Saturday, 30 August 2025

Kerkgenotjies: Die manlike spesie ...

* Manlief neem private vlieglesse en vroulief staan erg bekommerd en kyk na sy vierde onsuksesvolle landingspoging.
"Toe maar," troos die instrukteur, "ons kan hom altyd afskiet, mevrou."

* Die seuntjie vra aan sy vader, wat 'n bles begin kry: "Pa, hoe lyk dit dan of Pa langer word?"
"Hoe so?"
"Pa se kop begin dan bokant Pa se hare uitsteek."

*Twee vriende, intussen getroud, ontmoet mekaar ná jare.
"Ja, sug die een toe hulle 'n ruk gesels het, "my vrou kry altyd die laaste woord in."
"Myne nie."
"Hoe so?"
"Ek sê altyd ná 'n rusie: 'Ek is jammer, liefling.'"