Baie mense sê: As ek maar net van hierdie een sonde in my lewe ontslae kan raak, sal dit goed gaan met my en sal ek 'n beter mens wees en sal God en mens en ekself, my beter aansien. Dit is 'n beginsel van eie werke; geen een van jou werke kan jou regverdig nie.
Net die bloed van Christus kan jou regverdig.
Kan jy jouself laat gebore word; net so is dit Christus wat jou wederbaar.
As jy op jou verkeerde werke (sondes) konsentreer, word dit net al hoe groter.
As jy op die Verlosser konsentreer, word Hy al hoe groter en neem Hy jou sondes weg en maak jou vry van sonde.
Here, ek weet ek kan nie die wette onderhou nie. Ek weet U is die wet. U het vir my sondes aan die kruishout betaal. Nou konsentreer ek op U my Verlosser van al my sondes en my sondes word vernietig. Ek het die oorwinning oor my sondes gekry deur my geloof in Christus. Ek word daagliks verander om soos Christus te wees. Dankie vir U vergifnis in Jesus Naam. Dankie vir u bloed wat my gereinig rny geheilig het. Amen.
[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]