Showing posts with label Jakobus. Show all posts
Showing posts with label Jakobus. Show all posts

Thursday, 26 February 2026

Dink hieroor: God se oneindige liefde

Redding is 'n gawe van God se oneindige liefde. Die hemel is net ons s'n weens sy genadegawes. 

Menslike trots het geen plek in hierdie verlossingswerk nie. Ons nuwe lewe in Christus is God se kreatiewe meesterstuk. Hy het 'n pad van goeie werke voorberei vir ons en Hy sal daardie goeie werke in ons lewens laat gebeur soos ons deur die geloof wandel. 

Dit is die Christelike lewe: Want deur genade is julle gered, deur die geloof - en dit is nie uit julleself nie, dit is die gawe van God - nie deur werke nie, sodat niemand kan roem nie. Want ons is God se handewerk, wat in Christus Jesus geskep is om goeie werke te doen, wat God vooraf voorberei het vir ons om te doen. (Efesiërs 2: 8-10, NIV)

Elke goeie en volmaakte gawe is van bo af, afkomstig van die Vader van die hemelse ligte, wat nie verander soos verskuiwende skaduwees nie. Hy het gekies om ons geboorte te gee deur die woord van waarheid, sodat ons 'n soort eersteling kan wees van alles wat hy geskep het. (Jakobus 1: 17-18, NIV)

Wednesday, 17 September 2025

Mossiestilte: Psalm 78:19

En hulle het teen God gespreek, hulle het gesê: Sou God ‘n tafel kan dek in die woestyn?

– Twyfel in wat God vir ons kan en wil doen, sal ons van ons vertroue beroof.
– Moenie sy getrouheid bevraagteken nie, ongeag hoe moeilik dinge mag wees.
– Onthou dat daar geen ‘as’ by die Here is nie, net ‘Hy kan.’
– Die Here kan meer doen as wat jy ooit kon vra of dink.

Vader, dankie dat U KAN doen wat nodig is in my situasie. Dankie dat wanneer ek nie die moed kan vind om ‘n splinternuwe begin te maak nie, U my die moed kan gee wat ek nodig het. Amen

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

Sunday, 17 August 2025

Mossiestilte: Jak. 2:10

Want wie die hele wet onderhou, maar in een opsig struikel, het aan almal skuldig geword.

Baie mense sê: As ek maar net van hierdie een sonde in my lewe ontslae kan raak, sal dit goed gaan met my en sal ek 'n beter mens wees en sal God en mens en ekself, my beter aansien. Dit is 'n beginsel van eie werke; geen een van jou werke kan jou regverdig nie.
Net die bloed van Christus kan jou regverdig. 
Kan jy jouself laat gebore word; net so is dit Christus wat jou wederbaar. 
As jy op jou verkeerde werke (sondes) konsentreer, word dit net al hoe groter.
As jy op die Verlosser konsentreer, word Hy al hoe groter en neem Hy jou sondes weg en maak jou vry van sonde.

Here, ek weet ek kan nie die wette onderhou nie. Ek weet U is die wet. U het vir my sondes aan die kruishout betaal. Nou konsentreer ek op U my Verlosser van al my sondes en my sondes word vernietig. Ek het die oorwinning oor my sondes gekry deur my geloof in Christus. Ek word daagliks verander om soos Christus te wees. Dankie vir U vergifnis in Jesus Naam. Dankie vir u bloed wat my gereinig rny geheilig het. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

Wednesday, 6 November 2024

Mossiestilte: Jak. 1:2-4

Ag dit loutere vreugde, my broeders wanneer julle in allerhande versoeking val, 
omdat julle weet dat die beproewing van julle geloof lydsaamheid bewerk. 
Maar die lydsaamheid moet tot volle verwerkliking kom, sodat julle volmaak en sonder gebrek kan wees en in niks kortkom nie.

Dit is nie of jy moeilike tye sal beleef nie, maar wanneer dit gaan kom. Net soos die winter aanbreek, of stormwinde waai, donderweer en stortreëns uitbreek en droogte tye aanbreek, so gebeur dit in jou eie lewe wanneer jy net mooiweer wil hê. Maar die Here verlaat jou nooit en trek jou deur al daardie moeilike tye. So bring die lydsaamheid die volheid in jou lewe.

Dankie, goeie Vader, vir hierdie wonderlike dag wat ek u teenwoordigheid weer sal beleef. U is bewus van al my probleme en het reeds die siesoene in my lewe bepaal. U weet wat die beste vir my is. Daarom gee ek alles aan U oor en vrtrou U met my lewe. So sal ek U prys my hele lewe lank. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel.]

Wednesday, 23 October 2024

Mossiestilte: Jak. 2:22

Sien jy dat die geloof saamgewerk het met sy werke en dat die geloof volkome geword het uit die werke?

Elkeen wat geloof in God het, sal ook so werk en optree soos 'n kind van God. As jy God se gebooie wetteloos hanteer, beteken dit mos dat jy nie jou hart aan God toevertrou  nie. Jou werke sal getuig van God se goedheid en barmhartigheid in jou. Jy sal jou naaste liefhê soos wat Jesus die wêreld liefhet.

Dankie Here, vir u Heilige Gees in my. Die vrug van die Gees is geopenbaar deur my lewe. My liggaam is 'n tempel van God en Christus die hoop op heerlikheid, leef in my. Laat my beeld vandag 'n spieëlbeeld van my Skepper wees vir ander om Christus te verheerlik. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel.]

Friday, 19 July 2019