansel is vervang met die huidige kansel wat beter by die ronde kerkbanke pas. Die buitetoilette langs die konsistorie is aangebou omdat daar groot hoeveelhede mense tydens die feesvieringe verwag is.

In hierdie breek-en-bou-tyd in 1970, is die eredienste in die saal voortgesit. Ds. Siebert het vir mev. Van der Westhuizen, die orrelis, afgegee en sommer self die gemeente begelei tydens elke erediens. Die klavier (wat vandag nog in die gemeente diens doen) het langs die kateder op die verhoog gestaan en daar het die gemeente ook bewus geword van die dominee se musiektalent.

12 dakwaaiers is geïnstalleer in 'n poging om die Kimberley-hitte te temper. Nuwe matte is in die kerk en konsistorie gelê, nuwe blindings is in die kerk aangebring, die orrel is gediens, gordyne is voor die boonste venstertjies van die saal gehang, en 'n stoorkamer is aangebou.

Die stadsraad het sementblokke op die sypaadjies reg rondom die kerk gelê. Die kerkkompleks het 'n totale verjongingskuur ondergaan. Dutoitspan kon met 'n ligte gemoed die eeufeesjaar binnegaan, want daar was geen skuld nie, selfs die verbeteringe wat aangebring is, was klaar betaal.    

Die kerkraad het die geskiedenis van die kerkgebou laat herleef deur die verskillende stadiums uit te beeld op verskillende vlotte. Ook hier het die gemeente se mans moue opgerol en is daar getimmer, gesaag en geverf in die aand. Presiese replikas van die tentkerk, sinkkerk en die vorige steenkerk, saam met die huidige kerkgebou is gebou en foto's van die vlotte kan op die kerk se blog besigtig word. Van die geboue is aan Kimberley se oopmynmuseum geskenk om daar uitgestal te word.

[https://dutoitspan.blogspot.com/p/eeufeesvieringe-1972.html]      

Aan die einde van 1973 het ds. Siebert 'n beroep na Murraysburg toe aanvaar. Vir die gemeente het dit op daardie stadium soos 'n doodstyding gevoel. Daar is egter voortgebou op die goeie werk wat hulle in Dutoitspan-gemeente gedoen het.
Ds. en mev. Siebert met Hannes (agter) en Igno (voor)