Showing posts with label Betrokkenheid. Show all posts
Showing posts with label Betrokkenheid. Show all posts

Sunday, 2 August 2026

Eghon Francis: "Wanneer laas en soek jy daarna?"

WANNEER laas het jy regtig 'n ontmoeding gehad met die Vader?
WANNEER laas was jy regtig in die Vader se teenwoordigheid?
WANNEER laas het jy regtig die salwing en teenwoordigheid ervaar van die Heilige Gees?
WANNEER laas was daar vir jou gebid en hande opgelê?
WANNEER laas het jy welkom gevoel tussen mense, en kon jy net jouself wees?
WANNEER laas was die Woord in sy volle waarheid aan jou verkondig?
WANNEER laas was jy regtig gelukkig en kon weer ten volle lewe?
WANNEER laas was jy en jou familie en vriende, gelukkig by 'n gemeente?
WANNEER laas het jy vry gevoel om jouself en jou talente te ontdek en ten volle uit te leef?
WANNEER laas was jy betrokke by 'n geestelike uitreiking?
WANNEER laas het jy regtig welkom gevoel by gemeente?
WANNEER laas is daar uitnodigings en geleenthede gegee, in jou gemeente, vir mense om hulle saak reg te maak met die Here?
  • SOEK JY NA GELEENTHEDE?
  • SOEK JY NA ANTWOORDE?
  • SOEK JY NA AANVAARDING?
  • SOEK JY NA VREDE?
  • SOEK JY NA OPLOSSINGS?
  • SOEK JY NA WARE LIEFDE?
  • SOEK JY NA HULP?
  • SOEK JY NA DIE WAARHEID ?
  • SOEK JY NA REDDING ?
  • DIE GOEIE NUUS IS ...
Wees getrou om die eredienste van jou gemeente by te woon en 
wees JY die verskil wat jy graag wil sien en beleef!

[Aangestuur deur Ann]

Thursday, 16 April 2026

RAAK BETROKKE: Ontdek die avontuur van spontane en geïntegreerde getuienis

Wat: Noord-Kaap Opleiding in Getuienis
Wie: Predikante en gemeenteleiers wat ander wil inspireer en toerus
Wanneer: 21 April 2026
Waar: NGK Sinodale Kantoor, Lawsonweg 72, Kimberley, 8301
Koste: GRATIS (Etes en verversings ingesluit)
Aanbieder: Dr. Frikkie Coetzee
Sluitingsdatum: 16 April 2026 (Laaste geleentheid!)

Kontak die kerkkantoor vir die nodige vorms!!

HOEKOM MOET EK HIERDIE OPLEIDING BYWOON??
* Voel jy soms dat die ou maniere van getuienis nie meer werk in vandag se tyd nie?
* Hoe kan ons mense meer effektief bereik met God se liefde in ons tyd?
* Wonder jy hoe jy persoonlik die Goeie Nuus gemaklik en spontaan kan uitleef?
* Voel jy soms onseker of onhandig hoe jy of julle gemeente die goeie Nuus uitleef?

 'N NUWE BENADERING OM ONS GETUIENIS SPONTAAN UIT TE LEEF!

Tuesday, 14 April 2026

RAAK BETROKKE: Ontdek die avontuur van spontane en geïntegreerde getuienis

Wat: Noord-Kaap Opleiding in Getuienis
Wie: Predikante en gemeenteleiers wat ander wil inspireer en toerus
Wanneer: 21 April 2026
Waar: NGK Sinodale Kantoor, Lawsonweg 72, Kimberley, 8301
Koste: GRATIS (Etes en verversings ingesluit)
Aanbieder: Dr. Frikkie Coetzee
Sluitingsdatum: 16 April 2026

Kontak die kerkkantoor vir die nodige vorms!!

HOEKOM MOET EK HIERDIE OPLEIDING BYWOON??
* Voel jy soms dat die ou maniere van getuienis nie meer werk in vandag se tyd nie?
* Hoe kan ons mense meer effektief bereik met God se liefde in ons tyd?
* Wonder jy hoe jy persoonlik die Goeie Nuus gemaklik en spontaan kan uitleef?
* Voel jy soms onseker of onhandig hoe jy of julle gemeente die goeie Nuus uitleef?

 'N NUWE BENADERING OM ONS GETUIENIS 
SPONTAAN UIT TE LEEF!

Sunday, 12 October 2025

Raak betrokke - aktiewe deelname is aansteeklik!

Aktiewe deelname is aansteeklik. 
Raak aktief betrokke!! 
Kontak gerus die diensgroepe, kerkkantoor of predikant en kom meld aan. 

Jy is meer as welkom!   

Hy sê toe vir hulle: Die oes is wel groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here van die oes dat Hy arbeiders in sy oes uitstuur.

Die Bybel gee ons die opdrag om mekaar en die Here te dien met ons talente (1 Pet 4:10). Deur by 'n diensgroep aan te sluit, kan jy jou talente in diens van die Here en die gemeente plaas. Die volgende diensgroep is aktief betrokke:

* Barmhartigheid
* Getuienis
* Erediens
* Finansies
* Jeugbediening
* Eiendom
* Gesinsbediening
Ons sien uit na jou belangstelling, betrokkenheid en bereidwilligheid

Friday, 3 October 2025

Raak betrokke!

Die versorging van die bejaardes, siekes en noodlydendes is deel van hierdie belangrike groep se aktiwiteite.
Kos word ingesamel met die oesmaande-projek.
Kospakkies word aan behoeftige gesinne in die gemeente voorsien.
Voorsitter: Pieter Britz (082 290 2104)

* Getuienis
Die groep fokus op Christus se opdrag om die evangelie te verkondig.
Voorsitter: Coen Visser (082 821 0217)

* Erediens
Elke Sondag word Jesus se opstanding gevier. Na die erediens kuier ons om die koffiekan.
Voorsitter: Willem Grové (082 664 5115)

* Finansies
Baie van die gemeente se aktiwiteite kan nie sonder die nodige finansies aangepak word nie. Die nood is groot en word daagliks meer uitdagend. Hierdie groep het 'n kopkraptaak wat aktiewe planmakers kan help verlig.
Voorsitter: Jannie Stroebel (071 480 7158)

* Jeugbediening
Jongmense en kinders is vir die Here kosbaar  en daarom is dit só noodsaaklik dat ons nie moet bydra tot 'n generasie kerklose kinders en jongmense nie. 
Voorsitter: Marina Marais (078 564 6623)

* Eiendom
Die bestuur, onderhoud en benutting van die gemeente se geboue en terrein is die groep se verantwoordelikheid.
Die koster en terreinpersoneel onderhou ook die terrein en tuine.
Voorsitter: Henry Weideman (073 470 5590)

* Gesinsbediening
'n Diensgroep met baie uitdagings gegewe die tyd waarin ons leef.  
Voorsitter: Jannie Stroebel (071 480 7158)

Ons sien uit na jou belangstelling, betrokkenheid en bereidwilligheid

Wednesday, 25 June 2025

Raak betrokke!

'n Aktiewe gemeente is 'n lewendige gemeente. 

Ons bekommer ons daagliks oor wat in die wêreld en in ons land aangaan, maar die verskil wat ek in my huis en in my gemeente kan doen, word ongesê gelaat.

Ek praat graag rondom die braaivleisvuur en 'n koppie koffie oor hoe ander die slegte situasie kan en moet verbeter, maar ek is 'n toeskouer as dit by my gesin en my gemeente kom. 

Kom ons begin by die haalbare, die klein kringetjie rondom my en doen dit wat vir my moontlik is. Die res los ek in God se hande - ek is nie by magte om dinge landswyd te verander nie, maar ek kan deel wees van die uitkringende verandering wat ek in my huis, by my werk en by my kerk kan doen. 

Aktiewe deelname is aansteeklik. Raak aktief betrokke!!    

Die werk van die Here word opgedeel tussen die diensgroepe. Jy is meer as welkom om jouself te kom aanmeld. Kies vir jou 'n diensgroep waar jy gemaklik voel. 

Die voorsitters van die verskillende diensgroepe dien ook in die kerkraad. Nader hulle gerus enige tyd met vrae of kontak die kerkkantoor vir vinnige diens: Elsa - 053 8421100

Die Bybel gee ons die opdrag om mekaar en die Here te dien met ons talente (1 Pet 4:10). Deur by 'n diensgroep aan te sluit, kan jy jou talente in diens van die Here en die gemeente plaas. 

* Barmhartigheid
Die versorging van die bejaardes, siekes en noodlydendes is deel van hierdie belangrike groep se aktiwiteite.
Voorsitter: Pieter Britz (082 290 2104)

* Getuienis
Die groep fokus op Christus se opdrag om die evangelie te verkondig.
Voorsitter: Coen Visser (082 821 0217)

* Erediens
Elke Sondag word Jesus se opstanding gevier. Na die erediens kuier ons om die koffiekan.
Voorsitter: Willem Grové (082 664 5115)

* Finansies
Baie van die gemeente se aktiwiteite kan nie sonder die nodige finansies aangepak word nie. Die nood is groot en word daagliks meer uitdagend. Hierdie groep het 'n kopkraptaak wat aktiewe planmakers kan help verlig.
Voorsitter: Jannie Stroebel (071 480 7158)

* Jeugbediening
Jongmense en kinders is vir die Here kosbaar  en daarom is dit só noodsaaklik dat ons nie moet bydra tot 'n generasie kerklose kinders en jongmense nie. 
Voorsitter: Marina Marais (078 564 6623)

* Eiendom
Die bestuur, onderhoud en benutting van die gemeente se geboue en terrein is die groep se verantwoordelikheid.
Voorsitter: Kontak op hierdie stadium die kerkkantoor (053 842 1100)

Saturday, 8 March 2025

Basaar: Raak betrokke!

Kontak die kerkkantoor i.v.m. basaarbydraes en -hulp!

Tuesday, 18 February 2025

Sunday, 2 February 2025

Tuesday, 9 July 2024

Seniors in aksie (SIA): Kuier, klets en kielie, die spiereprojek

Verbeter die lewenskwaliteit van senior burgers. Gee die swak immuunsisteem 'n hupstoot, maak die brein wakker en terselftertyd ontspanne en stel sommer 'n klomp goedvoelhormone vry. Ouer gemeentes se lidmate is nader aan of verby die aftree-ouderdom. Reik uit na hulle - om op pensioen te wees beteken nie jy is oor die muur nie. Gebruik die senior burger se kennis en wysheid.  

Hoe is dit alles moontlik?  

Kontak Somé Ferreira (Maatskaplike werker, Solidariteit Helpende Hand, Noord-Kaap-streek) gerus by 082 944 6097 vir enige verdere navrae of as jy wil deel wees van hierdie opwindende projek.

Raak op 'n volhoubare wyse by die senior burgers betrokke. Dag vir dag raak ons ouer en beweeg ons nader aan hierdie selfde situasie waarvan ons op hierdie stadium net lees. Die ouderdom slaan vinniger toe as wat ons dink.

Klik ook HIER om meer te wete te kom van Seniors in Aksie

Wednesday, 29 May 2024

Hart-afdrukke

Here, oral waar ek gaan, laat ek vingerafdrukke agter,
op die hande wat ek aanraak, op borde, mure, ruite, deurknoppe, boeke.
Daar is geen wegkomkans nie, waar ek vat,
plaas ek 'n teken van my identiteit ...

Help my Here, om vandag waar ek ookal gaan
hart-afdrukke na te laat!
Hart-afdrukke van regverdigheid en deernis,
van begrip en liefde,
van barmhartigheid en belangstelling.
Hart-afdrukke van hartlike vriendelikheid en
van opregte betrokkenheid en omgee.
 
Mag my hart 'n ander hart aanraak
en 'n afdruk laat van U liefde ...
Laat ek 'n sagte aanraking agterlaat by 'n
eensame buurman of buurvrou,
by 'n wegloopkind,
'n bekommerde ouer,
'n verstommende oumensie.

Here, stuur my vandag uit om hart-afdrukke
op mense se lewe te laat.
En as iemand sou sê:
"Jou aanraking het my vandag versterk
jou nabyheid het my vertroos",
laat hulle agterbly met die bewussyn dat dit
U liefde was wat hulle in my optrede ervaar het!!!

- Anoniem in Die Groot Gebedeboek - 

[Dankie, Anoniem, wat die fotostaat gestuur het.]