Monday, 25 August 2025

Doopsondag: Die doop is 'n genadeverbond

Ons as gemeente het Sondagoggend, 24 Augustus 2025, gedeel in die genade en vreugde om God se Woord te kon hoor en die doop van Azalia Natal te kon beleef wat deur ds. Ensie Enslin waargeneem is.

Die doop is die teken wat ons sekerheid gee van God se verbond van genade met ons en Jes 43:1 is as tekvers gegee: "MAAR nou, so sê die Here, jou Skepper, o Jakob, en jou Formeerder, o Israel: Wees nie bevrees nie, want Ek het jou verlos; Ek het jou by jou naam geroep; jy is myne!"

Leef dan in die genadeverbond deur die Heilige Gees met hierdie sekerheid onder alle omstandighede.