Showing posts with label Fliek. Show all posts
Showing posts with label Fliek. Show all posts

Saturday, 11 April 2026

Bekende verskonings

'n Paar predikante het al die verskonings wat mense maak om nie kerk toe te kom nie, opgesom en net die woord kerk met bioskoop vervang.   

(Onthou: Jy kan jou eie woord insit: Klub, rugby, kamp, sport - die rede wat jou uit die kerk hou.)

Die verskonings klink nou as volg:

Ek gaan nie bioskoop toe nie, want ...

1. Die bestuurder kom my nooit besoek nie.

2. Ek het 'n paar keer die bioskoop besoek, maar die mense is nie juis te vriendelik nie.

3. Elke keer vra hulle geld.

4. Die bioskoopgangers lewe nie almal volgens die peil wat die films stel nie.

5. Ek stem nie saam met alles wat daar vertoon word nie.

6.  Ek moes as kind so baie bioskoop toe gaan dat ek 'n teënsin daarin ontwikkel het.

7. Die vertonings hou te lank aan. Ek kan nie twee uur aanmekaar stil sit nie.

8. Die vertonings vind altyd plaas op 'n tydstip dat ek graag tuis by my gesin wil wees.

9. Daar is te veel huigelaars wat die bioskoop besoek.

[Oorgeneem: Spoorwegbode Maart 1988]

Thursday, 5 June 2025

Dink hieroor: Hoekom is dit só moeilik?

Hoekom voel ons slaperig in die kerk,
Maar kan wakkerbly deur 'n 3 uur fliek?

Hoekom is ons so verveeld as ons die Bybel lees,
Maar vind dit maklik om ander boeke te lees?

Hoekom is dit so maklik om 'n boodskap oor Jesus te ignoreer,
Tog stuur ons die snaakses aan?

Hoekom word kerke kleiner,
Maar kroeë en klubs brei uit?

Hoekom is dit so maklik om 'n bekende te aanbid,
Maar baie moeilik om by Jesus betrokke te raak?

Saturday, 22 March 2025

Kerkgenotjies: Goeie ou dae

* Twee bejaardes stap ná die rolprentvertoning huis toe. "Dit was nogal 'n goeie fliek, dink jy nie ook so nie?" sê John aan sy maat.
"Ja," beaam Jan. "Ek moet egter sê dat ek soms na die ou stil rolprente verlang."
"Hoekom?"
"Ag, dis tog te lekker om te sien hoe 'n vrou haar mond beweeg sonder dat daar 'n geluid uitkom."
  
* Baie vroeg neem Karel 'n lantern uit die kombuis en saal sy perd op.
"En waarheen gaan jy?" vra sy pa.
"'n Bietjie by die bure gaan opsit, Pa."
"Gmf, toe ek so oud soos jy was, het ek nie 'n lantern nodig gehad om op te sit nie."
"Ja," sug Karel, "en kyk net wat het Pa gekry."

Saturday, 8 February 2025

Kerkgenotjies: Langs wie jy nie in 'n fliek wil sit nie ...

* iemand met 'n groot pak Simba-skyfies.
* iemand met 'n groot boks van jou gunsteling sjokolade.
* iemand wat verveeld raak, aan die slaap raak en begin snork.
* 'n vyfjarige wie se ma vir hom alles in 'n teatrale fluisterstem moet verduidelik.
* iemand wat nie die armleuning wil deel nie. 
* 'n kind wat aanmekaar sy lekkergoed op die vloer laat val.
* twee tieners wat dink hulle het ware liefde gevind.

[Dankie, Sonia van Pretoria]