Showing posts with label Willem van Lingen. Show all posts
Showing posts with label Willem van Lingen. Show all posts

Friday, 17 October 2025

Matrieks: Baie sterkte, kalmte en genade ...


Sukses is iets wat jy self bepaal. 
Dis om te werk as ander rus; 
aan te hou te midde van teenstand; 
altyd te beur na ’n ver wenpaal. 
Sukses is ’n droom, ’n ideaal.
Dis om in die sleurwerk van elke dag 
iets anders en beters te sien wag, 
en deur aanhou en uithou 
uiteindelik daardie droom te verwesenlik.

Saturday, 11 May 2019

Pretdag: Die jeug se bydrae ...

Jongmense maak altyd hordes planne vir 'n naweek en hulp aan ouers of aan die kerk is bitter selde deel van daardie planne. Een van die jong Dutoitspanners, val egter nie in daardie kategorie nie en het hy hom sommer vroeg Saterdagoggend kom aanmeld vir werk. Hy is vinnig gekanaliseer na die koeldrankkaravaan en daar is mildelik van sy verkoopsvaardighede gebruik gemaak. Elke paar hande was meer as welkom en daarom 'n "high five" vir Willem van Lingen wat met entoesiasme gewerk het.

Willem, jy het 'n jaar om jou jong kerkgenote te inspireer om ook deel te wees van die pretdag! Viva, die jeug!