Saturday 20 April 2024

Slaairesep: Maklike vrugteslaai

Benodigdhede:
2 ryp pere 
1 soet lemoen
1 klein suurlemoen
1 ryp piesang
1 ryp granaat (pitte)
250 g rooi druiwe -
3 kiwivrugte
1 rooi appel
1 perske (opsioneel)
heuning (opsioneel)

Metode:
1. Was al die vrugte deeglik in soutwater af.
2. Verdeel lemoen in skyfies (sny kleiner indien verkies).
3. Sny pere, piesang en appel in blokkies.
4. Gooi suurlemoensap oor om te verhoed dat dit verkleur.
5. Sny geskilde kiwi (en perske) in blokkies.
6. Meng vrugte en gooi heuning oor.