Showing posts with label Skool. Show all posts
Showing posts with label Skool. Show all posts

Saturday, 20 June 2026

Kerkgenotjies: Skool (vervolg)

Ma: "Wat het jy vandag in die skool geleer'?"
Clinton: "Hoe om te skryf."
Ma: "Wat het jy geskryf?"
Clinton: "Ek weet nie. Hulle het ons nog nie geleer lees nie."

oooOOooo
Onderwyser: "Wat lees jy?"
Charles: "Ek weet nie."
Onderwyser: "Maar jy lees kliphard?"
Charles: "Maar ek luister nie."
oooOOooo

Pa: "Wat gaan jy eendag wees wanneer jy klaar is met skool?"
Clive: "'n Ou man."

Saturday, 13 June 2026

Kerkgenotjies: Skool

Ouma moet na die kleinkinders gaan kyk, terwyl hulle pa en ma 'n bietjie met vakansie gaan in die middel van die kwartaal. Die middag kom Susan by die huis en sê vir haar ouma: "Die juffrou sê ek gee nie genoeg aandag in die klas nie. Of ... ek dink dis wat sy gesê het."

oooOOooo

Ouma is nog nie so lekker met die oggendroetine nie en dit is die tweede oggend dat die kinders laat is.
Onderwyser: "Hoekom is jy so laat?" 
Jenny: "Jammer, Juffrou, ek het verslaap."
Onderwyser: "Wil jy vir my sê jy slaap by die huis ook?"

oooOOooo

Onderwyser: "Het jy jou huiswerk gedoen?"
André: "Nee, Juffrou."
Onderwyser: "Het jy 'n verskoning?"
André: "Ja, dis als my ouma se skuld."
Onderwyser: "Het sy jou gekeer om dit te doen?"
André: "Nee, sy het nie genoeg geneul dat ek dit doen nie."

Saturday, 31 August 2024

Kerkgenotjies: Hondeliefhebber

‘n Man loop in die park waar hy 'n vrou op 'n bank sien sit met 'n hond wat langs haar lê. Hy is baie lief vir honde en wil die hond streel, maar eers vra hy haar: "Mevrou, byt jou hond?"
"Nee, my hond byt nie."
Die man vryf oor die hond se kop, maar die dier hap sy hand dat die bloed loop. Woedend skree hy vir die vrou: "Ek dog jy sê jou hond byt nie!"
"Hierdie hond,'' sê die vrou komkommerkoel, ''is nie my hond nie."

Saturday, 15 June 2024

Kerkgenotjies: Eerste skooldag van een van die jong gemeentelede

James kom by die huis na sy eerste skooldag en sê vir sy ma: "Ek mors my tyd by die skool. Ek kan nie lees nie. Ek kan nie skryf nie en hulle wil nie hê ek moet praat nie." 

***

Ma: "Suzan, wat was die eerste ding wat jy in die skool geleer het?"
Suzan: "Hoe om te praat sonder om my lippe te beweeg." 

***

Buurman se seuntjie: Julle TV is so oud, as 7de Laan begin, vergeet Jan-Hendrik sy woorde.