Eeufeesvieringe 1972

Terug na HOME PAGE

Foto's uit die feesalbum

Die buiteblad van die feesprogram.








Die steen in die voorportaal van die 100 jaar van seëninge.




Siervlot: Eerste kerkbebou  - bekend as die tentkerk.
1872 - 1880



Siervlot: Die ou sinkkerk - hierdie vlot is deur die 
diakens gebou. 1881 - 1940



Siervlot van die eerste steenkerk. Voor die vlot staan mev. Henna
Havenga en haar suster.
 1940 - 1957



Siervlot van die huidige kerkgebou. Bouers van die vlot was 
P Snyders, Frank Orton en Schalk Pienaar.
1957 - 1972
Schalk en Jane Pienaar, saam met hulle kinders, Alda en Ronell.
Op daardie stadium was Schalk die leierdiaken en
hy het ook in beheer van die optog van sierwaens gestaan,
terwyl Jane vir baie van die blommeruikers verantwoordelik was,
saam met mev. Wagner.

Thys en Baby van Lingen, saam met hulle
kinders, Carina, Trudie, Antoinette & Wimpie 

Perdekar met die drywer en Schalk Pienaar voor in die optog.
Schalk Pienaar was in beheer van die reëlings van die optog.



Siervlot van die KJA



Siervlot van Dutoitspan Laerskool



Sierwa met die jeug wat die delwersgemeenskap uitbeeld



Vlot geborg deur Sullivans en beskikbaar gestel vir die
 gemeentevrouens om saam in die optog te ry.



'n Uitstalling van Bybels en deel van die optog.



'n Siervlot met van die Kinderkrans-kinders.



'n Sierwa met van die Sondagskoolkinders daarop.



Sierwa van die aktiewe Mannesendingbond wat op daardie
stadium die salaris betaal het van drie predikers en die latere
ds. Sukdaven finansieel bygestaan het om hom as predikant
te bekwaam.



Berede polisie van Kimberley deel van die optog.



Sierwa met gemeentelede op die ou kerkbanke wat in 1972 deur
die huidige ronde banke vervang is om meer mense te kon
akkommodeer.


Een van die gemeentelede met die NG Kerk-embleem voor en
agter op sy bakkie.



Kimberley se Skotse reglement het die musiek tydens die
optog verskaf. Voor loop Charles Ross, oudste seun van
mnr. en mev. Ross (kosterspaar van Dutoitspan)



Ds. en mev. Siebert, saam met Hannes en Igno. Agter die motor
 staan ds. Siebert se ma. Die predikantspaar wat baie hard gearbei
 het om die 100ste bestaansjaar van die gemeente 'n baie spesiale
jaar te maak.


Mnr. en mev. Gous, skrywer van die
Eeufeesgedenkalbum



Mnr. en mev. Essie Esterhuizen wat
"deur die duikweg" gebly het. 




Ds. AP Smit, argivaris en  vorige leraar van
Dutoitspan, besig om sy feesboodskap te lewer.




Mev. (ds.) Nel, 'n gemeentedogter lewer
'n boodskap aan die VSB-susters.


Mev. Rhoodie, aktiewe gemeentelid. 



Mev. Wagner, verantwoordelik vir die
kerkruikers en vir jare koster van die
gemeente. 



Oudgemeentelid deel staaltjies uit
vervloë dae met die gemeente.



Oudgemeentelid deel staaltjies uit
vervloë dae met die gemeente.



Oudgemeentelid deel staaltjies uit
vervloë dae met die gemeente.