En Jotam (koning van Juda) het magtig geword, want hy het sy weë gerig voor die aangesig van die Here sy God.
En die volk het nog verderflik gehandel. vers 2c.
Ten spyte van jou geloof en dade voor God, sal nie almal God dien nie.
God sal jou egter seën, want jy erken Hom as jou God en jy dien Hom.
Dankie Here, vir u seëninge oor my. Ek erken U as my God. Jesus, Seun en Lam van God, U alleen is koning oor my lewe. Amen.
[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]