Showing posts with label Kerkbywoning. Show all posts
Showing posts with label Kerkbywoning. Show all posts

Monday, 21 September 2026

Gaan leef dit uit wat jy in die kerk hoor ...

'n Persoon skryf 'n brief aan 'n tydskrif en kla dat dit vir hom geen sin meer maak om kerk toe te gaan nie.

Hy skryf: "Ek gaan al vir meer as 30 jaar kerk toe, ek het gedurende hierdie tydperk na ongeveer 3200 preke geluister, maar ek kannie een onthou nie. So ek dink ek mors my tyd en die predikante mors hulle tyd deur al hierdie preke voor te berei en Sondag vir Sondag te preek". 

Die brief is in die tydskrif gepubliseer en 'n paar weke het verbygegaan voordat iemand soos volg op die artikel geantwoord het: "Ek is reeds 30 jaar getroud. Gedurende my getroude lewe het my vrou ongeveer 32,000 etes voorberei. Maar, net soos jy, kan ek nie een van die spyskaarte onthou nie. Maar dit weet ek, al daardie etes het my gevoed en versterk, as dit nie vir daardie etes was nie, dan sou ek vandag dood gewees het. Dieselfde geld ook vir die kerk. As ek nie gegaan het om geestelik gevoed te word nie, sou ek vandag geestelik dood gewees het. "

Wanneer jy af is, is God besig met iets! 

Geloof sien die onsigbare, glo die ongelooflike en ontvang die onmoontlike! 

Dank God daagliks vir ons fisiese en geestelike voeding.

[Aangestuur]

Sunday, 2 August 2026

Eghon Francis: "Wanneer laas en soek jy daarna?"

WANNEER laas het jy regtig 'n ontmoeding gehad met die Vader?
WANNEER laas was jy regtig in die Vader se teenwoordigheid?
WANNEER laas het jy regtig die salwing en teenwoordigheid ervaar van die Heilige Gees?
WANNEER laas was daar vir jou gebid en hande opgelê?
WANNEER laas het jy welkom gevoel tussen mense, en kon jy net jouself wees?
WANNEER laas was die Woord in sy volle waarheid aan jou verkondig?
WANNEER laas was jy regtig gelukkig en kon weer ten volle lewe?
WANNEER laas was jy en jou familie en vriende, gelukkig by 'n gemeente?
WANNEER laas het jy vry gevoel om jouself en jou talente te ontdek en ten volle uit te leef?
WANNEER laas was jy betrokke by 'n geestelike uitreiking?
WANNEER laas het jy regtig welkom gevoel by gemeente?
WANNEER laas is daar uitnodigings en geleenthede gegee, in jou gemeente, vir mense om hulle saak reg te maak met die Here?
  • SOEK JY NA GELEENTHEDE?
  • SOEK JY NA ANTWOORDE?
  • SOEK JY NA AANVAARDING?
  • SOEK JY NA VREDE?
  • SOEK JY NA OPLOSSINGS?
  • SOEK JY NA WARE LIEFDE?
  • SOEK JY NA HULP?
  • SOEK JY NA DIE WAARHEID ?
  • SOEK JY NA REDDING ?
  • DIE GOEIE NUUS IS ...
Wees getrou om die eredienste van jou gemeente by te woon en 
wees JY die verskil wat jy graag wil sien en beleef!

[Aangestuur deur Ann]

Sunday, 22 February 2026

Wat doen jy op Sondae?

Niemand kan kerkbesoek verwaarloos en geestelik vorder nie.

Hoe meer jy wegbly, hoe minder sal jy lus kry om te gaan, en hoe makliker sal jy die dag van die Here ontheilig.

Iemand wat van die kerk af los raak, verloor sy sin vir waardes met betrekking tot God en die ewige dinge. Hy vind iets anders om hom mee besig te hou en word maklik opgeneem in die maalkolk van dolle plesierversugting.

Hierdie dinge verskaf egter nie die versadiging en satisfaksie waarna sy siel smag nie. Daardie leemte in sy binneste word al groter, totdat die lewe eindelik, ontbloot van alle sin en betekenis, 'n vermoeienis en 'n oorlas word, met die moontlikheid van selfdood nie uitgesluit nie.

Dit klink miskien vergesog en onwaarskynlik, maar dit is die verhaal van menige persoon wat van God af weggedwaal het - en die eerste stap op daardie weg was verontagsaming van Gods Woord, van Sy Huis en van Sy Dag.

* Maak 'n gewoonte daarvan om Sondae die kerk te besoek. 
* Ontmoet God daar. 
* Hy daag altyd op vir die afspraak ... 
* En jy? 
* Wat doen jy Sondae?

Thursday, 12 June 2025

Dink hieroor: Waarom boer sommige Afrikaanse kerke agteruit?

Hierdie vraag word dikwels gevra as mense om die koffiekan na 'n erediens staan en koffie drink en die kerk was weereens ontstellend leeg. 

'n Wyse bejaarde lidmaat se antwoord som dalk die probleem op: "Dominee, ons mense het die vrees vir die Here verloor. Daarom is al die Afrikaanse kerke besig om agteruit te boer."

Hoe sal 'n mens hierdie antwoord kan meet as dit moontlik sou wees? Een moontlike manier om dit waar te neem is om te kyk na die gebrek aan eerbied en fatsoenlikheid wat onder die kerkgangers toegeneem het. So ook die algemene sedelike norme wat so kenmerkend van ons voorgeslagte was.

Respek en integriteit is deesdae skaars kommoditeite, selfs onder Christene. Dit is só jammer en strek die Here nie tot eer nie.

Psalm 95 

Hy is ons God en ons is sy volk
1 Kom, laat ons jubel tot eer van die Here,
laat ons juig oor die rots by wie ons redding vind,
2 laat ons na Hom toe gaan met lof,

laat ons Hom toejuig met lofsange,

3 want die Here is die magtige God,
die groot koning oor al die gode.
4 Die dieptes van die aarde behoort aan Hom,
die kruine van die berge is Syne.
5 Die see is Syne, Hy het dit gemaak;
sy hande het die land gevorm.
6 Kom ons val in eerbetoon voor Hom neer,
kom ons buig,
kom ons kniel voor die Here ons Skepper!
7 Hy is ons God en ons is sy volk,
sy kudde, sy skape, deur sy hand versorg.
As julle vandag maar na Hom wou luister:
8 “Moenie hardkoppig wees soos destyds by Meriba,
soos die dag by Massa in die woestyn nie,
9 waar julle voorvaders My uitgetart
en my geduld beproef het,
hoewel hulle gesien het wat Ek gedoen het.
10 Veertig jaar lank het Ek 'n weersin in daardie geslag gehad,
Ek het gesê: ‘Hulle is 'n moedswillige volk,
hulle wil my paaie nie ken nie.’
11 Daarom het Ek in my toorn 'n eed afgelê
dat hulle nooit sou uitkom
by die rusplek wat Ek hulle wou gee nie.”

[© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1983, 1992. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.]

Monday, 9 December 2019