Showing posts with label Foute. Show all posts

Thursday, 12 February 2026
Thursday, 25 September 2025
Dink hieroor: ʼn Verligte gevoel
Ons dink dat as ons op ander se foute hamer ons beter sal lyk.
Jy het nie nodig om op die seerkry van ander te klim om beter te voel nie. God het jou lief soos jy is … onthou net altyd dat Hy die mense oor wie jy so skinder, ook liefhet.
“ Weet jy wat sus of so gedoen het ...” laat my sommer al klaar beter voel. Ja-nee, ek is self darem nie so sleg nie. Dit is sowaar ʼn snaakse manier om jouself beter te laat voel en lyk, deur ander seer te maak.
Jy sal weet wanneer dit gebeur. Dit gaan gewoonlik so: “Hanrie het haar goeie punte, maar ...” en dan trek jy los. Of “Moet vir niemand sê nie – ek sê net vir jou ...” en dan word die krane oopgedraai. As jy klaar is, het jy so bietjie van ʼn verligte gevoel, want jy voel so bietjie meer tevrede met jouself.
Jy sal weet wanneer dit gebeur. Dit gaan gewoonlik so: “Hanrie het haar goeie punte, maar ...” en dan trek jy los. Of “Moet vir niemand sê nie – ek sê net vir jou ...” en dan word die krane oopgedraai. As jy klaar is, het jy so bietjie van ʼn verligte gevoel, want jy voel so bietjie meer tevrede met jouself.
Jy het nie nodig om op die seerkry van ander te klim om beter te voel nie. God het jou lief soos jy is … onthou net altyd dat Hy die mense oor wie jy so skinder, ook liefhet.
Tuesday, 3 April 2018
Subscribe to:
Posts (Atom)