Saturday 6 April 2024

Slaairesep: Gedroogde vrugte

Benodigdhede:
250 g droë gemengde vrugte
knippie suiker
3 ryp piesangs
1 blik kondensmelk
kwart koppie olie
halwe koppie asyn
2 t droë mosterdpoeier
knippie sout
2-4 e mayonaise

Metode:
Kook 1 pakkie 250 gr droë vrugte sag - nie pap nie - met bietjie suiker en water.
Gooi stroop af.
Sny 3 ryp piesangs by. 
Sous:
Klits saam vir sous:
*1 blik kondensmelk 
* kwart k olie 
* halwe k asyn
* 2 t droë mosterdpoeier en knippie sout,
* 2-4 e mayonaise, na smaak van hoe suur jy dit wil hê.
 Skep sous oor vrugte. 

Wenk:
Skep in mooi slaaibak en plaas in yskas voor gebruik.